Vrydagaand is ligte uit

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Rebecca Peterson / Unsplash)

Eskom het Vrydag aangekondig dat fase 2-beurtkrag weer tussen 17:00 en 22:00 ingestel sal word weens die voortgesette druk waaronder die kragnetwerk verkeer.

“Die tekort aan opwekkingskapasiteit gedurende spitstye vereis die instelling van fase 2-beurtkrag. Verskeie opwekkingseenhede sal na verwagting vanmiddag en oor die naweek weer in werking wees,” het Eskom kort gelede gesê.

Volgens Eskom is vyf opwekkingseenhede – onderskeidelik by die Majuba-, Tutuka-, Grootvlei-, Kriel- en Matimba-kragsentrale – weer in werking, maar is dit nie voldoende om beurtkrag af te weer nie.

Vyf opwekkingseenhede by die Kriel-, Kusile-, Majuba-, Camden- en Matla-kragsentrale is boonop ook nie beskikbaar nie nadat dit óf uitgeskop het óf vir herstelwerk afgeskakel is.

Een opwekkingseenheid by die Kusile-kragsentrale behoort teen vanmiddag weer operasioneel te wees.

Minstens 2 094 MW word aan beplande instandhouding afgestaan, terwyl nog 16 305 MW kapasiteit weens ander probleme nie beskikbaar is nie.

“Die aanbreek van die winter bring ʼn groter vraag na elektrisiteit mee, wat deurlopend tot kapasiteitsbeperkings sal lei – veral tydens piektye soggens (05:00 tot 09:00), laatmiddag en saans (16:00 tot 22:00).

Eskom sê hy moniteer die kragnetwerk voortdurend met die doel om beurtkrag daarvolgens aan te pas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Burgermeester ·

My mens, my kind, my kroon … dit gaan ‘n donker en koue winter wees hier op die vlaktes duskant Hebron.

Jr ·

Bulldust, een of ander tyd sal ” Eish iss brokken” aankondig “Eish is brokkin APOLOGIZES AND IS SORRY FOR THE INCONVENIENCE, but loadshedding is escalated to stage 4 until Monday 05h00 to build up reserves. Merk my woorde

Waarnemer ·

So keelvol vir al die verskonings.Cyril waarom erken jy nou nie maar eens en vir altyd dat jy en jou trawante besig is om Eskom so te saboteer dat julle n nuwe kragreus in werking kan stel nie.Fie storie van al die eenhede wat breek raak nou regtig afgesaag.

Manie ·

Geen probleem nie, lekker hardekool vuur, skaapribbetjie en rooiwyn en die onderbreking is gou gou om.

Perdeby ·

Ons weet dit mos almal teen die tyd dat van Maandag tot Vrydag vanaf 17:00 – 22:00 is loadshedding.

Papsak ·

Ja ek stem eskom raak nou regtig afgesaag met sy loadshedding

Genis ·

Mens is keelvol vir die klomp onkundige mense, dis n skande.. Nou nie of mens minder betaal vir die gelag nie… Maar Eishkom toe…

Samuel ·

Teen hierdie tyd behoort alle SA’ners te weet ons het nie meer ‘n kragvoorsiener nie. Ons moet iemand kry wat by die voorvadergeeste kan gaan hoor hoelank die beurtkrag nog moet aanhou. Dan kan ons begin beplan. Ek is heel sinies oor die regruk van ESKOM.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.