‘Vroue verdien minder, maar betaal meer’

Argieffoto: Pixabay.

ʼn Nuwe opname wat deur Sanlam gedoen is toon aan dat vroue in Suid-Afrika minder as mans verdien, maar voortdurend meer betaal aan maandelikse uitgawes.

Die opname, wat onder 500 vroue en 500 mans gedoen is en met die begin van Vrouemaand saamval, toon aan dat 98% van vroue meer as R100 aan maandelikse toiletware spandeer terwyl net 23% van mans dieselfde kan sê.

Die dinge waarvoor vroue glo meer betaal, sluit onder meer basiese toiletware, mooimaakprodukte, mediese uitgawes asook haarsnye in.

Meer as 30% van die vroue wat aan die opname deelgeneem het sê hulle spandeer meer as R1 500 per jaar aan mediese ondersoeke terwyl net 1,2% van mans saamgestem het.

Die meerderheid mans (56,4%) spandeer ook niks aan voorbehoeding nie, terwyl 51,2% vroue aangedui het hulle koop maandeliks voorbehoedmiddels en 30% van hulle spandeer meer as R100 daarop.

Sanlam het gesê baie van dié teenstellings kom neer op die sogenaamde “pienk belasting”. Die wêreldwye beweging, #axethepinktax, begin ook nou spoed optel met al hoe meer vroue wat kapsie maak teen die feit dat hulle meer as mans vir sekere produkte betaal “net omdat hulle vroue is”.

Danelle van Heerde, hoof van adviesprosedures by Sanlam se persoonlike finansies-afdeling, het gesê as dinge oorvereenvoudig word, kan gesê word vroue verdien oor die algemeen minder, maar betaal meer.

Sanlam het gesê daar is bepaal dat Suid-Afrikaanse mans gemiddeld R6 607,25 meer as vroue per maand verdien. Dit is die sesde grootste salarisgaping in Afrika.

Van Heerde het gesê as ʼn mens byvoeg dat vroue oor die algemeen meer moet betaal vir basiese maandelikse behoeftes, begin ʼn mens die volle spektrum van uitdagings sien wat vroue wat finansieel onafhanklik wil wees in die gesig staar.

Sanlam het gesê vroue betaal dieselfde BTW vir tampons en sanitêre doekies as wat hulle vir luukse items sou betaal.

Sanitêre ware is rééds te duur vir baie vroue suid van die Sahara, en ʼn Unesco-studie in 2016 het bevind dat een in 10 meisies in dié streek tydens menstruasie skool misloop.

Dít het maatskappye soos Sanlam genoop om sanitêre ware-veldtogte te hou sodat meisies steeds skool bywoon wanneer hulle menstrueer, en die Universiteit Stellenbosch se regskliniek het ook die nasionale tesourie gevra om vroulike higiëne-produkte op die lys van items te plaas wat van BTW kwytgeskeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

In 2018 moet die verbranding van Bra’s nie meer nodig wees ·

Dit is verkeerd dat vroue nog steeds in sommige gevalle nie gelyke regte/voordele/behandeling as mans in 2018 het nie. ALLE mense moet op dieselfde behandel word. Geen mens/individu is beter as ’n ander mens/individu op grond van geslag/ras/seksuele orientering/fisiese gebreke/ velkleur/geloof ensovoorts nie. Almal moet gelyk en met respek behandel word.

Judge Dredd ·

Hoekom is mans skoene duurder en staan klere winkels minder vloerspasie af aan mans klere?

Wonder ·

Die prys van skoene hang van die kwaliteit af. Egte leer skoene bv. sal altyd duurder wees. Ongelukkig is daar maar altyd cheepies te koop. Vroue koop oor die algemeen meer skoene as mans, dis miskien ‘n goeie rede om dan vroue skoene goedkoper te maak (:

Jacobus ·

@Wonder, u is reg oor die prys wat aan kwaliteit gekoppel is.

Hoekom moet vroue meer skoene as mans koop, en hoekom moet dit daarom goedkoper wees.

Koop soos die meeste mans net twee/drie pare skoene, een swart en die ander bruin/blou dit is mos genoeg. Mens kan tog net een paar skoene op ‘n slag aantrek.

Maar alle grappies op ‘n stokkie. Vroue is komplekse wesens en ek glo nie eers vroue verstaan hulle self nie so waarom sal mans die skoen ding verstaan.

Koop jou eie Onderbroeke ·

Vroue hoef nie meer “Mammie” te wees vir mans nie.

Moderne mans in 2018 kan na hul self omsien,

In 2018 is moderne vroue is net so produktief en bekwaam as enige manspersoon.

Jacobus ·

Dit is nou die belaglikste artikel wat ek nog ooit gelees het.

As ‘n vrou meer aan toiletware spandeer as ‘n man is omdat hulle meer produkte koop.

Hoeveel mans dra grimeering of koop al die rome om hulle mooi te laat lyk. Miskien moet die vroue die goed los en dan sal hulle minder geld spandeer en meer geld in die sak hê.

Ek neem aan die artikel praat van die voorbehoedpil en nie kondome nie, sover ek weet is daar nie al ‘n pil vir mans nie so die “kite” gaan nie vlieg.

Vroue a.g.v. biologiese redes gaan meer aan mediese koste betaal omdat hulle geneig is om meer na die dokter te gaan as mans.

Die stelling dat mans meer as vroue verdien is ook bog, as vroue dieselfde as mans wil verdien, moet hulle bereid wees om die ure in te sit, die werksrisiko’s te neem en die soort werk wat meer betaal te doen.

Ek werk saam met vroue wat baie meer as ek verdien vir minder werk, kan ek nou begin kla oor hoe onregverdig ek behandel word?

Kan ons as mans begin aandring dat vroue gelyke aantal werksbeserings-en-dood moet hê vir gelyke betaling. Mans doen gevaarliker werk, ek sien net enkele vroue wat werk soortgelyk aan mans doen.

Hoe is die salaris gaping peiling saamgestel, was dit tussen mans en vroue wat presies die selfde werk doen of is ‘n verpleegster weer met ‘n dokter vergelyk.

Wonder ·

Jacobus, sekerlik is dieselfde werke met mekaar vergelyk, anders, wat is die punt? Ek sal graag wil weet wat die biologiese redes is wat veroorsaak dat vroue meer dr toe gaan as mans. Vroue is geneig om na hulleself om te sien en dit kan dalk die rede wees waarom hulle meer dr toe gaan. Mans gaan gewoonlik nie sommer dr toe nie (selfs al smeek jy hulle om te gaan, omdat hulle siek is), want hulle is hardkoppig .

Haan ·

Sanlam geniet dit lyk my om knuppels in hoenderhokke te gooi. Was hulle nie organiseerders van die ‘loop oor die ou landsvlag’ by Stellenbosch nie? Hierdie studie het net een ding ten doel, en dit is om ongelukkigheid te skep waar daar voorheen vrede was. Die samelewing stort in duie omdat ma’s nie meer kinders grootmaak nie, maar oortuig word hulle móét werk, anders is hulle agtergeblewe. (sien: huisvrou) Kinders mág nie meer slae kry nie. Mans (veral blank) sukkel om werk te kry want die ‘patriargie’ móét gebreek word. Stelselmatig word mense vervreem van die rolle wat hul voorouers al honderde jare in die samelewing vervul het. En die vrugte daarvan is duidelik

Peertjie ·

Mans sny ook nie meer gras nie, was nie meer motors nie en doen nie meer handywork at home nie, so ek kan nie eintlik se dat die mans se rol groter geword het nie … ‘n jammerte, hulle het saam met die ‘kry nie werk nie’ gees verdwyn.

Jacobus ·

Peertjie, dit is omdat mans se manlikheid weggeneem word.

Dit is deesdae ‘n sonde om ‘n man te wees.

Hoekom sal mans ook deesdae “manlike” pligte wil uitvoer as vroue dan nou gelyk is met mans, die vroue kan dit mos doen as hulle wil.

christa ·

Ek weet my kop gaan af gebyt word maar dit is so. Die Bybel se die vroue is hulp vir mans, nie die mans en nie andersom nie . Vroue wil altyd met die mans kompenteer. Beter werk as hulle doen, meer aansien as hulle geniet, meer geld as hulle verdien, beter motor besit. Daarom werk hulle om hulle uitgawes te dek. Mans kan nie byhou by hulle uitgawes nie

Wonder ·

Appels moet met appels vergelyk word. Daar is baie faktore om in ag te neem. Vroue gebruik meer produkte as mans en laat doen meer dinge aan hulle hare, soos kleur. Jy kan gratis voorbehoedmiddels by Dischem, Clicks en klinieke kry, so ek verstaan nie waarom vroue sê hulle betaal meer as mans nie. Hoe betaal vroue meer as mans? Daar is heelwat produkte wat mans glad nie gebruik nie (soos bv. grimering, velrome, haarkleurmiddels, ens., so daar kan dus nie ‘n betroubare vergelyking getref word nie. Sê eerder vroue spandeer meer daaraan as mans in ‘n maand. Hoekom sal hulle nou duurder betaal as mans vir presies dieselfde produk? Die prys in die winkel is die prys, of jy nou ‘n man of ‘n vrou is. Vroue betaal dus nie meer nie, maar SPANDEER meer.

Casper Labuschagne ·

Inderdaad gepas vir Vrouemaand, bostaande berig pas perfek in by die kutuurmarxiste asook feministe se beskuldigings teen mans en die patriargie.

Verwyder dan ook BTW van toiletpapier want ek is self ook ‘n slagoffer van my biologie asook van ongevraagde sosiale druk vanaf die samelewing wat die gebruik daarvan noodsaak.

Ek kom deur ‘n maand met ‘n kort lysie van seep, deodorant, skeermes, haarwasmiddel, tandeborsel, tandapasta, vlos en voetpoeier. Ek is egter oortuig daarvan dat die Evasgeslag se gelykwaardige lysie aansienlik meer items is dit sal bevat bo en behalwe dit wat deur die vroulike biologie genoodsaak word. Maar nou staan ek wat met die minimum klaarkom in die beskuldigdebank vanweë die uitgawes wat vroue sou hê?

In die staatsdiens van veertig jaar gelede het die besoldiging van mans en vroue inderdaad verskil. Wat die privaatsektor betref, buiten ‘n internasionale IT maatskappy waarvoor ek gewerk het en waar slegs manlike tegnici gereeld moes reis, glo ek dat mans en vrouens gelyke besoldiging gekry orals waar ek al gewerk het. Maar mans het nie hul loopbane onderbreek vanweë kindergeboorte en familie verpligtinge nie en daarom het hulle dikwels langer werkservaring gehad, meer jaarlikse verhogings ontvang en het soms ook bevordering ontvang tydens die afwesigheid van hul vroulike kolegas. Is mans gevolglik verskuldig dat hulle nie hul loopbane onderbreek het nie? Sou ‘n regstelling om so ‘n agterstand uit te wis dan werklik regverdig wees teenoor die mans wat ongetwyfeld langer diens het?

Jacobus ·

Daar was ook ‘n verskil in die salaris in die staatsdiens tussen getroude en ongetroude mans met die selfde jare diens, ondervinding en kwalifikasies.

Vroue werksaam in die staatsdiens het ook meer halfdag gewerk as voldag en dit kan ook toegeskryf word aan laer besoldiging

Anton ·

My uitgawes is beslis baaaaanja meer as vrouens s’n.
Motorfietse (meer as een…. baie meer as een).
Vliegtuig (weliswaar ‘n kleintjie).
Plus nog ‘n paar ander speelgoed wat maandelikse onderhoud benodig.

marous ·

Christa , ek het twee ou weermag staalhelms . Myne is op my kop. Stuur vir jou ook een

Edd ·

Dit is sekerlik nie omdat vroue shampo’s en sepe beweer dat hulle direk van die fontein van ewige lewe kom nie? Ek stem ten volle vir gelykheid, maar dis stories soos die wat maak dat ernstige gevalle van ongelykheid geignoreer word. Jou toiletries is duurder omdat dit TOP OF THE RANGE is! As jy sofeel soos ek wil betaal dan kan jy net so maklik ‘n nivea sepie en head en shoulders koop. Die artikel lat my dink aan iemand wat kla oor sy duur baaitjie van woolies by iemand wat syne by pep gekoop het.

Katerina ·

As jy n werk het wees Dankbaar. Laat ons sien hoe vroue hul benodighede gaan bekostig sonder enige salaris. Veral in Suid Afrika wees baie baie dankbaar as jy wel n werk het. En moenie luister na tv programme en vrouetydskrifte wat jou vertel dat jy die duur en luukse “designer” goed Moet he nie..and that’s all i have say about that.

Onderklere in ‘n koeksustervlegselknypkoop ·

Ek dink dit is ‘n goed om oor dinge soos hierdie te praat al is dit net om kommentaar hier te lewer. Ons almal sien die lewe anders want ons agtergronde, sosio-ekonomiese omstandighede, kennis, lewenservaring ensomeer verskil drasties. Dit verbreed mens se sienswyse oor die onderwerp. Niemand wil as ‘n minderwaardige mens behandel word nie.

Artikels soos hierdie speel ‘n belangrike rol om ‘n mens te laat besef hoe jyself ander mense behandel of hoe jyself ander mense toelaat om jou te behandel.

Ek voel intens jammer vir die vroue wat elke naweek “‘n ongeluk in die huis gehad het”. Hulle het of in ‘n kasdeur vasgeloop of iewers geval. Maandae is die tekens van die beserings wat hulle opgedoen het duidelik sigbaar. Ja vroue en kinders word nog steeds mishandel.

Op ‘n ligter trant: Ja dit is wel so dat vroue bloomers dra en mans onderbroeke. Maar dit beteken nie dat die een geslag minder respek verdien is as die ander geslag nie. Alle mense is belangrik ongeag ons fisiese en ander verskille.

Lizzy ·

Ek dink dit gaan op die eiende van die dag oor wat elkeen se behoefte is. Ek verdien self nie ‘n groot sallaris nie en ek is ‘n enkel ma wat ‘n 6 jarige ook aan die lewe moet hou. ‘n Vrou is maar ‘n gebore versorger. Ons sien om na almal in die huis ook. Ek kan dalk nie altyd iets mooi vir die huis koop soos ‘n man wat meer as ek verdien nie maar ek dra ook by tot die houshouding op ander gebiede. Ek maak skoon, maak seker almal kry ‘n lekker bord kos, help met huiswerk ens. Almal in my huis word versorg maar soms is dit so lekker om “bederf” te word dat hulle vergeet ek is ook daar. ‘n Vrou koop grimeering en doen haar hare en naels want sy wil mooi lyk vir haar man want sy weet hy waardeer dat sy vrou haarself goed versorg. Ongelukkig is daar allerhande produkte wat ons meer “nodig” het as mans maar wat my grênsloos irreteer is die feit dat ek nie gevra het vir borste nie maar ek moet duur betaal aan bra’s. ‘n Vrou moet een keer ‘n jaar ‘n ginekoloog sien want ons is ‘n hoër rissiko as mans. Hoekom moet ons so duur betaal vir die ondersoek, nie om eers te beging verduidelik waardeur ons gaan wanneer ons hulle besoek nie. Sannitêre ware is nie ‘n luukse item nie, dis ‘n MOET. Hoekom betaal ons duur daarvoor?

Jacobus ·

@Lizzy u is absoluut reg oor alles in u kommentaar dat die vrou die versorger is.

Elke Ginekoloog is duur, hulle prys sluit die astronomiese versekering in wat hulle moet betaal om te praktiseer, hulle toerusting en personeel.

Sanitêreware vir vroue is baie duur maar as ons die prys afbreek sal u sien hoekom dit so is;

1) Koste aan fabriek, gebou, water & ligte, sekuriteit, eiendomsbelasting, ens.
2) Higiëne en toetse van produkte en aanleg
3) Roustof/materiaal
4) Patentregte
5) Vervoerkoste
6) Advertensies om handelsnaam en produk te bemark
7) Navorsing om produk te verbeter
8) Versekering
9) Belastings en nie net BTW
10) Registrasie kostes
11) Hofsake
12) Administrasie van personeel
13) Salarisse van alle personeel
14) Ander versteekte kostes
15) Waardevermindering
16) Wins
17) As die produk ingevoer word; Wisselkoerse

Dan speel die vraag ook nog ‘n rol; Ekonomie 101 – Vraag en Aanbod

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.