Vrystaat-bejaarde met kopskoot vermoor

Ounooi Badenhorst. Foto: Facebook

Ounooi Badenhorst. Foto: Facebook

Ounooi Badenhorst, ʼn 77-jarige inwoner van Smithfield in die Vrystaat, is Maandagoggend dood in haar huis gevind. Sy is in die kop geskiet.

Sers. Yanga Ngcukana, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê Badenhorst se vriende het onraad vermoed toe hulle sien haar huis se buiteligte brand en een van die vensters is gebreek. Die polisie is ontbied en hulle het Badenhorst se liggaam in die sitkamer aangetref.

“Sy het ʼn koeëlwond in haar voorkop gehad. Dit wil voorkom of sy van naby geskiet is,” het Ngcukana gesê.

Volgens Ngcukana is Badenhorst tussen Saterdag en Maandagoggend doodgeskiet. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word.

Badenhorst se pistool en ʼn plasmatelevisie word vermis. Dit is nog nie duidelik of enigiets anders uit die huis weg is nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ria Maritz ·

As ek so na haar fototjie kyk, mens kan sommer sien sy was ‘n sonstraal-mens ! Geen wonder sy was geliefd onder die mense nie.

Tot dusver, vermoor vir ‘n pistool en plasma televisiestel (tot verdere ondersoek gedoen is) – IS DIT NIE OM VAN TE HUIL SONDER OPHOU NIE ! Geen, maar geen aardse besitting kan ooit ‘n mense lewe vervang nie.

RUS SAG OUNOOI (en dit kom uit my hart en met volle respek aan haar gevorderde ouderdom).

Jasper ·

Wat van Kapers of Kapertjies.
Hierdie dade word stilwyend deur die regering goedgekeur want dit is deel van hulle plan.

Peter Says ·

Hoeveel nog…Hoeveel ???????????????????????????????????????

Shannon ·

In ander blink nuus, ek sien die VF+ groei van krag tot krag. Dis ons enigste hoop – “`n man wie namens ons praat”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.