Vroue vas oor Uitenhage-beeld se skending

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Twee vroue is in hegtenis geneem vir die skending van ʼn oorloggedenkstandbeeld op Uitenhage se markplein wat oor die naweek met verf besmeer is.

Ao. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee vroue, beide in hul 30’s, is Woensdag in hegtenis geneem nadat ʼn klag Maandag by die polisie aanhangig gemaak is.

Swart het aan Maroela Media gesê die wit verf is tussen Vrydagaand en Maandagoggend vroeg op die standbeeld gegooi. Die verf is ook gebruik om woorde op en voor die monument te verf.

Die twee vroue sal binnekort in die Uitenhage-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van opsetlike saakbeskadiging.

In April is dieselfde gedenkbeeld beskadig toe gemeenskapslede ʼn motorband oor die standbeeld geplaas het en dit aan die brand gesteek het. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met dié voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rina Pretorius ·

hierdie mense se haat ken geen einde nie, as hulle tog maar net die ware geskiedenis van hierdie land geken het en nie hulle verdomde ore uitleen vir haat aanblasers nie. Hulle moet net leer lees en skryf dan kan hulle die geskiedenis self gaan oplees. Hoe beinvloedbaar is die oorgrote meerderheid darem tog net nie. Soveel jare na apartheid gaan dit erger en erger by die dag. Ons Hemelse Vader sal moet ingryp want hier kom nog groot moeilikheid watch this space

Dave ·

Rina, dit frustreer my keer op keer wanneer onkundiges praat van ‘haat’. Julle lees wat die media en ander kommentare sê en herhaal dit bloot soos ‘n rympie.

Twee vroue in hul dertigs. Daar bestaan nie iets soos apartheid sedert vroeër as 1990 en in 1994 het die swart massa beheer oor die land oorgeneem. 1990 is 25 jaar gelede en toe was die betrokke vrouens sowat 10 jaar oud of enkele jare jonger of ouer.

Wàt op aarde het hulle van politiek geweet? Hulle het nie gewerk nie en apartheid het nie meer bestaan nie. Wat en wie kon hulle haat om watter rede? Watse apartheids insidente kon hulle ervaar wat hulle nou, soos jy sê, laat ‘haat’?

Dit geld ook vir vele ander insidente soos inbrake en somtyds gepaargaande moorde. Dan is die moordenaars miskien ‘n dekade jonger as die betrokke vroue. En ook dan word van haat gepraat. Vir wat en waarom? Hulle het nie apartheid geken? Haat ons die Engelse oor wat ons voorouers ons van konsentrasiekampe vertel?

Dit is nie haat maar bloot ingewortelde vandalisme en jaloesie.

h ·

Die barbare gee hulself weg, jy weet wat se hulle van gekke en dwase…… miskien moet EFF lede en volgers weer Gr 1 en 2 gaan voltooi (dis nou indien hulle so ver gekom het met skool). Ons is nou al 21 jaar in hierdie regim en shame man die gekke en dwase kan nogsteeds nie spel nie…. sulke goeie leierskap in hierdie land!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.