‘Vroueregte het verbeter’ bevind meningsopname

Argieffoto.

Argieffoto.

Meer as 20% van Suid-Afrikaanse vroue glo steeds “hulle plek is in die huis”, volgens ‘n Ipsos-meningsopname wat Vrydag bekend gemaak is.

Suid-Afrika vier vandag Vrouedag.

Nagenoeg 58% van Suid-Afrikaners glo dat daar die afgelope 20 jaar ‘n groot verbetering in vroueregte was.

Dit is volgens ‘n meningsopsame wat in Maart en April vanjaar deur Ipsos gedoen is. Die opname is onder 3 730 volwassenes gedoen.

“Sowat ‘n vyfde van vroue (21%) glo steeds dat seuns meer regte het as meisies rakende opvoeding en 23% glo dat wanneer werk skaars is, mans meer regte tot werk het as vrouens,” het Mari Harris, direkteur van Ipsos, in ‘n verklaring gesê.

“Daar is ook ‘n aansienlike persentasie – 34% van beide mans en vroue – wat glo dat vroue hul plek moet ken. Meer as ‘n vyfde van vroue (22%) glo dat hulle plek in die huis is – met 27% van mans wat die sentiment deel.”

Nagenoeg ‘n derde van vroue sê hulle lewens het verbeter terwyl 16% glo dat hulle slegter af is.

Meer as die helfte van vroue glo dat hul kinders ‘n blink toekoms het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

Diegene wat glo hulle kinders het ‘n blink toekoms in hierdie land leef verseker in ‘n droomwereld.

Waar is al ons jongmense, hoeveel het reeds ‘n heenkome gaan soek oorsee, juis omdat hier geen werk vir hulle is nie. Ek verwys spesifiek na Blanke-kinders.

Kosie ·

‘n Vrou se plek is voor die stoof met ‘n snotneusie op die heup, ‘n sigaret in die mond, welke oog toe waar die rook pla. ‘n Kledingstuk wat deel uitmaak van haar “dress code” is natuurlik ‘n voorskoot en krullers in die hare. Of hoe Harris? Dit blyk dat jou meningsopsame gedoen was die tyd tussen die groot droogte en die runderpes!

Shannon ·

Vroue regte ?
Die reg om afslag te kry op jou tronkstraf vir pedofilie, terwyl die man sy volle termyn moet uitdien.
Die reg om in die weermag rang te klim – maar aan te dring op jou eie barakke.
Die reg om 90% van alle tydskrifte op die rakke en al die oggend TV programme aan jou geslag toegewy te hê, maar tot die laaste staande ‘men-only’ klub moet as seksisties gedreig word ?

Vroue regte – die reg op meer regte. Mans het die reg om stil te bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.