Vroue wou glo miljoene se dwelms by SA insmokkel

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Twee vroue verskyn Dinsdag in die Musina-landdroshof in Limpopo nadat hulle by die Beitbrug-grenspos in hegtenis geneem is vir die besit van dwelmmiddels ter waarde van R8 miljoen.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die vroue, onderskeidelik 23 en 39 jaar oud, is Sondag in hegtenis geneem. Een vrou is van Zimbabwe en een van Lesotho.

Hulle het die grenspos van Zimbabwe na Suid-Afrika te voet oorgesteek, waar beamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens hulle voorgekeer en deursoek het. “Die beamptes het ʼn verdagte middel in die vroue se besit gevind en die polisie ontbied,” het Otto gesê.

Die vroue het altesaam 18 kg van die dwelmmiddel tussen hulle twee gedra. Dit het ʼn geskatte waarde van R8 miljoen.

Daar word ondersoek waar die vroue vandaan kom, en waarheen hulle op pad was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ladybug ·

Mooi Skoot! Nou moet julle ook net al die buitelanders se winkels gaan bekyk vir BTW registrasie en SARS ens. ens. Want hulle leef lekker op ons onkoste in hierdie land sonder om ‘n sent belasting van enige aard, te betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.