Wilhelmina Burger (58) en Sandra Nelson (64) verskyn na verwagting Woensdag in die hof nadat hulle glo meer as R2 miljoen gesteel het toe hulle by ʼn vulstasie in Milnerton, Kaapstad, gewerk het.
Burger het as ʼn klerk by die vulstasie gewerk en Nelson as ʼn verkoopsassistent. Die twee vroue het Dinsdag in die gespesialiseerde misdaadhof in Bellville voor landdros Sabrina Sonnenberg verskyn.
Volgens die klagstaat het die twee vroue by Van Zyl Motors gewerk en albei het toegang gehad tot die kluis met kontant.
Landdros Simone Liedeman voer aan hulle het óf die elektroniese spreitabel vir die daaglikse boekhouding gemanipuleer, óf die bedrae op die bankdepositostrokies gemanipuleer.
Die twee het glo kop in een mus gewerk.
Albei vroue staar aanklagte van bedrog ter waarde van R2 066 244 in die gesig met ʼn bykomende klag van diefstal. Die misdade is glo tussen 2007 en 2009 gepleeg. -SAPA
… en vir die res van hulle lewens loop hulle met daar rekord op hul naam. Dit is mos net nie die moeite werd om te steel nie, oneerlikheid haal mens maar altyd in.
Dit sal interessant wees om te weet waarvoor die geld aangewend is, was dit uit hebsug, was daar geldnood.
Ja dit was geldnood. Dit is hoekom R2 miljoen gesteel is.
Dit is so duidelik soos daglig dat die R2 miljoen gesteel was uit geldnood.