Vroue wat wil trou op afspraakwebwerf gevang

Foto: Rusa

Drie vroue van Durban in KwaZulu-Natal het met Reaction Unit South Africa (Rusa) kontak gemaak nadat hulle iemand op ʼn afspraakwebwerf ontmoet het en toe bedrieg is.

Prem Balram, woordvoerder van Rusa, het gesê die drie vroue het Rusa binne ʼn uur gekontak ná ʼn plasing oor ʼn vrou wat om die bos gelei is deur ʼn vermeende Amerikaanse vriend.

“Die drie vroue, tussen 19 en 27 jaar oud, het gesê ʼn manlike dokter, glo van Mumbai in Indië, het hulle gekul. Hulle het die man op die afspraakwebwerf Shaadi.com ontmoet.”

Die meegaande foto’s is aan die vroue gestuur wat graag wou trou.

“Hulle het kort telefoniese gesprekke met ʼn man gehad wat ʼn Indiese en Oekraïnse aksent het,” het Balram gesê. Die man het foto’s van geskenke aangestuur wat na Suid-Afrika versend is. “Hy het geskenke en ʼn luukse troue aan die vroue beloof. Nadat hulle foto’s van die geskenke ontvang het, moes hulle klaringskoste betaal. Twee van die vroue het onderskeidelik R5 000 en R7 000 in bankrekeninge inbetaal. Die derde vrou het egter geweier om die R3 000 te betaal totdat die man ʼn videogesprek met haar sou voer. Hy het geweier om haar te bel en die vrou op sosiale media geblok.”

Die vroue stel nie daarin belang om ʼn strafregtelike saak aanhangig te maak nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Elsie ·

Ek kan regtig nie glo dat mense in hierdie era nog so gevang word

Sandra ·

Elsie, ek het ook gedink hoe kan mens nog in die dag en tyd uitgevang word met al die media wat die soort ding uitlig. My suster, wat ‘n intelligente vrou is, het vir so ‘n man geval wat glo ‘n Amerikaanse soldaat is in Afghanistan. Ek het vir haar gese, as hulle eers vir geld begin vra, dan moet jy weet. Toe het hy, sommer baie. Toe se sy vir hom goodbye. Sy was tot haar ore verlief. Ek ken haar my hele lewe, het haar nog nooit so gesien nie. Bygese, dit lyk my dit gebeur met eensame vrouens, want my suster is een van hulle. Haar man oorlede.

Kathleen ·

Genadendal ! Ek kan nie glo hoeveel vroue is so desperaat en vang sulke onnosel goed aan nie . Hoe dom moet jy wees om hierin te glo ?

Peach ·

Desperate times calls for desperate measures….. sulke luukse bederfies is nie te versmaai nie. Niemand het al ooit die teendeel bewys dat die padda nie in ‘n prins verander het nie.

Antjiepat ·

Jammer maar ek het regtig geen simpatie met hierdie vrouens nie. Kan mens nog in vandag se tyd soo onnosel wees?

Hennie ·

As jy so onosel is, dan moet jy maar jou geld verloor! Daar is nie pille hiervoor nie!

Zara ·

Ai, hierdie grens aan patetiese desperaatheid en n goeie skoot naiwiteit

Dirk ·

Daar is geen medisyne vir domgeid nie.Laat dit vir julle n les wees..

Sandra ·

Shaadi.com of miskien shady.com, nie van oorsee nie, maar van ‘n dodgy area in Suid Afrika. Hoekom het hulle ‘n Absa bankrekening as hulle van oorsee is?

LANA is ELANè ·

Ja Nee, met ‘n slapriem gevang, hoe dom kan vrouens werklik wees, of is dit wat mens desperate soeke na sg liefde noem?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.