Vrouekonstabel vas ná rooftog op polisiestasie

Argieffoto ter illustrasie: SAPD

ʼn Vrouekonstabel van die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat sy na bewering vier mans gehelp het om ʼn gewapende rooftog op Kareedouw se polisiestasie uit te voer.

Kapt. Anelisa Feni, Oos-Kaapse Valke-woordvoerder, sê die 30-jarige konst. Yandiswa Siyasanga Feni (geen verwantskap) het Woensdagoggend voorgekom in die landdroshof op Kareedouw, sowat 115 km wes van Port Elizabeth. Die saak is uitgestel en sy bly in aanhouding tot sy oor ’n week om borgtog aansoek sal doen.

Die Valke het haar Maandag op aanklag van sameswering om roof te pleeg in hegtenis geneem.

Die eenheid se ondersoek het die konstabel verbind met die rooftog waartydens vier gewapende mans die polisiestasie in die vroeë oggendure van Saterdag 4 Augustus van vuurwapens en ammunisie beroof het, sê Feni.

Die konstabel het na bewering geweet wanneer sy alleen in die polisiestasie sou wees en die rowers toe in kennis gestel wanneer hulle kon toeslaan.

Die verdagtes het die konstabel, wat alleen aan diens was in die kliëntedienssentrum, kwansuis gedreig en toe ontwapen, maar Feni sê dit was na bewering net vir die skyn omdat die konstabel glo deel van die rooftog se beplanning was.

Die konstabel het na bewering geweet wanneer sy alleen in die polisiestasie sou wees en die rowers toe in kennis gestel wanneer hulle kon toeslaan, het Feni Woensdag aan Maroela Media gesê.

Die “rowers” het haar geboei voor hulle die brandkluis oopgemaak en twee R5-gewere, vier handgewere, ʼn polisieradio en verskeie rondtes ammunisie geroof het.

Feni sê die ondersoek duur voort en die Valke verwag om binnekort nog verdagtes aan te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johnna ·

Ag my genade!die mense van wet en orde wat ons as landsburgers moet beskerm is deesdae net so korrup.Neem kennis Mnr CR en Mnr BC.

Jessica ·

Hulle doen nie checks op hulle nie, dit word oornag net enige iemand van die straat geneem en dan is jy ‘n polisie constabel, gaan na OR TAMBO AIRPORT DIE EMIGRATION MENSE DAAR IS NOG ERGER, BETAAL NET ENIGE BEDRAG EN JY KRY A FREE STAMP IN JOU PASSPORT.

Neutraal ·

Aaaag nee wat. Hierdie land sal nooit voor die Wederkoms wees wat dit was nie. Was dit nie vir n handjie vol wyses nie, was die land lankal net n murasie.

Piet Pompies ·

Die vrou doen presies die teenoorgestelde van waarvoor sy aangstel is en betaling ontvang vir wat sy moet doen.
Iemand wat in die posisie van “polisie man” aangestel word behoort daarem te weet dat sy doen nie ten goede is vir die land en sy mense, maar nee, ek het mos my eie MO.

Johanna ·

Hierdie “nuus” kom nou amper daagliks voor. NUUS? Nee dit is n skande. Dit moet uitgeroei word. Daar is polisielede wat gou saam met al die bedrog en korrupsie wil saamwerk. As die mense met die hoë profile dit doen hoekom dan nie ook hulle ook nie? Wat gaan aan in hierdie land van ons.

Willie ·

Dis erger as n skande, en refelkteer direk op die bevoerders, Generaals, en die Cowboy…
Die SAPD in my oe is n lands skande!

Judge Dredd ·

Party huishulpe doen dieselfde? So wees gewaarsku – doen maar eerder self jou werk by die huis.

Karolis ·

Wolf, ek probeer ook uitvind.
Dalk moet MM dit ‘n handwapen noem.

Skyspy007 ·

Dis sekerlik ‘n geweer wat nie met die voet geskiet kan word nie…..hehehe

Grassie ·

MM – ek wil ook baie graag weet wat is ‘n handgeweer. Gaan julle dit regstel in goeie Afrikaans?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.