Vroue verdwyn op pad na Pta

Joey van Niekerk en Anisha van Niekerk. Foto: Via Facebook

Die Noordwes-polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na twee vroue wat Sondag onderweg na Pretoria spoorloos verdwyn het.

Ao. Mpeile Talane, polisiewoordvoerder, het gesê die vroue, Joey van Niekerk (32) en Anisha van Niekerk (30), is Sondag omstreeks 07:30 vir die laaste keer in die Mooinooi-omgewing gesien waar hulle saam op ʼn kleinhoewe bly.

“Volgens inligting wat aan die polisie gegee is, is een van die vroue se pa’s onlangs oorlede. Hulle was op pad na Pretoria om sy roudiens by te woon,” het Talane gesê.

Hulle het in ʼn wit Nissan X-trail-sportnutsvoertuig met die registrasienommer JJK 781 NW vertrek, maar nooit Sondag hul eindbestemming bereik nie. Die roudiens is Dinsdag in Pretoria-Noord gehou en hulle was nie teenwoordig nie.

Die vroue is deur familielede as vermis aangemeld. Talane het bevestig die Mooinooi-polisie ondersoek ʼn vermiste-persone-saak.

Hy het ʼn beroep op die publiek gedoen wat die voertuig opmerk of weet waar die vroue hul bevind, om ao. Christiaan Robinson by 082 643 6137 of 014 574 5000 te skakel.

Lees ook: [Opvolg] Drie vas ná vroue op pad na Pta verdwyn

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andréas ·

Bid hul word albei veilig en spoedig gevind. Hul gesigte kom bekend voor. Was hul nie vroëer (waarskynlik ook op MM) in die nuus?

Gerrit ·

Gaan die polisie ook n R100.000 beloning gee om hulle op te spoor?…nee want hulle diskrimineer teen wit mense.

Wonder ·

Is hulle al gevind? Shame die familie is seker resend sterkte vir almal!

Theresa ·

Hoop van harte almal wat kan, soek na hierdie twee jong vroue. Mag hul beskerm word en geen kwaad aangedoen word nie. Dalk ‘n kaping??

Riana ·

Die ander nuusdienste berig hulle is vermoor en verdagtes is reeds in hegtenis geneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.