Vroue vas oor vulstasie-diefstal van R2 miljoen

geld 2Wilhelmina Burger (58) en Sandra Nelson (64) verskyn na verwagting Woensdag in die hof nadat hulle glo meer as R2 miljoen gesteel het toe hulle by ʼn vulstasie in Milnerton, Kaapstad, gewerk het.

Burger het as ʼn klerk by die vulstasie gewerk en Nelson as ʼn verkoopsassistent. Die twee vroue het Dinsdag in die gespesialiseerde misdaadhof in Bellville voor landdros Sabrina Sonnenberg verskyn.

Volgens die klagstaat het die twee vroue by Van Zyl Motors gewerk en albei het toegang gehad tot die kluis met kontant.

Landdros Simone Liedeman voer aan hulle het óf die elektroniese spreitabel vir die daaglikse boekhouding gemanipuleer, óf die bedrae op die bankdepositostrokies gemanipuleer.

Die twee het glo kop in een mus gewerk.

Albei vroue staar aanklagte van bedrog ter waarde van R2 066 244 in die gesig met ʼn bykomende klag van diefstal. Die misdade is glo tussen 2007 en 2009 gepleeg. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ria Maritz ·

… en vir die res van hulle lewens loop hulle met daar rekord op hul naam. Dit is mos net nie die moeite werd om te steel nie, oneerlikheid haal mens maar altyd in.

Dit sal interessant wees om te weet waarvoor die geld aangewend is, was dit uit hebsug, was daar geldnood.

Kobus ·

Dit is so duidelik soos daglig dat die R2 miljoen gesteel was uit geldnood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.