Vrystaat-bejaarde se lyk gevind; vermoedelik versmoor

Argieffoto Foto: enca.com

Argieffoto Foto: enca.com

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn bejaarde vrou Dinsdag in haar huis in Riebeeckstad naby Welkom in die Vrystaat, gevind is nie.

Kapt. Steven Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam van Sophie Gehring (72) is Dinsdagaand gevind met ʼn plastieksak oor haar kop getrek. Haar hande en voete was vasgebind en daar was sigbare beserings aan haar kop en gesig.

“Ons vermoed sover dat sy versmoor is, maar ʼn nadoodse ondersoek sal die presiese oorsaak van dood bepaal,” het Thakeng gesê. Hy het gesê twee selfone word uit Gehring se huis vermis, maar daar was geen duidelike tekens van inbraak nie.

Volgens Thakeng het Gehring alleen in die huis in Florastraat gewoon. “Bejaardes moet eerder nie alleen bly nie, omdat hulle baie weerloos en maklike teikens vir misdadigers is,” het Thakeng gesê. “Dit is vir hulle veiliger om eerder in komplekse te woon of by familie indien dit moontlik is.”

ʼn Saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Winston ·

Nou waar moet bejaardes woon Thakeng? In hulle huise waaraan hulle gewoond is. Kry liewer julle huis in orde en beheer oor misdaad.

pop ·

Thakeng, dis onredelik om van bejaardes te verwag om te gaan woon waar julle hulle veiligheid in elk geval ook nie kan waarborg nie. Sal die regering betaal vir al ons bejaardes in veiligheid komplekse. Ons het vir JARE gewerk vir ons huise, nou wanneer ons niks skuld moet ons in vrees lewe.

Anne ·

Meeste bejaardes kan dit nie bekostig om in oue te huise te gaan woon – en die wat staats gesubsidieerd is is so vol en die waglyste so lank dat hulle kans groter is om oorlede te wees teen die tyd dat daar wel ‘n plekkie vir hulle beskibaar is!

Kurt ·

Ja, blameer maar liewer die slagoffer, dis mos makliker. “…moet nie alleen woon nie..” REGTIG!

geskok ·

Ek is skoon naar, dit was gisteraand amper ons beurt…..ek wil trek uit die land uit..maar waarheen?

SNEL ·

Baie wil uit die land uit vlug, party wik en weeg, ander wil, maar kan nie, maar ek sal graag wil weet, daar is so baie wat uit was en binne ses maande of n jaar weer terug gekom het, hoe voel hulle, was dit die regte besluit of is hulle spyt hulle het maar weer terug huis toe gekom. Hoekom gaan mense uit en kom terug na die geweld en misdaad toe?

Beatrix Stevens ·

Stem saam met jou Kurt… maklik om altyd die persoon te blammeer wat nie vir sy eie lewe kan veg??? Oumense heg waarde aan hul besittings, en die ou mensie het seker tien teen een al vir baie jare in die huis gewoon( en altyd veilig gevoel???? maar agv die land se misdaad ? mag niemand meer eintlik op hul eie bly??? al is jy 35 of 40 ?? Moet ons almal dan eerder na n oue te huis toe gaan ??? is dit veilig daar??? en die ergste van als?? vat 2 selfone??? REGTIG…… Hoekom dan die ou mens op so manier laat sterf”” sy kon dalk nog vir n paar jare haar lewe geniet het”’ Eensaam of nie??? Ek hoop jul skurkke boet vir wat jul gedoen het”’jul is niks meer as ???….. SAL MAAR EERDER STIL BLY….

Peet ·

Thakeng ek neem aan dat jy bekommerd is oor die veiligheid van die bejaarde mense daarom dat jy ‘n versoek rig dat hulle na tehuise vir bejaardes moet verhuis. Ek stel voor dat jy die tehuise wat jy ingedagte het moet gaan besoek en jou self tevrede stel wat die toestand van sommige van die plekke is. Ek praat uit ondervinding wat ek waargeneem het blankes wat soos diere behandel word deur die werkers wat hulle moet versorg. Dink bietjie hoeveel bejaardes het al in tehuise doodgebrand asgevolg van nalatigheid van die bestuur en brandweer wat buitewerking is. Ek stel voor dat die owerheid die bejaardes wat alleen woon liefs finansieel subsideer ten opsigte van sekuriteit. Om jou plek en grond te verlaat terwille van jou lewe is nie ‘n oplossing vir die misdaad situasie in ons land nie

Dan ·

Thakeng is jy laf? Jy moet eerder hierdie moordbendes aanspreek en jy as polisie moet nie dink omdat jy nou sulke onsin kwytgestel het jy het nou n bydra gelewer nie. Jy moet by die wortel van die kwaad kom. Wees asb. objektief en se die regte ding. Ek in die sewintig jare self voel verneder deur jou uitsprake. Ons almal kan nie van veiligheids wagte gebruik maak nie. God het vir elke een n plekkie op aarde gegun.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.