Vryheid se krane is leeg

Bloemvelddam in Vryheid (Januarie 2016) Foto: Karl Kohlmeyer (Verskaf aan Maroela Media)

Bloemvelddam in Vryheid (Januarie 2016) Foto: Karl Kohlmeyer (Verskaf aan Maroela Media)

Daar is nie meer enige water in die krane in Vryheid, een van KwaZulu-Natal se grootste dorpe, nie. Inwoners word deur watertenks van water voorsien.

Arnold Ramodibe, woordvoerder van die Abaqulusi plaaslike munisipaliteit, het Vrydag gesê dat water nie meer van enige van die dorp se damme, die Klipfontein-dam of die Bloemvelddam getap kan word nie, aangesien die watervlakke te laag is. “Die krane is droog. Daar is geen water nie,” het Ramodibe gesê.

Die Klipfonteindam se watervlak is minder as 18% en die Bloemvelddam is ongeveer 5% vol.

Hy het gesê die munisipaliteit het groot tenks op strategiese plekke opgerig en dit word opgevul deur water van die Hlobane-dam, ongeveer 30 km daarvandaan. Dié dam is slegs klein bietjie meer as 60% vol.

Ramodibe het gesê dit is nog te vroeg om te sê of die reënval wat hulle vroeër vandeesweek gehad het, enige effek op die damme gaan hê. Hy het gesê dit wil voorkom of die reën nie dadelik enige impak op damvlakke het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Vra maar net ·

Kan die waterkrane wat in die informele setting wat dag en nag oop is nie toegedraai word nie?

Suzaan Oltmann ·

Nee, want daar is selfs geen water vir informele nedersettings nie. Een van ons informele nedersettings, uitbreiding 13, het al vir 7 dae geen water nie. Alle mense in en om die dorp is geraak.

Suzaan Oltmann ·

Dis bog dat daar reeds watertenks opgerig is. Daar is water by die NG Klipkerk beskikbaar waar weldoeners van regoor SA water kan aflaai in tenks wat deur private mense geborg is. Dan is daar slegs een boorgat op ‘n ander plek waar water beskikbaar. Die munisipaliteit daag nie vir waterkrisisvergaderings in Ulundi op nie en as gevolg daarvan kan Vryheid R3.5 miljoen se droogtehulp verloor. AbaQulusi is ‘n grap wat afgelag moet word. Gelukkig is die NG Kerk in die middel van Kerkstraat ‘n baken van hoop vir wit en swart wat saamstaan en water uitdeel aan enige persoon wat dit nodig het. Ek weet want ek bly in Vryheid.

Andre ·

Absolute snert, daar was vandag in Ulundi ;n vergadering gewees oor die water krisis, Abaqulusi het verlede week klaarblyk aansoek gedoen vir droogte hulp en het blykbaar ‘n toewysing van 3,5 miljoen gekry. Vandag het Vryheid se ANC beheerde munisipaliteit geskitter in hul afwesigheid waar ;n vergadering gereel was. Die grootgewaaght dam is vol en die voerlyn a die waterwerke is herstel en stakende munisipale werkers hou die hele dorp dors omdat hulle nie die kleppe wil oop maak nie

katinka ·

Die Vryheid Herald het aangedui dat grootgewacht dam oor 90% vol is, maar ons moet sukkel om water te kry. Hoekom doen hul nie iets om daai water by die inwoners uit te kry nie? Daar is heelwat mense wat jojo tenks en boorgate het, maar as daar nie ordentlike reen val op die regte plek nie gaan daai water ook nie lank hou nie. Abaqulusi het baie probleme. 6 maande terug het ons 32 uur sonder krag gesit en nou die krises…

johan ·

Dis so onwaar!!! Van ons wat veral in die hoogste deel van die dorp bly is al langer as 2weke sonder water…die munisipaliteit gee nie eens ‘n duim om oor sy inwoners nie….

Gerrie Brits ·

Ek woon net buite Vryheid en het nog nooit van munisipale water gebruik gemaak nie (dankie tog!) want ons het ons eie. Hier is dit ook skraps, maar ons het darem nog! Die ironie vir my is hoe baie mense nou oor die Abaqulusi munisipaliteit kla (met reg!), maar toe die vorige plaaslike verkiesing plaasgevind het, het ek orals gehoor “Nee, ek stem nie; dit help tog niks!” Wel, hier sit ons nou met ‘n ANC meerderheids-stadsraad wat absoluut disfunksioneel, ontoerekenbaar en arrogant is……jy kry die owerheid wat jy verdien!

Sune van Heerden ·

Dagsê Michiel

Ons vra om verskoning vir dié lelike fout wat ongesiens verbygegaan het. Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sarie van Heerden ·

Ons sien daagliks op televisie hoe daar in agtergeblewe gebiede plasse en plasse watter onder lopende waterkrane is sonder dat dit opgevang word. Inwoners moet opgevoed word om op te pas wat hul ontvang. Omdat water uit krane kom beteken nie dat daar vandaan dit kom nog baie is nie.

Jaco Grobler ·

Ai Sarie,
Kom ek vertel jou van ‘n tank wat ek wou regmaak omdat dit lek, dit word een keer ‘n week volgemaak, ek kon toe nie want ek kon nie toestemming kry om dit tydelik te verwyder nie, maar terwyl ek daar rondhang sien ek hoe die mense in rye water staan en water tap, daar mors so biedjies biedjies soos hulle kanne wissel, maar ‘n koppie ‘n slag op die meeste, hulle gooi vinnag en maak nie die klep toe nie, want dit loop aanhoudend deur die kraak in die boom, hulle kan kies, hulle gooi vinnag en mors, of dit loop alles onder uit. Later die week ry ek deur ‘n spogbuurt waar die gras natgemaak word dat dit in die pad af loop. ‘Almal’ mors, en party meer as ander, stop en help reg, baie mense weet nie van beter nie, ander voel egter net ‘n veer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.