Vrouepolisielid in winkel doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Vrouepolisielid is Donderdag dood toe sy en haar kollega in ʼn winkel aangeval en beroof is.

Kol. Noxolo Khweza, polisiewoordvoerder, sê twee onbekende verdagtes het die gewapende sersante in ʼn winkel in Tembisa aan die Oos-Rand oorrompel.

“Die verdagtes het die sersante se wapens by hulle afgeneem voordat hulle een van die beamptes in die kop geskiet het. Hulle het kort daarna op die vlug geslaan met albei se dienspistole,” het Khweza gesê.

Die vermoorde sersant se kollega is ongedeerd.

Nog niemand is in verband met die moord en roof in hegtenis geneem nie.

Bheki Cele, minister van polisie, sal na verwagting Vrydag die twee sersante se families besoek en sy meegevoel betuig.

“Die Suid-Afrikaanse Polisiediens is geruk deur nog ʼn sinnelose moord op ʼn vrou so aan die einde van Vrouemaand,” het Cele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Aai ·

Kyk hoe maklik vat ons die polisie se wapens ek se polisie moord word jy gehang klaar.

Kobus ·

Hoe gebeur dit? Is SAPD lede opgelei en paraat om dit te voorkom? Nou is daar twee meer vuurwapens wat onwettig gebruik gaan word terwyl Cele bekommerd is oor gelisensieerde vuurwapens. Slaag die SAPD lede ooit die nodige bevoegdheids toetse? Hierdie is baie tragies. Lewens in SA is niks werd nie. Word hierdie kriminele gevang,word hulle soos konings behandel want dit is hulle reg. Snaaks dat die MRK nooit oor sulke gevalle hulle kommer uitspreuk nie

Danie ·

Kobus, ek stem saam gedeeltlik saam met jou stelling. Lewe beteken niks meer nie, ons reg stelsel beteken niks meer nie. ongelukkig kan iemand, selfs nie eers polisie, kan elke dag , heel dag 100% peraat kan wees nie, maak nie saak wat jou opleiding is nie. Kriminele is baie goed in wat hul doen en wag net op n geleentheid om ons skade en leed aan te doen.

Nie Verbaas ·

Baie waar maar as hulle nie behoorlik opgelei is nie en so iets gebeur verminder dit tog hulle kans om hulleself te verdedig. As dit my familie was en Cele wil kom medelye betoon, jaag ek hom weg. Misdaad is waar dit is as gevolg van ANC beleid.

absoluut ·

Dis hoekom ons n polisie en n weermag het/gehad het, was mense wat heeltyd 100% paraat was

piet ·

Ja absoluut maar in die verlede kon hulle ook baie makiliker hul wapens uitruk en skiet. Deesdae is daar sulke streng regulasies dat die polisiemanne eintlik nie meer sommer net kan skiet nie soos in die verlede nie. Die waarheid is dat die polisie se uitvoeringsmagte daadwerklik ingeperk word deur uiters streng regulasies.

piet ·

Jy kan hoe bevoeg wees as daar sulke streng regulasies is dat ‘n polisieman eintlik nie meer mag skiet nie maak dit dinge moeilik. Die arme polisiemanne weet ook nie aldag wat om te doen nie. Skiet hulle moan mense. Nou kry jy die tipe van voorvalle. Ek het simpatie vir die mense met al die streng regulasies.

Persheks Adri ·

Hoedeman nóg bloed op jou hande en nóg van julle wapens weg in kriminele se hande!

Persheks Adri ·

Plaas doen hy iets konstruktief soos soek die onwettige wapens SjN

marius ·

Daar is net een manier hoe hierdie gemors afgeskrik gaan word . Dis openbare teregstelling op dieselfde wyse as wat hulle moor . Geen mense regte twak nie . Klaar

Sarel ·

Tree die Polisie eerste op ter selfverdediging dan kruisig die Gemeenskap hulle. Bheki Cele nog GEROOFDE vuurwapens omloop. Jy sal die misdadigers mort ontwapen

piet ·

Korrek en hul uitvoeringspligte word gekniehalter deur uiters streng regulasies wat in baie gevalle dit uiters moeilik maak vir hulle om hul pligte uit te voer.

Persheks Adri ·

Nou gaan hy besoek aflê Swerwer asof dit gaan help regtig! Hy’s bekotsingswaardig verby die pateet

Harley Davidson ·

Die polisie moet beter keuring prosesse he en hulle mense beter opleiding gee,alternatief gaan cele ‘n toerbus moet reël om al die beamptes wat vorentoe gaan val aan diens se families te besoek.

Anel ·

Opleiding, opleiding, opleiding. En die regte keuring. Wonder of die twee ooit hul vuurwapenbevoegdheid geslaag het. Dis eintlik tragies. In ons tyd sou so iets nooit maar nooit gebeur het nie.

Werner ·

Ons lewe in anargie elkeen vir himself hoed en sy onopgeleide bende sal Soos volstruise hulle koppe in die grond druk om Niks Raaj te sien nie werkloosheid speel die grootste rol in al die faktore

Blomme ·

God have mercy on us. Die mense het siek geword. Binne in die Supermark, omring met toeskouers??? Waar gaan ons eindig? Ek sou graag wou hoor wat die Hooffigure is ons regering beplan om misdaad in die land hok te slaan. Misnoeë uitspreek en pleit dat mense nie geweld moet pleeg is lankal nie meer genoeg. Kom nou Cyril.. Laat ons jou stem slag hoor met ń werkbare oplossing!!

Samuel ·

Werkbare oplossing??

Cyril is seker verbaas oor die geweld!! Cele voel niks in sy hart vir die polisielede nie. Bekpraatjies. Dit is al.

Charllas ·

en Bheki wat gaan jy maak?? Gaan jou nou iets doen??? Hoekom het skelms meer regte!!!! As die polisie lede die reg gehad het om te skiet kon die vrou nog gelewe het maar nee ons hulle mag mos niks aan die skelms doen nie!
Mag die dame se familie rus vind, en mag hulle antwoorde kry oor hoekom die polisie niks meer aan skelms mag doen nie! RIP officer

Samuel ·

Dit is só sinneloos. Geweldsmisdaad is aan die orde van die dag en die misdadigers word selde vasgetrek en indien wel, kry hulle nie swaar vonnisse nie. Hierdie misdaadklimaat is egter deur die regering geskep, want selfs moordenaars het regte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.