Vryheid se munisipale water nie veilig  

kraan-water-glas

Foto: Arcaion/Pixabay.com

Die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid het inwoners van Vryheid en omliggende gebiede gemaan om net gebottelde water of water wat gedisinfekteer is te drink.

Dit volg nadat tientalle mense die afgelope ruk met diarree in die Vryheid-hospitaal opgeneem is.

Volgens die departement is minstens 54 pasiënte tussen 22 en 24 Maart vir diarree behandel. Die pasiënte was van Bhekuzulu, Lakeside en Vryheid.

“Die Abaqulusi-distriksmunisipaliteit is onder administrasie geplaas ná seker ongerymdhede, onder meer omdat hulle nie daarin geslaag het om water wat veilig is vir menslike gebruik te waarborg nie.”

Die departement het gesê ʼn verdere ses pasiënte is op 26 Maart met diarree in die hospitaal opgeneem. Daar is intussen watermonsters geneem vir die nodige toetse.

Inwoners word intussen aangeraai om net gebottelde water te gebruik of water eers te disinfekteer. Die departement het inwoners versoek om water te kook voor gebruik, rou kos slegs met skoon, behandelde of kookwater te was en hul hande te was voordat hulle eet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie ·

As ‘n septiese party die mislike paliteit bestuur wat verwag jy?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.