Vrouerowers teiken inkopiegangers in Pta-winkelsentrums

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie is op soek na drie vroue wat oor die afgelope twee weke tydens soortgelyke gevalle ander vroue by winkelsentrums in die ooste van Pretoria beroof het.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die Brooklyn-polisiestasie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die vroue werk in ʼn groep en slaan gewoonlik omstreeks 16:00 toe in kettingwinkels van winkelsentrums.

“Een van die vroue sal ander vroue nader terwyl hulle inkopies doen en ʼn geselsie aanknoop om haar aandag af te lei,” het Weilbach Dinsdag gesê. “Een van die ander vroue sal dan skielik intree en die slagoffer dreig om haar handsak of juwele te oorhandig. In een geval het een van die vroue ʼn voorwerp teen die slagoffer se lyf gedruk. Die slagoffer kon egter nie sien wat die voorwerp was nie en het haar samewerking gegee.”

Weilbach het gesê die vroue maak hulle vinnig uit die voete voordat die slagoffer hulp kan ontbied. Die polisie bekom tans beeldmateriaal om ʼn beskrywing van die verdagtes saam te stel.

Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om nie vreemdelinge blindelings te vertrou nie en te alle tye van hul omgewing bewus te wees. Weilbach het gesê ma’s met kinders word ook geteiken omdat hulle aandag makliker afgelei kan word.

“Hou waardevolle besittings soos handsakke, beursies en selfone baie veilig en moenie groot hoeveelhede kontant openlik vertoon wanneer jy betaal nie. Meld dadelik enige verdagte mense of situasies by die sentrumbestuur of veiligheidswagte aan,” het sy gewaarsku.

Die polisie ondersoek sake van roof. Mense met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan of wat in dieselfde omstandighede beroof is, word versoek om die Brooklyn-polisiestasie by 012 366 1735/6 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Grap ·

As ‘n mens ook net ‘n beter beskrywing gehad het kon mens op die uitkyk wees vir die booswigte was dit wit vrouens,swart vrouens,Chinese vrouens die beskrywing is maar baie vaag gemeet dat ons in ‘n diverse land bly met ‘n verskeidenheid rasse en kulture

Wiebo ·

Beeldmateriaal bekom? By The Club in Hazelwood is baie kameras, maar n voertuig was hier gesteel en geen beeldmateriaal beskikbaar nie. Werk kameras in sentrums werklik?

Karma ·

@Wiebo – ek kan jou verseker dat die kameras by ons winkelsentrum wel werk en dit is van so ‘n hoë gehalte dat dit 360 grade in die rondte draai en gemanipuleer kan word om “in te zoom” om selfs ‘n motorvoertuig wat daar doer ver geparkeer staan, se nommerplaat te kan lees. Die probleem is dikwels die personeel (sekuriteit) wat ….. wel, nie is wat hulle moet wees nie. Jammer, as ek veralgemeen! Meesal werk sekere instansies se kameras ook net sekere tye en dan word beeldmateriaal ook net vir só lank gehou of is beeldmateriaal van baie swak gehalte. Hoe dit ookal sy, ons moet almal saamwerk om misdaad te bekamp – as iets vir jou verdag lyk, is dit waarskynlik! Neem verantwoordelikheid vir jou eie veiligheid. Mense wat in so ‘n situasie kom, moet dit op sosiale media deel.

Gesiggie ·

Wat nog? so nou word vrouens deur ander vrouens beroof… belaglik”’ ek sal daai trollie so hard stamp en net een gul gee… ja as jy n voorwerp teen jou rug voel? en jy nie seker is wat dit is, so n mens vries”’ maar dan moet vrouens maar van nou af shopping gaan doen met iets om hul te beskerm? Dit is agv te kort aan werk en geld , dat al die dinge plaasvind, maar as jy regtig wil… sal jy werk kry”’ maar dit mons maklikker om van ander te vat?

deon koegelenberg ·

JA IRENE EK STEM SAAM IN SULKE GEVALLE MAAK DIE RAS BEKEND ASOOK FOTOS VANAF WINKEL KAMERAS

Charmaine ·

Die dames is of was ook bedrywig in Brooklyn Mall(Woolies) was daar n kollega so vanR2000 beroof. Dit is 2-3 swart dames. Hulle hou jou dop veral as jy in die ry staan en knoop n gelsie aan maar hierdie dames gebruik iets om jou te bedwelm. Hulle het die kollega van ons kantoor so gevang haar na bank gevat en sy het R2000 getrek en vir hulle “gegee”. Moenie met enige vreemde persoon n gelsie maak nie.

Grap ·

Dames se jy ek sou sê kriminele. Dames doen nie sulke dinge nie.

Anton. ·

@ Charmain. Die bedwelm storie glo ek nie so lekker nie. Dus stap jy saam hulle na n kitsbank en trek vir hulle geld?
Nee die feit van die saak is dat baie vroue in n ”SCAM” gevang word en dan agterna te skaam is om dit te erken. Dan voer hulle stories aan soos om te sê hulle is bedwelm.
Glo my ek praat van feite.

cobusp ·

Dus jammer om te lees vrouens val nou vrouens aan……….sou nie sommer gebeur het toe my ouma nog gelewe het nie……..sy sal jou met n oorveeg in n sekonde in die grond geslaan het en bo op jou gaan sit het ………….dan was alles oor………

cobusp ·

Em het eers gedink om my ouma se postuur te beskryf maar toe besluit liewer nie Anders sny die sensuur raad my boodskap kort……..

Veronica Coetzer ·

Ons het fotos van ‘n vrou wat my dogter verlede week by Hazeldean beroof het. Hoe kan ek dit vir julle stuur?

Tannie B ·

Ek en my dogter was by Westgate sentrum in ‘n winkel besig om na klere te kyk toe een van ‘hulle’ aan my dogter stamp en verskoning vra. Intussen is haar selfoon uit haar sak gesteel terwyl haar maatjie vir my verskoning gevra het. Ek het dadelik agterdogtig gevoel en toe ek haar vra om gou haar pa te bel, is die dames die winkel uit en skoonveld. Glo my, hulle was nerens te sien nie.

LBek ·

Klink vir my vreeslik bekend. Laasweek my vrou se selfoon in die Irene Mall Pick n Pay gesteel. Selfde MO. Stamp, steel en verdwyn. As my 4 jarige ons nie in kennis gestel het dat daardie “tannie” my vrou se selfoon gevat het nie, sou ons tot vandag toe nie rerig geweet het nie. Hy het ook die volgende oggend aan ons genoem dat een “tannie” die selfoon gevat het en vir n ander “tannie” gegee het. Dus was daar meer as een betrokke. Die winkel het ongelukkig nie kameras in daardie gedeelte van die winkel gehad nie. Ek het wel n foto van haar waar sy die winkel verlaat. Dit is nou ongelukkig net n foto van haar rug, alhoewel haar hare n unieke kenmerk is.

Eliza-beth ·

Sakkerollers en die tipe van mense is FLINK met die vingers so ek dink mense moet uiters versigtig wees. Sorg dat jou selfoon in ‘n sakkie wat met ‘n ritssluiter toemaak in jou handsak gebêre word en so ook jou beursie. Dit moet moeilik wees om dit net sommer te kan kry, hoe meer ritssluiters en dinge hoe moeiliker is dit vir die skelms en slaan die swerkaters sommer met ‘n blikkie ingemaakte kos oor die kop en maak groot lawaai. Meestal staan die sg veiligheispersoneel ook net rond by die ingang en is meer gepla oor inkopiesakke waarmee mens inkom wat toegeplak moet word as wat hul probeer om wakker te lyk. Dis nou maar ‘n feit soos ‘n koei, ons lewe in SA en moet maar ongelukkig wakker loop al die pad.

charmaine ·

Jy het feite maar jy was nie n slagoffer (Anton) en dis wat my kollega ons vertel het na die middel wat hulle spuit maak jou bedwlemd en agterna is jy siek dat jy hoofpyn het en opgooi. Bere maar die selfoon en kaarte in jou bra.

Charne ·

Net nou die aand sien ek ‘n program op TV in London waar twee mans by ‘n paar restaurante mense se aandag af trek en hulle fone wat op die tafels lê vat by meer as een restaurant. Die polisie DAARSO het al die beeldmateriaal bestudeer en kon die mans op spoor en arresteer en hul het 6 maande tronkstraf gekry. Hier in SA sal die polisie vir jou lag as jy ‘n saak daarvoor wil maak.

Belins ·

Tog met als wat gebeur leer mense nie…rits jou handsak toe en dra met ritsluiter aan die voorkant. So gaan jy virseker weet wanneer iemand dit van voor wil oopmaak….en ja loop of ry maar met n blikkie pepper spray in die hand…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.