Vryheidsdagtoespraak: ‘Steek hand in eie boesem, Ramaphosa’

(Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag in sy toespraak vir Vryheidsdag weereens die ongelykheid tussen verskeie groepe in die land aangeraak. Hy het veral vinger gewys na gegoede Suid-Afrikaners wat tydens die algehele afsondering toegang het tot privaat mediese sorg en aanlyn leergeleenthede vir hul kinders. Dít ten koste van armes, sê die president.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê hy stem saam met die president dat armoede en ongelykheid ’n groot probleem in Suid-Afrika is. Hy meen egter dié kwessies moet voor die deur van die regerende party en dié se tekortkominge vóór die pandemie gelê word.

Luidens die president se toespraak word die stryd teen armoede en ongelykheid veral nou skerp in fokus gebring te midde van die uitbreek van Covid-19 in Suid-Afrika. “Die koronavirus-pandemie dwing ons om hierdie werklikheid te konfronteer. Hoewel ons beslis dieselfde gety aandurf, word ons nie op dieselfde manier deur hierdie pandemie beïnvloed nie.

“Sommige mense kon die algehele landwye afsondering in ’n gemaklike huis deurbring met ’n yskas vol voorraad, met privaat mediese sorg en aanlyn leergeleenthede vir hul kinders. Vir miljoene ander was dit ’n maand van ellende, van broodwinners wat nie werk nie, gesinne wat sukkel om te oorleef en kinders wat bed toe gaan en honger wakker word,” het Ramaphosa gesê.

Ramaphosa het ook in sy toespraak gesê dat die maatskaplike verligting gedurende die afsonderingstydperk nie net kwesbares in dié tyd moet bystaan nie, maar ook poog om die ongelykheid in die samelewing aan te pak.

“Die lesse wat ons leer, gaan nie net oor die noodsaaklikheid van sosiale afstand, behoorlike handewas en infeksiebeheer nie. Dit gaan ook oor die vraag of ons die vermoë het om hierdie krisis te omskep in ’n geleentheid om te belê in ’n nuwe samelewing, ’n nuwe bewussyn en ’n nuwe ekonomie. In hierdie nuwe samelewing kan die bevoorregtes nie bekostig om hul oë te sluit vir die nood van die armes en snags rustig slaap nie. Dit is die tyd om aktief daaraan te werk om ’n regverdige land te bou in die Suid-Afrika wat ons almal wil hê en waar geen man, vrou of kind sal honger ly nie, want hulle het die middele om ’n inkomste te verdien,” lui die toespraak.

flip-buys-2017-11-01-featured

Flip Buys, voorsitter van die Solidartiteit Beweging. (Foto: René Roux.)

Volgens Buys gaan slegs ekonomiese groei die land se armoede oplos. Dit is egter hier waar die ANC misluk. Buys wys daarop dat Suid-Afrika voor die Covid-19-pandemie reeds ’n rekordhoë werkloosheidsyfer gehad het en dat Suid-Afrika se afgradering deur Moody’s nie weens die koronavirus gebeur het nie.

Volgens Buys was boonop slegs een van die land se 715 staatsondernemings verlede jaar winsgewend.

“Ons begrotingstekort het kommerwekkend gegroei en ons belasting vir die middelklas is van die hoogste ter wêreld. Ons is ook die land met van die skerpste herverdeling. Die koronavirus meet nie die tragedie van ongelykheid nie, maar eerder die tragedie van die ANC se regering,” verduidelik Buys.

Buys meen dat Ramaphosa nie ongelykheid vir die land se tekortkominge moet beskuldig nie, maar eerder hand in eie boesem steek. “Suid-Afrika het agteruitgegaan. Die agteruitgang het gebeur voor die koronavirus. Die virus het dit net blootgelê,” meen Buys.

Hy wys daarop dat Suid-Afrika onder die bewind van die ANC afsteek vergeleke met ander Afrikalande soos Botswana, Ghana, Ethiopië, Rwanda en Mauritius. “Mauritius se inkomste per kop was 25 jaar gelede die helfte van Suid-Afrika se inkomste per kop. Nou is Suid-Afrika se inkomste per kop die helfte van dié van Mauritius.”

Volgens Buys moet die regering besef dat die klem daarop moet wees om armoede te verlig deur ekonomiese groei. “Die regering moet arm mense ryker maak – nie ryk mense, en hiermee bedoel ek die middelklas, armer maak nie.”

Hy verduidelik dat die land nie die stimuluspakket van R500 miljard kan bekostig nie en op die private sektor gaan moet staatmaak om die land finansieel te dra. Daar word egter min gedoen om beleggers gerus te stel, aangesien diegene wat skuldig is aan staatskaping steeds nie vervolg word nie. “Die regsorde is een van die eerste aanduiders of iemand belê of nie. Voordat daar nie teen  staatskapers opgetree word nie, gaan niemand belê nie.”

Buys verduidelik egter dat dit goed sal wees indien die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) gaan ingryp, aangesien daar dan sekere voorwaardes aan Suid-Afrika gestel gaan word. Die voorwaardes sal moontlik behels dat openbare ondernemings nie meer geld van die staat kry nie en dat staatskapers eindelik aan die pen ry.

“Die IMF sal die regering dwing om moeilike besluite te neem,” verduidelik Buys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Henk ·

????…?? “ryk” mense se geleentheid om aanlyn te leer is ten koste van arm mense. Hoe kom hy daarby uit? Nee mnr die president. As ek aanlyn leer is dit tot voordeel van myself en NIE ten koste van enige iemand anders nie. Die regering van die dag se geploeter is ten koste van arm mense. Maar hulle verkies dit seker so.

Gert ·

‘n Baie goeie opsomming van die werklikheid deur Flip Buys. ‘n Mens wil ween as jy dink aan álles wat die ANC tot hulle beskikking gehad om hierdie land ‘n spog land in die wêreld te maak. Maar helaas, daardie geleenthede is vir ewig verby. Wanbestuur, korrupsie, luiheid, eiewaan, so kan ek aangaan tot sonsopkoms môre. My land is ‘n ashoop.

Yvonne ·

Gert dit is so die waarheid en nou is dit weer die “blame game” wat gespeel word….geen self ondersoek nie

Nie Verbaas ·

Stem 100% saam meet Flip Buys. ANC het alles verwoes en Corona virus het dit net uitgelig. Verstaan ook nie die aanlyn leer ten koste van armes nie.

Jr ·

Waneer Syrypy Cyril sulke aantuigings maak weet sy ” compatriots ” van wie hy praat. Hy hoef nie wit mense te sê. Hy steek hulle op. Vryheid mmmpppfffhhh. Hang af wie jy is. Steek my hand in my eie boesem vir my eie mense. Julle cANCer het my so gemaak

Pieter ·

Omdat die regering my as wit persoon haat soos die Nazi’s vir die Jode en hul dienste gelewer betaal vanuit my belastingbydraes baie swak is, moet ek self ‘n plan maak om te oorleef. Die Bybel sê self dat jy jou brood sal verdien in die sweet van jou aangesig. Die wat stem vir swart sosialisme/kommunisme is dié wat te sleg en lui is om vir hulself te werk. Daar is reeds jou ongelykheid. Die ANC wil eerder almal arm hê as almal ryk, terwyl hulself skep sonder vervolging. Ramphosa is self so ryk, hy kan baie mense oornag miljoenêrs maak. Wat soek hy met so baie geld?

Deon ·

Hy kon ook n lekker stywe skenkings maak, maar hy het nie… Lee woorde

Michael 1 ·

Ramaposa het sy geld gemaak deur Lohnmin se bee vernoot te word en niks is voor gewerk nie

JohanR ·

Dink maar net Mnr Ramaphosa wat in die laaste 25 jaar kon bereik gewees het as die ANC nie hulle hande, pens en pootjies, in baie boesems, beursies en koekie houers gedruk het nie. Ons dink maar aan ou Ace Magashule waar hy daar in die Vrystaat op ‘n maanlig aand by die plaas hek staan en R80000 ontvang. Is hy tronk toe…..nee en nooit! ANC’s gaan moes nie tronk toe nie……hulle word sekretaris-generaal van die ANC! Ek gee my corona-virus hulp aan Solidariteit, want ek weet dit sal eerstens reg gebruik word, en dit sal regverdig gebruik word. Oppenheimer en Rupert waar is julle R2 biljoen? Dit word uitgedeel…..35% swart, 25% bruin en 15% wit, en 25% ANC se kant toe. Hoop dit is nie die geval nie. Ek bly hoopvol, maar met die ANC sal ek altyd ‘n skeptic wees!

Eerlik ·

Mr Buys, dankie vir jou logiese denke, dis n rare verskynsel in ons land. SA was n spog land wat in n kwessie van n paar jaar heeltemal verwoes is. Alles is net gevat, niemand wat net oorgevat het, het gewerk om n Eskom, SABC, Telkom, SAL ens. van die grond af te bou tot die sukses wat dit eens was nie. Dit word nou net in die grond in bestuur en afgebreek. Armoede en werkloosheid was nooit so drasties soos die afgelope dekade nie. Almal wat huise moes kry wag steeds vir 25 jaar daarvoor, waarheen is daardie begroting wat uit belasting betalers se sakke gekom het? Mense word gemotiveer om meer en meer kinders te kry deur toelae, kan die land n groter populasie en verdere armoede bekostig? Ons betaal n massiewe lot belasting elke maand en niks word vir ons mense gedoen nie. Ek dink die ANC moet begin salarisse van ministers en hoog geplaastes nagaan en hulle moet dalk meer belas word.

Boerkind ·

Die heilige waarheid… maar CR verstaan nie iets wat nie in kommunisties geskryf is nie! Hoe het hyself ‘n multi-biljoenêr binne 25 jaar geword? En hy van alle mense praat van ongelykheid??

Debbie ·

Dit is hartseer dat die regering en politici in die krisis waarin Suid-Afrika ons bevind, om nog steeds die politieke kaart te speel. Ons as land moet nou saamwerk, nie politiek gebruik om haat en verdeeldheid te saai nie. Ons moet mekaar help.

Kobus ·

Ek is nie juis slim nie.Die ANC het in 26 jaar slegs beloftes gemaak.Ons agbare president was vir hoeveel jaar aan JZ se sy as adjunk.Nou is hy “verbaas” en “geskok” oor al die korrupsie.Nee agbare president,u en u voorgangers het die land soos ‘n stam (tribe) bestuur,maw,die hoofde kry alles,moet eers in weelde leef en die onderdane moet maar geduldig wag.Al die plakkers het sekerlik huisvesting en werk gehad,maar beloftes van huise ens het hulle laat trek na die stede.Kyk bietjie hoeveel DSTV skottels is daar in die plakkerskampe.Swart studente kry voorkeur by universiteite en wat doen hulle daarmee? Brand en verwoes.Wie se skuld is dit? Wie is altyd eerste om hulp te verleen tydens rampe? Blankes meneer.Weet u hoeveel arm blankes is daar wat moes plek maak vir swart mense?Wat het tot dusver vermag vandat u president geword het? Kommissie op kommissie aangestel.Dis al

Frank ·

Ai, en dans daar die mense op FB wat onse president so ophemel, lyk kamstig so moeg. So kort geheue…

Hennie ·

So ek is gemiddeld geskoold en saam het ek en vroutjie besluit om slegs 2 kinders te hê. Hoekom? Sodat ons hulle kon bekostig en sodat ons vir ‘n n goeie voorspring wou gee. Ek het NIE nog 10 kinders by ander vroue nie. Ek het hard gewerk, foute gemaak, alles 3 keer in my lewe verloor en weer voor begin. Armoede is ‘n mindset gegrond in ‘n diep donker kultuur van “kan nie vooruit dink nie”. Ek kry hulle nie amper jammer nie, dit help in elk geval niks!

Michael 1 ·

ware woorde deur n person wat vir my klink na n baie intelegente man

Ronel ·

President kan maklik praat hy lewe vanaf sy ryksmans plaas se inkomste. Die mense wat privaat mediese het betaal daarvoor. Niks is verniet. ANC kan meer uithaal en minder hatig wees op ander. Nie eers in moeilike omstandigehede kan hulle saam staan. Hulle het Suid Afrika verwoes nie die blankes.

Boerkind ·

Jy is reg Ronel. Wat die arme gepeupel wat CR so ophemel en aanhang nie besef nie is dat uiteindelik ly almal onder die ANC se bewind.

Eerlik ·

Nie een van daai hoog geplaastes sal in n staats hospitaal gaan lê nie, ons betaal hulle mediese fondse ook. Vinnig om vingers te wys.

capie ·

As die virus die land 30 jaar terug getref het sou daar nie soveel honger mense gewees het nie. Toe het baie meer werk gehad en die gesondheid stelsel was straatblokke beter

Christa ·

Dankie Flip die ANC het hierdie Pragtige Land in die gemors gedompel

Snowball ·

Ek sien hoe word Cyril Ramaphosa deesdae opgehemel en ek onthou hoe verskriklik verbaas hy was oor Eskom se ondergang, Zuma se korrupsie en nou word hy weer opnuut so pynlik bewus van die armoede in SA. In die nege verlore jare met hom as visie-president was hy moontlik die oningeligste politikus in SA. Waar bly die man dan dat hy so min raaksien, behalwe as dit hom soos ‘n hamer op die neus piets?
Hy kon nietemin in sy tyd as politikus fluks werk aan sy eie ’empire’…
Mag ons dan ook, soos hy sê – enige een wat nou internet het, in ‘n gemaklike huis bly, ‘n plaas besit en yskaste vol voorraad het (net soos die geagte president) tydens die afsondering, dat hy dit ook doen ten koste van die armes?

Michael 1 ·

Beplaning en dit begin by hoeveel kinder jy voor kan sorg.

Yvonne ·

Soms herinner die president my aan Pontius Pilatus….hy wil in goeie boekies bly by die Anc ondersteuners ten koste van die land….ek hoop ek is verkeerd

Jr ·

Nee Yvonne 110% reg dame. Hulle fout is hulle dink hulle praat met dom mense

Alleen Wolf ·

Mnr Ramaphosa, ek wil net die volgende onder jou aandag bring, ek het slegs standerd 8 op skool geslaag omdat my ouers dit nie kon bekostig om my langer op skool te hou en verder te laat leer nie maar ek het die beste van geleenthede wat my kant toe gekom het gemaak. Die destydse grensoorlog en weermag het ook nog ‘n bydrae gemaak om dinge vir ons moeilik te maak.
Ek was in persoon in 1998 gelikwideer a.g.v. van ‘n slegte besigheids besluit, en het met niks anderkant uitgeloop nie, sonder werk, sonder inkomste, maar ek het nie gaan lê nie, ek het opgestaan soos soveel ander van my blanke landsgenote en aangegaan en vandag het ek ‘n vol yskas, vol koskas en ‘n gerieflike woning waarvoor ek hard gewerk het en trots op is.
WAT HET DIE ANC EN JOU PEOPLE GEDOEN IN DIE SELFDE TYD, DIE STAATSKAS EN ENTITEITE GEPLUNDER EN AGTER BEEE GESKUIL EN STEEDS NIKS BEREIK NIE, LEEF IN DIE HAGLIKE OMSTANDIGHEDE WEENS HULLE EIE TOEDOEN, SKANDE!

Sarel ·

Eerstens sy Regering se BEE program. Tweede s is fit sy Regering se ig om ORDENTLIKE MEDIESE DIENSTE aan armes te lewer. Iets wat hulle in tekortskiet maar soos gewoonlik is dit ander man se skuld. Hoekom maaal die Parlementariers nie gebruik van Staatsgesondheid nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.