Vroue verdien steeds baie minder as mans

Argieffoto (Foto: Nattanan Kanchanaprat/Pixabay)

Op die vooraand van Internasionale Vrouedag vir 2022 blyk dit dat vroue steeds baie minder as mans verdien in Suid-Afrika en elders.

Abigail Moyo, woordvoerder van die vakbond Uasa sê Suid-Afrika het talle gesinne waar vroue aan die hoof van die huishouding staan. “Hulle werk hard om seker te maak die begroting klop en om ʼn beter lewe vir hul kinders te verseker. Die salarisgaping staan in die pad van talle vroue wat sukkel om hul drome vir hul kinders te laat realiseer. Dit is ook ʼn groot struikelblok om ʼn meer suksesvolle land te verseker.”

  • Alhoewel Suid-Afrika wetgewing in plek het wat geslagsdiskriminasie in die werkplek moet voorkom, is daar steeds ʼn salarisgaping van gemiddeld tussen 23% en 25%, sê Moyo.
  • Alhoewel die Ooreenkoms vir Gelyke Betaling (nr. 100) in 1951 aanvaar is, is daar wêreldwyd steeds ʼn gemiddelde salarisgaping van 20%.
  • Die Covid-19-pandemie het die vooruitgeskatte tyd om die salarisgaping te verklein, van 99,5 jaar tot 135,6 jaar vergroot.

“Hierdie getalle wys dat vroue al ʼn lang pad gekom het om gelykheid in die samelewing en werksomgewing te verseker, maar daar is steeds ʼn lang pad vorentoe. In die lig van Internasionale Vrouedag op 8 Maart 2022 sluit Uasa aan by die Verenigde Nasies se entiteit vir geslagsgelykheid en bemagtiging van vroue onder die tema: ‘Geslagsgelykheid vandag vir ʼn volhoubare toekoms’.”

Vakbonde wat in solidariteit met vroue staan, baklei al jare vir gelykheid in die samelewing en die werksplek, sê Moyo. “Uasa moedig vakbonde aan om te baklei teen die salarisgaping tussen mans en vroue.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Agge nee ·

Dit is nie so uniek nie, selfs SAID diskrimineer teen getroude vroue wat broodwinners is.

Jack ·

Ek het baie simpatie met vroue.My vroue personeel verdien goeie salarrise maar hulle werk hard en hulle is bevoeg en gee baie terug vir die werksplek.Dit gaan ook oor verantwoordelikheid,kennis,ervaring en die wete dat ek op hulle kan staatmaak en vir sulke werkers haal ek my hoed af.

VaalDonkie ·

Is dit nou vir dieselfde werk, of as ‘n gemiddeld vir alle werknemers? Want ek is seker hulle is nou net so skelm soos in Amerika waar hulle nie dieselfde poste vergelyk het nie, maar 1000 vroue en 1000 mans se salarisse bymekaargetel het, en toe met mekaar vergelyk het.

Kobus ·

Onsin, in die omgewing waar ek werk verdien vroue in junior poste meer as mans in senior poste.

Emile ·

Doen maar eers jou eie navorsing voordat jy hierdie artikel glo

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.