Vroue vas wat gekaapte vragmotor glo stroop

(Argieffoto)

Altesaam vyf verdagtes verskyn later vandag in die hof nadat hulle met gesteelde goedere in Crossroads in die Wes-Kaap betrap is.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê polisielede was op patrollie toe hulle ʼn groep mense sien weghardloop het van ʼn vragmotor wat langs die pad gestaan het.

Die vragmotorbestuurder het aan die polisie gesê hy is gekaap nadat hy uit die Browns Farm-gebied gekom het.

Die polisie het die verdagtes agternagesit, die geïdentifiseerde huise deursoek en die klere wat van die vragmotor gestroop is, teruggevind.

“Die verdagtes, meestal vroue, is in hegtenis geneem met die klere wat aan ʼn kleinhandelaar behoort,” het Van Wyk gesê.

Die verdagtes is onderskeidelik 65, 54, 19 en 18 jaar oud en verskyn Woensdag in die Philippi-landdroshof vir die besit van gesteelde goedere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Persheks Adri ·

Hulle gaan ook seker borg kry pffft dis mos al wat deesdae gebeur eish

Sarel ·

Vrouens neem nou Misdaadwereld ook oor.
Weet nue van daai kaping nie

JM ·

Misdaad, misdaad, misdaad: waarvoor Suid-Afrika berug is. Sal dit waaragtig nooit ophou nie?!!

Cherokee ·

Ek weet nie of Suid Afrika bekend of berug is vir enige iets nie. Jy hoor mos Oom Donald sê dis die gatkant van die wêreld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.