Vryheid-botsing eis 6

Argieffoto

Argieffoto

Ses mense is Sondagaand dood en 11 beseer tydens ’n ongeluk naby Vryheid in KwaZulu-Natal.

“Die ongeluk het op die Nongoma-pad plaasgevind,” het Robert McKenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, gesê.

“Die bestuurder van ʼn bakkie het beheer oor die voertuig verloor waarna dit omgeslaan het. Ses mense het in die botsing omgekom.”

Paramedici het 11 mense op die toneel behandel, waarna hulle na verskeie hospitale geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit is vir my eienaardig hoe ” die ander ” daarmee wegkom om mense op n oop bakkie te vervoer maar ek is al gestop en gewaarsku toe ek vier van my plaaswerkers aan die einde van die maand dorptoe vervoer het sodat hul inkopies kan gaan doen.

ig ·

Want Gerhard, daar is nie een of ander amptenaar wat n aandeel in jou voertuig het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.