Vryheid-plaasaanval: Verdagte dood in sel aangetref

Billy van Rooyen en sy vrou, Karlien. Foto: Facebook

Billy van Rooyen en sy vrou, Karlien. Foto: Facebook

ʼn Verdagte wat in hegtenis geneem is vir die moord op Billy van Rooyen (37) en sy skoonpa, Ronnie Lombard (62), is dood in sy sel in die Vryheid-polisiestasie aangetref. Van Rooyen en Lombard is in April tydens ʼn aanval op hul plaas naby Vryheid, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

Maj. Shooz Magudulela, woordvoerder van die polisie, het gesê Bongani Miya (36) is Donderdag in hegtenis geneem in verband met die moord op Van Rooyen en Lombard en sou Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn. Ure na sy inhegtenisneming het die polisie hom egter dood aangetref waar hy van die dak van die toilethokkie in die polisiestasie gehang het. Miya het vermoedelik ʼn bedlaken gebruik om homself te hang.

Magudulela het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen.

Maroela Media het vroeër berig Van Rooyen en Lombard is dood nadat hulle deur 12 verdagtes op die familie se plaas in die Swart Umfolozi-distrik, naby Gluckstadt, oorval en geskiet is. Billy se pa, Lood van Rooyen (76), is ook in die aanval beseer. Die verdagtes het met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug.

Menzi Nsele (33) is ongeveer ʼn week later in verband met die voorval in hegtenis geneem en het op 28 April in die hof verskyn. Hy is glo steeds in polisie-aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Gesiggie ·

Hierdie man kon seker nie hanteer wat vir hom gewag het? want hierdie sou n lang hofsaak wees, en jare se tronk straf”’ seker maar beter vir hom gewees…Nou is sy vriend Menzi nog daar… hoop hierdie saak word vinnig opgeklaar.. sodat die Familie berusting kan kry…

Ivan ·

n’Mens mag jou nie verlekker in n’ander se dood nie, maar in hierdie geval dink ek het die Tokkolossie by hom gedraai, en toe bejorts hy hom self, en laat dit n les wees vir die ander.
Die voorvader geeste gaan julle kom haal. Eishh. . . .

Antoinette ·

Ivan, ek dink die voorvader geeste slaap rustig. Hulle roep hulle net wakker vir sokker voorspellings.

Anoniem ·

Kaspaas…Nog die beste kommentaar wat ek nog ooit gelees het…As almal maar net nog daarin wou glo!!!!!!

Suzette ·

Verskoon my vreeslik baie. Van wanneer af het tronkselle bedlakens. Hulle is veronderstel om alle goed weg te neem waarmee daar selfmoord gepleeg kan word. Pasop dat die ander een nie ook “verdwyn” nie.

Riana ·

wens almal wil hulle sommer die doodstraf sommer self gee dan sal hulle minder moor.
maar kaspaas jy het dit baie mooi gese so dalk doen almal dit van nou af en volg hom.

Andre ·

Hy mag dalk nou die tronk vrygespring het, maar hy gaan nogsteeds by die Hemelse Regter moet verantwoording doen.

Theuns ·

Die man het dieselde mentaliteit as ‘n selfmoord bom planter. Die verskil is die bom is die tou wat hy by die polisie man gekry het. Die ontsteker was seker in sy kop!

Amelia ·

So bly die polisie doen hul werk!!!!!!! Vang die ander en gee hul almal lakens.

louise ·

Goed so – hoop die ander meneer die moordenaar se gewete hang hom met twee lakens. Dit hou net nie op nie — agge nee ons is gatvol vir hierdie goed wat se hulle mag doen wat hulle wil en vat wat hulle wil —— die tyd gaan uitloop.

christine ·

Louise regstelende aksies word in die nag gebruik. Als negatief word nie geplaas nie. Veral as dit die waarheid is nie

christine ·

Sel laken se allie kry net sel kombers. Hierdie een wou seker nie se waar die beduiende bedrag weggesteek is nie.

Lourens ·

Ek mag verkeerd wees maar dit ruik na muishond. Hierdie ouens het n royal lewe in die tronk op ons onkoste. Ek vermoed eerder die apie kon dalk n vinger wys na iemand agter die skerms wat nie gesien wil word nie. Net so bietjie los draaitjies bymekaar maak. Selfmoord is n goeie uitweg.

Suzette ·

Het gister al gese iets is verkeerd. Iets rym nie baie lekker hier nie…………… Komaan dink net, van wanneer af kry gevangenisse bedlakens in selle???????????????

Johannes Meintjes ·

Intussen is die betrokke boere reeds doodgemaak … Nou wonder ek of die voorneme om plaasmoorde as prioriteitsmisdaad te ondersoek na die voortsetting van moorde in opdrag sal plaasvind of bedoel is om voorkomend te wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.