Vrystaat-boer aangerand oor kluissleutel

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Boer is herhaaldelik aangerand nadat hy en sy vrou Woensdag helder oordag op ʼn plaas buite Hertzogville in die Vrystaat oorval is en hy glo geweier het om die kluis vir die aanvallers oop te sluit.

Sers. Ian Gaobepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Gideon Botha (78) en sy vrou, Petronella (79), het omstreeks 15:00 by die huis op die plaas aangekom nadat hulle vroeër die dag in die dorp was. Gideon het op die plaas rondgestap om te kyk of alles in orde is toe hy deur drie mans oorval is.

“Die verdagtes het sy hande vasgebind en met hom teruggestap na die huis,” het Gaobepe gesê. “Intussen het Petronella buite die huis gaan staan omdat sy bekommerd was dat haar man so lank draai. Die aanvallers het haar gesien, haar ook oorval en vasgebind.”

Binne die huis het die aanvallers Gideon gevra om die kluis oop te sluit, maar hy het volstrek geweier. Volgens Gaobepe het hulle hom herhaaldelik aangerand in ʼn poging om hom te dwing om die kluis se sleutel aan hulle te oorhandig, maar hy het steeds geweier om dit te doen. Die boosdoeners het uiteindelik ʼn hoekslyper gebruik om die kluis mee oop te sny en het met ʼn onbekende bedrag kontant en ʼn 9 mm-pistool op die vlug geslaan.

Gaobepe kon nie bevestig hoe ernstig Gideon se beserings is nie, maar het gesê Petronella is ongedeerd. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en ʼn saak van huisroof word deur die Valke ondersoek.

Enigiemand met meer inligting en wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, word gevra om die ondersoekbeampte, sers. Secala Vinger, by 079 495 1153 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Paul ·

Dit gebeur dikwels so. Die erge aanrandings en marteling om toegang tot kluissleutels of die wegsteekplek van (soms denkbeeldige) skatte uit te vind. Nie sommer net meestal vir geen rede nie. Dis steeds verskriklik, maar dis waar.

Paul ·

Dis net jammer die boer se 9mm was in sy kluis toegesluit en nie aan sy persoon nie. Hy kon hom suksesvol verdedig het daarmee. Nou is die wapen in elk geval gesteel. Ai boere, wanneer word julle wakker in hierdie “verbeterde” Azania.

cr ·

Maroela kan julle asb. vir die lesers vertel wat die persentasie plaasaanvalle is wat deur wit mense gepleeg is?

vierkleur ·

Ek kan want dis nie rocket science nie . Die antwoord is 0%

Irene ·

Ja hulle se mod kill de boer waar gaan dit eindig ons mag niks doen nie

Xa ·

As julle boere of enige oumense of weerlose mense kan wat alleen bly of maklike teikens is, leer hulle om versigtig te wees en om te oefen met wapens vir selfverdediging.

Anoniem ·

Geen oumens het die energie om hom teen enige moordenaar of kwaaddoener of verkragter of wat ookal te verdedig nie….

Jef ·

Hulle het die boer herhaaldelik aangerand maar daar word gese n saak van huisroof word ondersoek. m.a.w n saak van aanranding is nie belangrik nie.

vermeende ·

Die wet verplig jou om jou vuurwapen in n kluis toe te sluit en dit is ook waar jy jou spaar geld bere.

Haal alle kosbare goed uit die kluis uit en sluit hom oop, bere jou wapens in jou motorhuis sonder die slot en amo. Ek het nog nooit gehoor van n aanval waar die motorhuis deursoek is vir geld en wapens nie.

jennefer ·

Stenig my maar, maar mense moet n wapen dra en as hy nie aan jou lyf is nie, steek dit weg in n blompot, Cornflake box, standbeeld , ens , dink kreatief. Te veel wapens word van blankes afgeneem om ander in gevaar te stel. Waarskuwing, dit werk net as jy nie n bediende het!

Xa ·

Ja mens mag haat. Ek haat moordenaars en die wat onskuldiges opmors, ek haat hulle met my hele hart.

Theuns ·

Ek weet net van een wit plaasaanvaller. Die seun by Naawpoort. Don is sy naam. Alles wat julle se het betrekking. Miskien moet ons die skerp intelek he van ‘n Generaal Delarey en nie ons goed in die kluis bere nie maar in ‘n plek waar jy hom maklik kan bykom. Delarey het voor die koppie met sy manskappe gaan le en toe vir die Engelse gewag. Die Engelse het gedink hy is bo-op die koppie. Nodeloos om te se die Vader van Gorrilla Oorlog het hulle nogal verras!Hulle se jy kan nou nog op maanlig nagte, of was dit donker maan, hoe speel die scottish bagpipes. Ja ek stem bere jou wapens op ‘n anderplek.

jennefer ·

Stenig my maar, ek kan nie begryp hoekom mense vuurwapens aanhou en nie beplan om dit te gebruik nie. Die wapens wat gesteel word, word weer teen n volgende blanke gebruik. Baie senior mense sit met kluise vol vuurwapens , bediendes in die huis , en is dus die verskaffers van wapens. Dra die wapen aan jou, en steek hom erens weg , en laat die kluis oop sodat die werkers kan sien daar is niks in. Wees kreatief, dink aan blompotte, standbeelde , dubbel tafelblaaie , skroef n rakkie aan die bo- en binnekant van jou bedkassie, Onthou net, as jy werkers in jou huis het , sal niks van bogenoemde wegsteekplekke werk nie.

John ·

Daar is steeds te veel boere met ‘n manhaftige houding wat reken: Ek is die baas van die’ plaas, en ek sal dit of dat… maar die aanvallers is dikwels opgepomp met dagga en vol aggressie. Hoekom baie geld in ‘n kluis? Ek dog ‘n bank is daarvoor. Werkers weet presies wat aangaan in plaashuise en ouer mense is onverskillig. Vertrou niemand met al die inligting oor jou doen en late nie, al werk hul 40 jaar saam met jou. Die destydse kommandolede op patrollie het glo dikwels op Sondae by plaashuise gekom wat nie veiligheidsdeure het nie. Soms selfs buitedeure gevind wat nie gesluit is nie en kon dan sonder obstruksie tot in die hoofslaapkamer loop. Die sleutel van sommige kluise is selfs in kluisdeure gevind. Mens hoop dit gaan nou beter. Sorg dat daar wel ‘iets’ in die kluis is om die mense te flous en steek die waardevolle goed elders weg. As jy nie sterk is nie, moet jy slim wees … is ‘n ou spreekwoord en ook: ‘n Boer maak ‘n plan …

Rynhardt ·

Boer se hardkoppige houding en weiering om kluis oop te sluit, kon tot hulle dood gelei het.Hulle is baie gelukkig om nog te leef! Boere wat in hul laat sewentigs en tagtigs is, hul gaan jou teiken.Jy wil nie luister nie.Trek weg, jy is nie meer instaat om jouself te beskerm nie.Hierdie aanvallers kom in bendes voor! Jy moet ten alle tye wapens op jou dra, so ook jou vrou!Jou plaashuis moet baie goed beveilig wees!Aanvalle word gedryf agter skerms.Ek wil dit weer beklemtoon, dit gaan al rowwer raak en al hoe meer bendes gaan voorkom.Boodskap vir seker boere wat n tawwe houding het : n Aanvaller gaan nie een outjie wees wat jou kom teiken nie!Dit is bendes ! Bendes floreer in stedelike gebiede ook en teiken blankes! Daar het ons sopas die moord gesien op n bekende skrywer in Wellington.Moorde op ons mense raak al erger terwyl die oorgewig ooms in parlement stilbly!Hul gaan nie moorde op ons mense veroordeel nie, want hul wil nie aanstoot gee nie! Vir hulle is reenboogland te pragtig!

susan ·

Waar val jy nou uit Stef? Jy het duidelik die kat aan die stert beet vriend. Hierdie artikel gaan oor plaasaanvalle nie die holruggeryde guy wees verontskuldiging nie. Ai ai…

susan ·

Stef ek het kommentaar gelewer maar maroela media swyg soos die graf…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.