Vrouelyk met nekwond in sloot gevind

Paramedici is kort voor 07:00 Dinsdagoggend na die toneel naby die Klein-Jukskeirivier ontbied. Foto: ER24

ʼn Vrou se liggaam is Dinsdagoggend in ʼn sloot langs die Klein-Jukskeirivier in Gauteng gekry.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê ʼn drawwer het blykbaar op die gruvonds afgekom in Saffierstraat in die voorstad Jukskeipark, noord van Bryanston. Die oorskot is glo dié van ʼn vrou in haar 30’s.

ER24 en nog ʼn nooddiens se paramedici is kort voor 07:00 na die toneel ontbied. Na bewering het die drawwer dadelik die owerheid in kennis gestel.

“Met hul aankoms het paramedici die liggaam van ʼn vrou aangetref waar sy in die sloot gelê het,” sê Meiring. “By nadere ondersoek het [paramedici] gesien sy het ʼn groot wond aan haar nek opgedoen en het geen tekens van lewe getoon nie.”

Hy sê die voorval word ondersoek.

Gauteng se polisiewoordvoerders was nie onmiddellik beskikbaar om kommentaar te lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HPV ·

Net een van 57 wat daardie dag vermoor is, mens wonder waar lê die andr lyke. Maar ons tel voort!

Andre Stander ·

Kom ons hou ook in gedagte dat die syfer van 57 onrealisties laag is, en nie realisties in-bind met huidige omstandighede en gebeure in Suid Afrika nie.
Daar is sprake dat die syfer meer realisties nader aan -of self oor- 100 moorde per dag is.
Ek het nie n rede om dit te betwyfel nie – gesien in die lig dat die Polisie on kan vertel misdaad is laer met x-persentasie, maar niemand sien dit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.