Vroueliga verwelkom Dlamini-uitspraak

Bathabile Dlamini. Foto: GCIS/Flickr

Die ANC-Vroueliga (ANCVL) het Vrydag die konstitusionele hof se beslissing dat Bathabile Dlamini, die voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, nie persoonlik aanspreeklik gehou kan word vir regskoste rakende die Sassa-toelaagkrisis nie, verwelkom.

Die konstitusionele hof het Donderdag beslis Sassa en Pearl Bhengu, die voormalige waarnemende uitvoerende hoof, moet in hul amptelike hoedanigheid pa staan vir die regskoste. Die hof het beslis daar is nie bewys dat Dlamini in kwader trou opgetree het of skuldig is aan growwe nalatigheid wat ʼn rede sal wees om haar persoonlik aanspreeklik te hou nie.

Meokgo Matuba, die ANCVL se sekretaris-generaal, het gesê dié beslissing het baie van dié wat Dlamini gehaat het, stilgemaak nadat sy deur die “hof van openbare uitsprake” skuldig bevind is ten spyte daarvan dat begunstigdes in haar termyn as minister wel hul toelae betyds ontvang het.

“Die ANCVL glo vas dat al die aanvalle teen Bathabile tydens haar tyd by maatskaplike ontwikkeling georkestreer is deur die monopolieë in die finansiële sektor en hul makkers,” het Matuba gesê.

Die Vroueliga het verder laat hoor dat dit nie verrassend is dat Cas Coovadia, besturende direkteur van die Bankvereniging van Suid-Afrika, glo gesê het noudat Dlamini na ʼn ander departement oorgeskuif is, sal die kommersiële banke weer gesprekke met Sassa kan voortsit oor hulle rol in die betaling van die toelae nie.

Die verklaring van die liga sê verder dat “sommige kommersiële banke” die betalings van toelae wil oorneem.

“Die saak is nou afgehandel. Ons moedig Bathabile Dlamini aan om haar fantastiese werk oor die sosio-ekonomiese ontwikkeling van vroue in die land te bevorder. Die Vroueliga sal haar altyd onvoorwaardelike ondersteuning bied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elsa ·

Dis nou jammer.. Sy het goed droog gemaak en nou smile by breed

chaotika ·

dot maak sin! waar ia sy nou weer ontplooi om mwr haar groot intellek finansieele chaos te saai?

Kyk Bietjie Dieper ·

Die grondwethof moes haar werk doen. En doen dit steeds rakende die hele SASSA besigheid. En dis hul uitspraak?

Begin die hof swik? Die vet weet dis belaglik om dit saggies te stel.

Thinus Oosthuizen ·

Die Grondwet hof, oorweeg n aansoek om gratifikasie, en is medepligtige, nie net die hof nie, maar die Regters gesamentlik en individueel en is aanspreeklik vir die Gratifikasie plus vyf maal!

Oudste ·

Hulle kon haar nie skuldig kry vir betrokkenheid nie, want sy was geensins nerens betrokke nie. sy was op ‘n afstand, soos ‘n toeskouer van die kant af geskree en golwe gemaak. Sy kon netsowel ‘n hologram gewees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.