Vroulike treindrywer en veiligheidswag aangeval

Thomina Mashiangako (Foto: UNTU)

Ontstoke pendelaars, wat ontevrede was met stadige Metrorail-treine, het vandeesweek in twee afsonderlike voorvalle in Gauteng twee enkelma’s van die vakbond Untu aangeval.

Sonja Carstens, woordvoerder van die United National Transport Union, het gesê die twee vroue leef elke dag in vrees vir hul lewe wanneer hulle vir die Passasierspooragentskap vir Suid-Afrika (Prasa), die operateur van Metrorail, werk.

“Ek sou vandag bedank het as ek ʼn ander inkomste gehad het. Dis baie erg om nie te weet of ek in die middag gaan terugkeer huis toe na my kinders (onderskeidelik 15 en drie jaar oud) nie,” het Thomina Mashiangsko (39), ʼn treindrywer, aan Steve Harris, algemene sekretaris van Untu, gesê.

Octavia Zondo (33), ʼn veiligheidsbeampte, het gesê haar ma bid daagliks dat sy veilig sal terugkom huis toe. “Ek is so bang om werk toe te gaan, maar as ek nie werk nie, sal daar niks vir my gesin op die tafel wees nie. Ek sorg vir my 13-jarige dogter, my ma en my klein sussie.”

Mashiangsko was Dinsdagaand met ʼn oorvol trein op ʼn roete van Johannesburg toe een van die pendelaars tussen die waens gestaan en een van die kabels gebreek het. Sy kon met die stukkende trein na Elandsfontein-stasie ry waar ʼn vroulike tegniese werker gewag het om die kabel te herstel. “Ek het by platform 2 stilgehou. Die pendelaars het besef iets is fout. Ek wou vir hulle verduidelik, maar hulle het my kajuit met klippe begin bestook. Die tegnikus het van die ander kant af by die kajuit ingeklim. Ons het vir meer as ʼn uur lank daar weggekruip en gehoor hoe die pendelaars die kajuit met klippe bestook en dreig om ons dood te maak. Ek het Beskermingsdienste ontbied, maar hulle het nooit opgedaag nie,” het sy verduidelik.

Sy wou selfs beeldmateriaal verfilm om die pendelaars af te skrik, maar dit het ook nie gehelp nie. Sy is al die afgelope 17 jaar lank ʼn treindrywer. Sy kan nie meer onthou hoeveel keer sy aangeval is nie.

Octavia Zondo (Foto: UNTU)

Zondo was ook op ʼn Johannesburg-roete toe die trein by Cleveland-stasie vasgeval het weens ʼn foutiewe sinjaalstelsel. Die pendelaars het die treindrywer se deur oopgeforseer en hom ernstig aangerand. Sy het uit die kajuit gevlug en na die N2 gehardloop waar sy ʼn uur lank vir Beskermingsdienste gewag het. “Ek was vreesbevange. Ek het nie geweet of ek verkrag gaan word en of ʼn motor my sou tref nie. Daar was nêrens anders waarheen ek kon gaan nie. Ek was só getraumatiseer, ek het nie ʼn stem gehad nie.” Dit is die derde keer wat Zondo, wat al drie jaar vir Prasa werk, aangeval is.

Harris het gesê Prasa het twee treindrywers en twee metrobeamptes Donderdag geskors toe hulle geweier het om sonder gewapende beskerming te werk. Untu het reeds ʼn dispuut verklaar teen Prasa by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie.

“Prasa het ʼn grondwetlike plig om toe te sien dat sy werknemers in ʼn veilige omgewing werk,” het Harris bygevoeg.

Hy het pendelaars daaraan herinner dat Prasa se werknemers, veral die treinbemanning, geen beheer het oor foutiewe infrastruktuur of treine wat tot vertragings lei nie. “Hulle is ma’s en pa’s wat vir hul families wil sorg en hul gemeenskappe dien. Hulle verdien medaljes, nie dreigemente en aanvalle nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

piper ·

totale anargie. ons is in n staat van oorlog. geen einde nie

Nico Strydom ·

Dagsê Oom Jaco
Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Vriendelike groete

Hanna Hoekom ·

Kom ons raai: al hierdie pendelaars het vir hul reis betaal? Die mentaliteit van hierdie bakhand-kultuur slaan my dronk. As hulle nie ambulanse aanval nie, dan is dit treine of onskuldige motoriste. Sekere mense kan jy uit die bos haal, maar die bos uit hulle NOOIT!

Sputnik ·

“Rei” is maar net ‘n spelfout. Sedert Eksdom nie meer krag voorsien nie “roei” hulle nou die treine. In ander gevalle word die treine sommer “uitgeroei”. Lekker man, lekker!

Jerry ·

Enige persoon wat anargistiese gemeenskappe dien moet beveilig word. Verlede jaar het n trein oppad na pta stasie gaan staan. Die vroulike treindrywer het aan die pendelaars gese dat dit lank gaan vat voordat die probleem reggestel kan word en dat sy gaan onttrek om haar kinders te gaan haal. Die pendelaars het haar gegryp en in die bosse ingesleep en met klippe doodgeslaan. Daarna moes elke pendelaar n klip optel en die lyk daarmee gooi sodat almal aandadig is en niemand dit dus sou waag om iets te se nie. Die SAPD het geen arrestasies gemaak nie, want hoe arresteer jy n hele gemeenskap! Na die insident het Prasa treindienste vanaf die noorde na pta vir ses maande opgeskort. Die pendelaars was hoofsaaklik sekuriteitswagte, casual workers, tuiniers en administratiewe beamptes. Massa deelname en aandadigheid aan die misdadigheid van Jungle justice wraak en bundu howe was maar nog altyd deel van hierdie gemeenskappe se leefwyse en dit gaan beslis nie verander nie. Dit kan enige oomblik en enige plek gebeur. Dit vat net een van hulle om onverdraagsaam te raak en iemand te beskuldig, dan raak almal onverdraagsaam en begin almal daardie persoon te beskuldig. Wanneer een begin klipgooi, dan gooi almal klip. Dit is kompleet asof almal in een of ander trans ingaan en wanneer dit uiteindelik stop, dan tree hulle op asof niks gebeur het nie! Dit is na aanleiding van hierdie treindrywer se dood dat Harris van Prasa daarop aandring dat treindrywers gewapende beveiliging moet he!

Eddy ·

So n voorval het al gebeur in Pretoria.Persoonlik sou ek nie verkies n vrou moet treindrywer wees nie.Kyk waaraan is sy nou bloot gestel.Die ongeleerde massas moet ook verstaan jy kan nie jou frustrasie uithaal op n onskuldige werker nie.

Diefie ·

Enige verskoning om af te breek en te moor. Ai hoe verlang ek nou na die goeie ou spoorweg en sy spoorwegpolisiemanne, toe respek nog aan die orde van die dag was.

Hartseer ·

n Paar Klappe – jy kan maklik praat oor die poskantoor toonbanke. my outboet werk al 35 jaar vir die poskantoor. Poskantoor gee net nie personeel vir hulle mense nie. My outboet is n posmeester maar het so n personeel te kort dat hy by die toonbank werk. hy begin 6 uur in die oggend tot laat in die aand. Tussen 9uur en waneer hulle toemaak is hy by die toonbank en daarna in sy kantoor tot wie weet hoe laat, om sy admin af te handel. hulle moet elke dag en maand n target bereik en as hy dit nie doen is daar dood eenvouding nie n selaris vir hom nie. hy was verelede jaar vir 2 weke opgeneem in die hospitaal vir depressie waar hy hom self wou doodskiet by die werk oor die druk so erg is. so gaan staan jy agter daai toonbank dan sien of of jy nog dieselfde meening sal he. Hy was al geskors gewees om n klant beweer het hy het nie “haar” kelingeld vir haar gegee nie.

Sarel ·

Vanmore wil ek vir die twee vroue se dat ek baie simpatie met hulle het, hulle moet dus maar mooi dink waar hulle hul kruisies gaan trek met die verkiesing, dinge gaan nog erger word.
Met versigtigheid se ek die volgende, indien julle ooit gestaak, getoitoi en vernietig het of net aan so n optrede ondersteuning gebied het wil ek se, kry vir julle want dit is julle maaksel. Ek hoop my laaste stelling en moontlike aanname is foutief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.