Vroue weer in hof wat kleuter in badkamer vasbind

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die eienaar en ʼn werknemer van ʼn dagsorgsentrum in Rosettenville, Johannesburg, waar ʼn kleuter in ʼn badkamer vasgebind is, het Vrydag weer in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Landdros Vivian Hawkins het die saak tot 23 Junie uitgestel vir verdere ondersoek.

Labeeba Truter en Nomthandazo Majeke is op 26 April op borgtog van R3 000 elk vrygelaat.

Die vroue is aangekla van aanranding en kindermishandeling nadat ʼn video van ʼn 21 maande oue kleuter opslae gemaak het op sosiale media. Die kleuter is by die Petite Bumper-dagsorgsentrum in ʼn badkamer vasgebind en haar mond is toegeplak, sodat Truter glo kon televisie kyk. Die Daily Sun het die video op sosiale media beskikbaar gestel. Klik hier om die video te sien.

Majeke het glo die beeldmateriaal verfilm.

Truter het aan die Daily Sun gesê sy is bewus van die voorval, maar het dit nie by die polisie aangemeld nie. Sy voer aan sy is nie verantwoordelik vir die oortreding nie en het nie geweet dit is kindermishandeling nie. -SAPA

Lees ook:
Borgtog vir vroue wat glo kleuter in badkamer vasbind
Eienaar van dagsorgsentrum amptelik aangekla
Dagsorgsentrum waar kleuter glo mishandel is, is toegemaak
Polisie soek hulp ná video oor kindermishandeling
Video: Baba vasgebind sodat versorger kan TV kyk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elizabeth ·

Mens weet nie WAT nog alles daar aangegaan het en hoeveel ander kleuters is so mishandel nie. Mens emoet net weet, sulke kinders word groot met die idee dat mishandeling en/of marteling okay is. Dis verskriklik. Arme ou dingetjie… Hierdie sleg goed moet deeglik gestraf word!

Ilze ·

Ek is so geskok oor wat ek hier hoor en sien, Mens lees soveel keer van kindermishandeling maar dit raak ‘n werklikheid wanneer jy ‘n video clip soos die ene sien. Dis verskriklik, dat daardie arme dingetjie vir 3 ure (of selfs 5 minute) so benoud moes rondkruip op daardie vloer, sonder dat sy haar armpies of bene kon gebruik nie. Mens kan hoor hoe onsteld en benoud sy is. Ek kan nie genoeg benadruk hoe emosioneel hierdie toneel my gelaat het nie. Dis absoluut barbaars!!!

Sanet van der Bank ·

“….nie geweet dit is kindermishandeling nie…” Wel nou het ek al alles gehoor. As dit nie kindermishandeling is nie dan weet ek nie WAT is nie. Waarom het sy die dagsorgsentrum as sy wil TV kyk? Kinders is ‘n voldag werk en daar is nie tyd vir TV nie….Ek vererg my sommer nog erger…

Marlene ·

Hel as sy nie geweet dit is kindermishandeling nie slaan my dood met n pap snoek. Sy is net so skuldig omdat sy die video geneem het. Sy is gladnie bevoegd om na enige kind of iemand tekyk nie. Wonder hoe het sy haar kinders mishandel toe hulle klein was. Die bleddie stupid vrou. Hoop sy sit jate in die trunk en dan moet sy bietjie van haar eie mediesyne kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.