Vroue weer in hof oor fetusse in yskas

hof-hamer

Argieffoto.

Die twee vroue wat daarvan beskuldig word dat hulle talle onwettige aborsies uitgevoer en van die fetusse ontslae geraak het, het Woensdag weer in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek. Lulama Cabela, ʼn geregistreerde verpleegster en haar beweerde ontvangsdame, Babalwa Cabela, is in Februarie verlede jaar in hegtenis geneem en staan tereg op 25 aanklagte van verberging van geboorte. Die vroue is vroeër op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.

Hul inhegtenisneming het gevolg op ʼn polisie-ondersoek na onwettige aborsies in die Nelson Mandelabaai-gebied. Die staat het nie by ʼn vroeëre hofverskyning die vroue se aansoek om borgtog teengestaan nie en het gesê die aanklagte teen hulle is ʼn skedule 1-oortreding.

ʼn Verklaring van die ondersoekbeampte in die saak het vroeër onthul hoe hy ʼn kliniek in Port Elizabeth se sakesentrum deursoek het en in ʼn vrieskas op rooi sakke met gevriesde fetusse afgekom het. Hy het ook op medisyne, toerusting en dokumentasie wat met aborsies verband hou, beslag gelê.

Die polisie het talle fetusse in die kisvrieskas ontdek, waarvan 25 ten volle ontwikkel was. Die polisie het gesê hulle het ondersoek ingestel nadat hulle klagtes van ʼn hospitaal ontvang het oor pasiënte wat komplikasies ervaar het weens onwettige aborsies.

Volgens die klagstaat, het Cabela gewerk as ʼn geregistreerde verpleegster by ʼn sentrum waar voor- en nageboortesorg aan ma’s en kinders verskaf is.

Die staat beweer Cabela het die sentrum en haar huis gebruik om aborsies op vroue uit te voer.

Die saak is tot 5 Mei uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

amanda ·

5000 borg vir 25 moorde maar geen borg vir N doodskis grappie dis N siek sameleweng

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.