Vrouemaand: Maroela Media is op soek na die koelste ouma!

Argieffoto

Argieffoto

Ter viering van Vrouemaand in Augustus 2015 is Maroela Media op soek na die koelste ouma.

Maroela Media is op soek na al die oumas wat nog op en wakker, lewenslustig, hups en flink is. Vyf van dié koelste oumas wen elk ʼn geskenkbewys van R250 by haar naaste skoonheidsalon.

Hoe skryf mens in?

Plak ʼn foto van jou ouma op ons Facebook-blad of skryf vir ons in 150 woorde of minder waarom jóú ouma die koelste ouma ooit is. Jy kan ook jou inskrywing stuur aan [email protected] met “koelste ouma” in die onderwerpveld.

Klik hier om die bepalings en voorwaardes te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

HEVW ·

Wat beteken die woord koelste nou eintlik. Baie bejaardes sal vra, want hierdie woord het eers na hul geboorte die lig gesien.

Gideon ·

Ja nee ek wonder wat word verwag van hierdie “cool” ouma, want as ek na die foto kyk wat as voorbeeld dien, moet julle dalk vra vir die ” zefste” Ouma!

Jolene ·

Ag sies julle.Dis n baie oulike idee en die oumense weet al wat cool is. Moet hulle nie onderskat nie!

Peet Schabort ·

Ook ek kan dit nie verstaan nie, want as sy flink, wakker, lewenslustig en hups is, dan is sy mos ‘n WARM ouma.
‘n Ouma kan selfs nog wulps ook wees !!

Bernise ·

My ouma sal wen. Al is sy n ware dame soos my pa se, swem sy sa ons en ry 4 wheeler en perd sa ons oppi plaas. Sy is nie net cool nie, sy is mooi en soms bietjie kwaai. My ouma lisa is tops

Emile ·

Is daar ‘n ouma-ouderdomsperk op die kompetisie?

Ek ken ‘n potensiele wenner -ouma wat op 14 ma geword het en op 29 ouma. Op 35 modelleer sy vandag baaibroeke, hardloop marathons, doen oopwater swem, skuba-duik, valskermsweef en het al twee boeke publiseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.