‘Vroue verdien minder, maar betaal meer’

Argieffoto: Pixabay.

ʼn Nuwe opname wat deur Sanlam gedoen is toon aan dat vroue in Suid-Afrika minder as mans verdien, maar voortdurend meer betaal aan maandelikse uitgawes.

Die opname, wat onder 500 vroue en 500 mans gedoen is en met die begin van Vrouemaand saamval, toon aan dat 98% van vroue meer as R100 aan maandelikse toiletware spandeer terwyl net 23% van mans dieselfde kan sê.

Die dinge waarvoor vroue glo meer betaal, sluit onder meer basiese toiletware, mooimaakprodukte, mediese uitgawes asook haarsnye in.

Meer as 30% van die vroue wat aan die opname deelgeneem het sê hulle spandeer meer as R1 500 per jaar aan mediese ondersoeke terwyl net 1,2% van mans saamgestem het.

Die meerderheid mans (56,4%) spandeer ook niks aan voorbehoeding nie, terwyl 51,2% vroue aangedui het hulle koop maandeliks voorbehoedmiddels en 30% van hulle spandeer meer as R100 daarop.

Sanlam het gesê baie van dié teenstellings kom neer op die sogenaamde “pienk belasting”. Die wêreldwye beweging, #axethepinktax, begin ook nou spoed optel met al hoe meer vroue wat kapsie maak teen die feit dat hulle meer as mans vir sekere produkte betaal “net omdat hulle vroue is”.

Danelle van Heerde, hoof van adviesprosedures by Sanlam se persoonlike finansies-afdeling, het gesê as dinge oorvereenvoudig word, kan gesê word vroue verdien oor die algemeen minder, maar betaal meer.

Sanlam het gesê daar is bepaal dat Suid-Afrikaanse mans gemiddeld R6 607,25 meer as vroue per maand verdien. Dit is die sesde grootste salarisgaping in Afrika.

Van Heerde het gesê as ʼn mens byvoeg dat vroue oor die algemeen meer moet betaal vir basiese maandelikse behoeftes, begin ʼn mens die volle spektrum van uitdagings sien wat vroue wat finansieel onafhanklik wil wees in die gesig staar.

Sanlam het gesê vroue betaal dieselfde BTW vir tampons en sanitêre doekies as wat hulle vir luukse items sou betaal.

Sanitêre ware is rééds te duur vir baie vroue suid van die Sahara, en ʼn Unesco-studie in 2016 het bevind dat een in 10 meisies in dié streek tydens menstruasie skool misloop.

Dít het maatskappye soos Sanlam genoop om sanitêre ware-veldtogte te hou sodat meisies steeds skool bywoon wanneer hulle menstrueer, en die Universiteit Stellenbosch se regskliniek het ook die nasionale tesourie gevra om vroulike higiëne-produkte op die lys van items te plaas wat van BTW kwytgeskeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
In 2018 moet die verbranding van Bra’s nie meer nodig wees

Dit is verkeerd dat vroue nog steeds in sommige gevalle nie gelyke regte/voordele/behandeling as mans in 2018 het nie. ALLE mense moet op dieselfde behandel word. Geen mens/individu is beter as ’n ander mens/individu op grond van geslag/ras/seksuele orientering/fisiese gebreke/ velkleur/geloof ensovoorts nie. Almal moet gelyk en met respek behandel word.

Judge Dredd

Hoekom is mans skoene duurder en staan klere winkels minder vloerspasie af aan mans klere?

Koop jou eie Onderbroeke

Vroue hoef nie meer “Mammie” te wees vir mans nie.

Moderne mans in 2018 kan na hul self omsien,

In 2018 is moderne vroue is net so produktief en bekwaam as enige manspersoon.

Jacobus

Dit is nou die belaglikste artikel wat ek nog ooit gelees het. As ‘n vrou meer aan toiletware spandeer as ‘n man is omdat hulle meer produkte koop. Hoeveel mans dra grimeering of koop al die rome om hulle mooi te laat lyk. Miskien moet die vroue die goed los en dan sal hulle minder geld spandeer en meer geld in die sak hê. Ek neem aan die artikel praat van die voorbehoedpil en nie kondome nie, sover ek weet is daar nie al ‘n pil vir mans nie so die “kite” gaan nie vlieg. Vroue a.g.v. biologiese redes gaan… Lees meer »

Haan

Sanlam geniet dit lyk my om knuppels in hoenderhokke te gooi. Was hulle nie organiseerders van die ‘loop oor die ou landsvlag’ by Stellenbosch nie? Hierdie studie het net een ding ten doel, en dit is om ongelukkigheid te skep waar daar voorheen vrede was. Die samelewing stort in duie omdat ma’s nie meer kinders grootmaak nie, maar oortuig word hulle móét werk, anders is hulle agtergeblewe. (sien: huisvrou) Kinders mág nie meer slae kry nie. Mans (veral blank) sukkel om werk te kry want die ‘patriargie’ móét gebreek word. Stelselmatig word mense vervreem van die rolle wat hul voorouers… Lees meer »