Vrystaat-boer skiet ‘aanvaller’, vier vas

Die speelgoedgeweer waarmee die boer glo gedreig is. Foto: SAPD

Die speelgoedpistool waarmee die boer glo gedreig is. Foto: SAPD

ʼn Boer van die Vrystaat, wat met ʼn speelgoedpistool gedreig en daarna aangerand is, het glo sy vermeende aanvaller geskiet en gewond.

Kapt. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het gesê die 57-jarige boer het Saterdag op sy plaas, naby Lindley, aangekom en ʼn onbekende man het hom voorgekeer. Die verdagte het die boer glo met ʼn speelgoedpistool gedreig voordat hy hom aangerand het.

“Die boer het glo sy vuurwapen uitgepluk en die verdagte geskiet en gewond. Die verdagte word onder polisiebewaking in die hospitaal behandel.” Volgens Mohobeleli het verdere ondersoek deur boere van die omgewing en polisiebeamptes gelei tot die inhegtenisneming van nog drie verdagtes en is daar op 16 skaapkarkasse beslag gelê.

Die verdagtes, tussen 30 en 45 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn. Mohobeleli het gesê ʼn saak van poging tot moord word ook teen die boer ondersoek.

Die skaapkarkasse waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die skaapkarkasse waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Rita ·

Ek is seker daardie laaste sin is spesiaal so geskryf om kommentaar te ontlok, Wat hulle ook kry. Almal is warm onder die kraag by die lees van so iets. Maar wees versigtig om mense op te sweep. Dit kan lelik ontaard by sommige mense.

Formaliteit ·

Die saak is net formaliteit, kry egter nogsteeds n goeie prokureur. Dit is onsmaaklik soos n ongeluk, jy kry ekstra stres en verliese sonder dat jy daarvoor soek. Al is dit n speelgoed geweer het die boer bedreig gevoel, want met so skrik kan jy nie behoorlik fokus, verder is dit werklik moeilik om speelgoed van werklike te onderskei. Die reg beskerm die boer.

Anna ·

Die klag word deur die wet vereis. Wanneer iemand iemandanders geskiet het, moet ‘n saak van poging tot moord, óf moord aanhangig gemaak word.
Die saak sal heel waarskynlik nie baie lank duur nie omdat dit blyk dat “omstandighede” in die boer se guns is.

Dit is bloot ‘n formaliteit wat deur die wet vereis word.

Anton ·

NATUURLIK. As ek sou intap met n speelgoedgeweer in n winkel en mense aanhou en n polisieman skiet my… is ek die skuldge of moet hy aangekla word???? WTF

annelize ·

Daar sal altyd ‘n poging tot moord of moord teen iemand oopgemaak wors al is dit uit selfverdediging. Het ons al geleea van enige iemand wat tronk toe is vir dit nee ons het nie. Dit is prosedure en moet gedoen word.

snoefie ·

m hoekom publiseer julke sulke berigte as julle nie eerlike onrassistiese kommentaar daarop wil publiseer nie? dit maak my siek dat blankes kaalvuis veroordeel en vedreig word maar ons moet alles in suiker rol en dan in tjoklits doop voordat julle dit plaas.

vytjie ·

Dis BELAGLIK. Watter bewoording sou gebruik geword ht as die Boer dood was. Wat van die gesteelde skape wat op’n barbaarse manier geslag was. Want dit moes vinnig gebeur het.

stev ·

Jy mag geen wapen gebruik om enige kriminele dade te pleeg nie. NIE EERS N SPEEL GOEDGEWEER NIE. As dit lyk soos ‘n pistool dan is dit ‘n pistool.

201 Wet 15 van 2013 Gevaarlike Wapens.

Soois ·

Wat se belaglikheid! Poging tot moord word teen die boer ondersoek? Dit was selfverdediging! Of moes hy nou eers wag tot hy gemartel en vir dood agter gelos was?

Ekwilibrium ·

Don’t shoot the messenger! Dit is bloot standaard prosedure van die polisie; ek glo nie ons hoef te bekommer oor die boer se skuldig bevinding nie. Ten minste berig MM oor hierdie gevalle wat ons almal raak.

Hennie ·

Ek stem heelhartiglik met jou saam! Maroela het ‘n linkse organisasie geword wat na die regerende party se pype dans! Alles moet só polities korrek wees! Dis om van siek te word!

Gustav ·

Geweer? GEWEER? Komaan Maroela – ‘n geweer is ‘n lang vuurwapen met ‘n stuk hout of sintetiese materiaal aan die agterkant. Wat julle op die foto wys is ‘n pistool, in dié geval ‘n speelgoedpistool. Noukeurigheid is belangrik.

Nico Strydom ·

Dagsê Gustav
Jammer vir die oorsig. Die berig is gewysig.
Vriendelike groete

Ben ·

Gustav, MM en inderdaad ons hele nasie, sukkel om die geweer/pistool en revolwer konsep te begryp. Klein kinders gebruik gewoonlik diè spraakkonsep en ek het al moed opgegee. Laat hulle maar aanvoeter! Niemand in S.A. hou daarvan om reggehelp te word.

Reinhardt ·

Rustig mense, ek is seker die boer is onskuldig, maar kom ons gee eers die gereg kans om te geskied. Moenie so vinnig veroordeel nie.
Maroela Media lewer net verslag met die inligting tot hul beskikking en dit is soos dit hierbo staan.

Dave ·

Enige persoon wat weet hoe die “speelgoed” pistole deesdae lyk sal weet dit is ‘n replika Van die ware Jakob. Ouers asseblief geen sulke speelgoed vir kinders nie jy soek hulle dood.
Die gereg sal die saak so ondersoek dit beteken nie die boer sal skuldig bevind word nie.
Laastens salute aan die boer en sy makkers vir goeie werk. Wees paraat daarbuite nie emosioneel nie!

t ·

Gaan die sekuriteitswag wat die kind in die motor raakgeskiet het ook vir poging tot moord ondersoek word? Niks daarvan in die berig nie.

cor ·

Ja die sekuriteits wag word aangekla vir poging tot moord was vanoggend op RSG nuus. Seker moes hy maar net ander pad gekyk het soos almal deesdae doen. Die boer moes seker vir die ou gese het ag komaan moenie grappies maak nie, gaan speel in die veld anders gaan ek jou dalk moet skrikmaak en skiet.

MarieM ·

Wat my bang maak van die Centurion Lifestyle Sentrum se storie, is dat ons gereeld die winkel sentrum besoek, en ek het nog nooit so opgelet dat die sentrum wagte vuurwapens het nie.

Elsie ·

Etienne, jy praat waar. Almal hou hulle besig met nietighede. Spelfoute, kritiek ens. Die dinge wat regtig saak maak word of mis gekyk of dis ń houding van ek wil nie betrokke raak nie iemand anders kan dit doen. Wag tot dit my of jou persoonlik raak dan gaan ons op belangriker dinge fokus!

Marius ·

In hierdie veld is dit belangrik dat inligting feitelik en grammaties korrek is. Dis die leser se insig in die storie. Sou dit foutief of verkeerd wees is dit ‘n leuen.

Ek sou nie wou wonder of ek my ophou met leuens in die media of nie. Om te dink as nuus draers net heeltyd jammer kon sê.

Reg ·

Dave ek stem saam met jou. Omskrywing van vuurwapen is duidelik.

Die ondersoek teen die boer is onnodig. Hy het homself verdedig.
MM dankie vie beriggewing. Vergewe maar die humeure.

Ek ·

Ek is so moeg vir hierdie elendige samelwewing waarin ons noe leef. Dis net altyd die blanke en groot asseblief laat dit tog net ‘n blanke Afrikaanse boer wees wat veroordeel kan word..wat het geword van die gesin wie se motor in Noordwes teen ‘n koedoe gebots het en toe teen ‘n swarte se minibus taxi. Hy is op ‘n uiters wreedaardige wyse voor sy vrou en kleinkindertjies aangeval maar daar sal geen haan ooit na kraai. Waar is reg en geregtigheid nou.

Ek ·

Hum ja, so lewer ek komentaar oor die gesin in Noord Wes wat paar dae gelde in botsing met koedoe betrokke was, wat gebeur dit word glad nie gepubliseer, ek het mos gewaag om.te vra wat van die swartes wat die blankeman voor sy gesin aangerand het. Dubbele standaarde

Anna ·

Ek was 16 jaar in SAPS. Daardie “speelgoedpistool” lyk rerig te veel soos ware jakob. Ek sou ook geskiet het voor ek gevra het is dit rerig of speelding!!!

sdl ·

Ek was in 1996 ook in soortgelyke voorval betrokke. Media daardie tyd het ook maar opskrif ” Robber with toy gun ……,” gebruik. Was ook aangekla gewees. Dit is die prosedure wat die Polisie moet volg. Ek is bly die boer is nie dood nie.

Kate ·

Nee, ek verstaan nie, die hoofopskrif sit die woord aanvaller in hakkies. Die vent is ‘n AANVALLER sonder hakkies Maroela. Uit en gedaan.

Alida ·

My vraag was om eers vir jou aanvaller te vra of hy ‘n regte wapen het en of dit ‘n speelding is. Dit is belaglik. Hy het niks op jou grond of erf verloor nie en as jy ‘n wapen het skiet hom gesien in die lig van die feit dat daar nou bykans elke dag ‘n paar mense doodgeskiet word. Die boer is onskuldig en klaar.

Alida ·

Net soos daar telken verwys word na 2 blanke mans (doodkis storie) wil ek lees dat die aanvaller swart was. Die media vermy daardie woord soos die pes. Dit is uiters onregverdig.

Pierre ·

Jammer dat die polisie vergruis word, hierdie prosedure al donkie jare gevolg. As die agtergrond ontbreek vir behoorlike kommentaar, moet asseblief nie ander afkraak nie.

Jan maak n plan ·

Ek het twee probleme met die storie. Eerstens sal die arme boer se wapens nou eers gevat word en hy word van poging tot moord beskuldig. Die pateteties en tweedens moes die boer nie net een skelm gewond het nie hy moes almal dood geskiet het want glo my in n oogwink sou hulle hom gedood het.

Pierre ·

N saak van poging tot moord word ondersoek, dis korrek, die boer is nie beskuldig nie, dit word jy eers as jy aangekla word in die hof. Die prosedure word juis gevolg om te keer dat elke janrap-en-sy maat kan besluit wie is skuldig en wie nie. Alle vuurwapens wat gebruik was in n skiet voorval word ondersoek, lede van die polisie se wapens ook. Snaaks dit word nie net in SA gedoen nie maar in westerse lande ook.

Alicia ·

Maroela, dankie vir die artikel – bietjie advies van my kant : Volgende keer as julle weer so ‘n berig plaas, weerhou liewer die “poging tot moord word ondersoek” gedeelte. Hier is ongelukkig ‘n paar mense wat julle berigte lees wat rooi onder die kraag word, want hulle het nie begrip vir standaard prosedures nie en die kommentaar wat gelewer word raak onsmaaklik en wyk af van die werklike artikel.

Anoniem ·

Mense moenie dat julle onkunde julle nou laat simpel lyk nie, dit is bloot prosedure om die persoon wie geskiet het aan te kla, die staatsaanklaer sal na die feite kyk en as dit neerkom dat dit selfverdediging was sal die ondersoek teen die boer nie verder gaan nie. Die egtikheid van die wapen van die verdagte is irrelevant. ‘n Wapen is gerig ongeag of dit die ware jakob is of nie daarom sal die ondersoek oor die rig van n ‘wapen’ en die reaksie van die ander persoon (selfverdediging) gaan. Die rig van ‘n wapen (ongeag eg of speelgoed) is aanranding met die opset om ernstig te beseer en die boer is in sy regte om homself op so aanval te verdedig, ek twyfel dat die boer vervolg gaan word.

Jan ·

Die boer was paraat en het die aanval oorleef, en boonop is die skurke gevang – hierdie is die tipe goeie nuus wat ek elke dag wil lees.

Dan, Maroela, ek wil net dankie se^ vir die goeie – en gratis – nuus op julle blad. Ja, die detail is interessant en dis goed as dit akkuraat kan wees, maar mens het begrip dat verslaggewers oor ‘n wye veld werk en nie noodwendig die al die tegniese terme ken nie.

Clipper ·

Die polisie voer net die opdragte van die rassistiese regering uit. Daar is niks mee fout om n saak teen die boer te ondersoek nie en dit is ook reg so. Feit is dit moet net billik wees. Die boer se vuurwapen mag nie afgeneem word (hy het die reg tot selfverdediging en die staat mag hom nooit daardie reg ontneem nie) en hy mag beslis nie toegesluit word nie.

Carl ·

Ek staan verstom oor die gemiddelde leser se intelligensie. Hulle wil die doodstraf terug hê maar het geen kennis van die straf proses wet die wet op die beheer van vuurwapens. Ek praat nou leke kennis wat almal moet hê.
MM word self as linkse slinkse liberale media uitgekruit ?
Maar dieselfde mense wat hier uitvaar sê niks van die wit boer wat moontlik deur sy wit skoonseun vermoor is nie.

antonie ·

mens kan nie die verskil tussen regte en speelgoed rewolwer sien nie. in amerika het die polisie al n paar mense geskiet wat so genaamde speelgoed rewolwer rondswaai

Niemand ·

Niemand moet waag my dreig met n geweer nie, Ek gaan myself verdedig ek belowe.

Jaco ·

Alles goed en wel wet is wet. Maar wat sal help is wet mag ons en wat mag ons nie. Dis wat ons wil hoor uit die staaltjie. Maak nie saak of jou aanvaller wit of swart is nie. Wat mag ons doen en wat kan ons leer uit die oom se manier van doen.

Barry Noble ·

Met daaglikse moorde en aanvalle is dit logies DAT mense op hul hoede gaan wees en vrees vir hulle lewe,vingerdrukke kan bewys DAT misdadigersverbind word met ander misdade daarom moet vingerafdrukke by elke toneel geneem word self ook van speelgoed vuurwapwapen.selfbeskerming lewens .huveel misdade het all plaasgevind in die area bepaal hoe misdaadsyfer in gebied.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.