Vrystaat-boer dood ná hy gebrand, aangerand is

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Boer van die Lindley-omgewing in die Vrystaat is dood nadat hy Saterdagaand wreedaardig op sy plaas gebrand en aangerand is.

Kol. Annelie Wrensch, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 70-jarige man is Sondagoggend buite sy huis gekry waar hy deur die aanvallers vasgemaak was. Hy was glo ernstig beseer nadat die aanvallers hom gebrand en erg aangerand het.

“Die man se GWM-bakkie is buite sy plaashek gevind. Die bakkie het glo ʼn anti-kaping-toestel gehad wat veroorsaak het dat die voertuig uitgesny het,” het sy gesê. Paramedici het met die man na die Bethlehem Mediclinic gehaas, maar hy is kort ná sy aankoms by die hospitaal dood.

Volgens Wrensch word daar vermoed dat ʼn pistool op die plaas gesteel is, maar die polisie is steeds besig met hul ondersoek op die toneel. Geen verdagtes is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Dan Kriek, voorsitter van die Vrystaat Landbou-unie, het aan Maroela Media gesê hulle het met skok en afgryse verneem van die wreedaardige aanval en veroordeel die moord ten sterkste. Hy het gesê dat die landbou-unie ondersteuning aan die man se familie en die betrokke gemeenskap sal verleen.

Maroela Media kan nie in hierdie stadium die naam van die oorledene bekendmaak nie aangesien al sy familielede nog nie van sy dood in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Peet Schabort ·

Waar is zuma se mandeladag-mooipraatjies nou of het dit nie te doene met ook plaasmoorde ?
Sterkte aan die familie van die oorledene.

Winston ·

Ja Peet. Wil ek ook weet. Hierdie was nog nooit maar net gewone misdaad nie. Dis rassehaat. Die slagoffer is wreed gemartel.Waarom spreek Zuma nie hierdie gedrag aan nie? Deur addisionele wette op die boek te plaas soos middel eeuse marteling, n misdaad op sy eie te maak. Sy bekpraatjies en optrede verskil soos swart en wit.

Johan 2 ·

Dis baie hartseer, ekt hom geken en hy was n baie vriendelikke nederage oomie. Sy vrou is in 2007 (?) oorlede en hy was baie lief vir die plaas en sou nie wou trek nie. Hy gaan gemis word. Lyk of die Polisie maar min werd is om die goed vas te vat.

Bianca du Plessis ·

Sjoe dis baie sleg. Wie was die oom gewees?? My ouma hulle ook daar gebly en obs baie daar gaan kuier en het ook daar vir 2jaar gebly. Groete Bianca

C ·

So tragies en hartseer… My gedagtes is by sy familie en die Lindley-gemeenskap.

Maureen le Roux ·

Ek wonder net wat staan ons as wittes tedoen . As ons iets doen of se is ons rasiste, maar swart mense kan se en doen net wat hulle wil. ” this is reverse racism and her we are supposed to be a rainbow nation. The divide has never been greater.”

CHRISTA ·

Ek dink dis meer ‘n donderweernasie as ‘n reënboogasie!

Hansie ·

Gaan die wêreld nooit agterkom dat dit op geweldadige moord uitkom nie? As swartes gemoor word, is die hele kabinet in rou. Watter wit moorde is deur ministers besoek?

Thandooo ·

Chris, hoe voel dit om rassisties behandel en te aanskou hoe jy jou naaste verloor?

Gawie ·

Terrorism is terrorism anc is no different to isis as long as they succeed it will never change i fought many years with white , black and coloured soldiers against anc so don’t bring race into it lets fight it out on the the battlefield but unfortunately terrorist are the biggest cowards

JB oer ·

@ almal en spesifiek Thandolwethu
Wanneer gaan ons as Suid Afrikaners besef dat ons probleem nie oor kleur gaan nie. Nie die wrede onregte van die verlede apartheid era waarvoor ek wat nog nie gebore was nie in die naam van die Here jammer sê teen alle onreg aan swart mense van die land gedoen is. Maar wat nou gebeur is net so verkeerd soos wat nou gebeur. As jy dink dit is regverdig sal ek graag vir jou die fotos wil wys Thandolwethu. Afgryslik. En ek het al fotos gesien van apartheids afgryslikhede ook. Wanneer besef ons dat ons stryd nie teen wit of swart is nie maar teen korrupsie, geweld , haat en leuens en armoede. Wat maak die huidige regering en moorde beter as die verlede sń? En moenie vergeet van al die verkragting en molestering en moord wat oor alle rasse en grense plaasvind in alle gebiede. Ons samelewing is siek. Ons het ons Verlosser nodig. Thandolwethu jy is net so skuldig soos die apartheids varke wat jy so haat. En jy wat dink ons is beter af met die ou apartheid regering word wakker en lees jou Bybel waaraan jy so graag uit aanhaal. En lees vol hoofstukke , nie net versies wat haat regverdig nie. “Jy moet jou medemens liefhê soos jouself” Ek is nie een wat kan vinger wys nie. Ek raak partykeer rassisties oor sekere goed. En ek is jammer daaroor. Ek werk aan myself ook. En ek vergewe jou as jou menslikheid jou laat kwaad word oor verlede onregte. Dit is menslik. Ons kan almal dink voor ons ons groot bekke oopmaak en modder rondslinger. Hou op kwak en kerm en doen iets. Plaas jouself in die ander se skoene in n ingeligte wyse. En dink weer daaroor. Ek is n boer. En ek is hier om te bly. En ek is trots daarop want ek doen my bes om ons land n beter plek te maak sonder om aan kleur voorkeur te gee . My hart gaan uit aan alle slagoffers van alle misdade in alle gebiede.

Rudi ·

Ons is baie ver verby die punt af waar ons stil moet bly oor die haat wat teen ons boere gewys word. In Lukas 9:5 word daar opdrag gegee dat die dissipels die stof van hul voete moet afstof as protes teen die ongelowiges wat nie na hul wil luister. Ons Prisedent sing om die boere dood te maak en sy mense doen dit. Dit was nie ons keuse gewees om die land te verdeel nie. Dit was hul keuse gewees in die laaste verkiesing toe 90% van die swart bevolking vir die ANC en EFF gestem het. As jy dink dit is mens se Christelike plig om stil te bly oor die onregverdige behandeling van ander dan dink ek jy sit die pot mis.

willie ·

Een van die dae is Suid Afrika net soos al die ander Afrika lande, totaal verwoes dan gaan Thandol net soos ons moet vlug want hier gaan niks oor wees vir hom nie – u goeie voorbeeld ZIMBABWE

Althea ·

Waar slaap jy Willie? Dit gaan al beter in ander Afrika lande. Suid Afrika het lankal, so 20 jaar terug al sy g@t gesien. Daar is al 800 000 blanke mense wat in plakkerskampe leef.

Gerhard Bezuidenhout ·

Stem saam Althea . Botswana en Kenya is baie veiliger as Suid Afrika ondanks die geisoleerde aanvalle in Kenya . Waarom is dit veiliger daar as hier ? Daar is wet en orde en boewery word blitsvinnig uitgesorteer . By ons begin boewery sommer in die regering en polisie en wentel af na “hulle”.

Jan ·

Die plaas anvale word net meer en meer by die dag. En die boere volk word net minder en minder by die dag en daar is geen stop nie so dis n kwesie van tyd dat so iets met ons gan gebeur.. die vraag is wat gan ons as i volk maak?? Sit en kyk hoe word ons mede mense wreedaardig angerand..verkrag en vermoor word???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.