Vrystaat-boer sterf weke ná aanval

Teboho Machakela.

ʼn Boer van die Odendaalsrus-omgewing in die Vrystaat is dié week dood nadat hy in Augustus op sy plaas in die kop geskiet is.

Teboho Machakela (37) is op 19 Augustus op die plaas geskiet. Volgens berigte word daar ʼn winkel op die plaas bedryf en het ʼn groep verdagtes die winkel op die dag binnegekom en Machakela geskiet voordat hulle met kontant gevlug het.

Machakela is in ʼn hospitaal opgeneem en was glo ses weke lank in ʼn koma waarna hy ontslaan is. Hy is Maandag dood.

Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het gesê sy het met skok verneem van die moord op nog ʼn jong boer van die Vrystaat. “Machakela se dood is nie net ʼn groot verlies vir sy familie en vriende nie, maar ook vir landbousektor.”

Didiza het die polisie versoek om geen steen onaangeroer te laat ten einde te verseker dat die skuldiges agter tralies beland nie.

Leona Kleynhans, Vrystaatse DA-wetgewerlid, sê volgens beskikbare inligting, wat nog bevestig moet word, was daar sedert 1 Oktober reeds tien plaasaanvalle in die Vrystaat wat tot vier sterftes gelei het.

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

“Afgesien van hierdie aanvalle wat tot die dood van die slagoffers gelei het, was daar talle voorvalle waarin slagoffers ontvoer en gemartel is. Asook duisende vee wat elke maand gesteel word. Ons kan eenvoudig nie so aangaan nie.”

Minister Bheki Cele maak volgens Kleynhans baie beloftes, maar die werklikheid is dat die SAPD heeltemal te min hulpbronne en ʼn gebrek aan opleiding het. Volgens Kleynhans is polisiebeamptes ook dikwels nie gemotiveerd nie en in sommige gevalle is hulle kop in een mus met diewe en aanvallers.

“Die DA doen ʼn beroep op senior regeringsleiers om te erken dat ons ʼn groot probleem het.”

David Leslie (81) is verlede maand dood nadat hy op 1 September op sy plaas naby Harrismith oorval en aangerand is.

Pieter Hills (56) en sy seun, Eddie, is die afgelope week op hul plaas naby Hennenman aangeval. Pieter is op teregstellingswyse doodgeskiet en Eddie is in die nek geskiet.

Dave Wessels is verlede maand dood toe hy op ʼn kleinhoewe naby Viljoenskroon aangeval is. Brendin Horner is begin verlede maand wreed vermoor op ʼn plaas in die Paul Roux-distrik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Persheks Adri ·

Cele skitter in sy afwesigheid al WEER! Jammer vir nog ‘n boer dis onaanvaarbaar verby!

Kanjynoumeer ·

1994 rofweg 120 000 kommersiële plase, tans net 39 000 oor. Ons bevolking groei, maar die plase wat kos voorsien, verminder drasties.
Jongmense betree nie meer die landbou nie, ander mense word aangeval of vermoor.
Dit is n siek storie en dit gaan net voort tot nadeel van die hele land!

J ·

As die ANC regering die plaaboere wil beskerm, gee WAPENS aan elke boer om hulle self mee te verdedig.

Reik wapens uit aan elke man; vrou en kind op plase EN lei hulle op.

As die ANC regering NIE wapens aan boere gee nie … dan is hulle (ANC) medepligtig aan plaasmoorde!

Hopelik sal PRIVAAT ORGANISASIES dan intree en die boere bewapen en oplei omdat die ANC regering disfunksioneel is.

FM ·

Dit is ‘n uitvoerbare oplossing wat op die hoofnuus kanaal geplaas moet word. Dit verdien ernstige oorweging

Mariana ·

Nog een vir statistieke. Simpatie met familie. En so gaan dit voort elke dag aanvalle maar geen sigbare polisie of regering nie. Dis jammer SA is in so ‘n toestand, eens pragtig nou kriminele hool. Skande
.

Peetjie ·

Wanneer gaan dit ophou… Dit is en bly onaanvaarbaat… Enige boer se dood is n geweldige verlies. Ek hoop die skuldiges word gou opgespoor.

anniekiewiet ·

Sterkte aan sy familie, mag jul alle troos van God af kry.

Anel ·

Verskoon nou maar my kommentaar maar hier is ‘n swarte dood en didiza sê daar moet geen steen onaangeraak gelaat word om sy moordenaars op te spoir nie. Nou wat van die blanke boere wat vermoor is. Daaroor het sy nie’ ‘n woord gerep nie. HOEKOM NIE? IS BLANKE BOERE SE LEWENSE, WAT KOS OP HAAR TAFEL SIT DAN NIKS WERD VIR HAAR NIE? Ons mense word nie net vermoor nie, hulle word wreed gemartel. En dis niks. Obs oy mense word gemartel en vermoor, en dis ook niks!!! Maar dat een van our people iets oorkom dan wil hulle hê daar moet op getree word. Moord is moord, maak nie saak wie vir wie vermoor nie.

Nozi ·

En so gaan dit aan en aan en aan. Elke dag nog ‘n boer wat vermoor word of erg mishandel word en dit vir niks. My hart gaan uit aan al die boere en hul gesinne. Mag die Here sy hand van beskerming altyd oor hul hou. Baie sterkte aan elke boer in SA!!

Africangrey ·

My innige simpatie met die familie, dis vreeslik, baie sterkte en krag van Bo. Nog n Boer vermoor, sinneloos, en dis n skande dat die regering geen stappen onder neem nie!!!! Ek lees elke dag die nuus, maar ek bly nie meer daar nie, al vir jare nie meer nie, 28 jaar gelede is my man daar vermoor, en 13 jaar gelede my oudste seun, ….. Ek wil baie graag terug, hulle is daar begrawe, maar hoe? Dis wat gebeur in n land waar die koning n kind is………… En oranja pakies sy maatjies, met die nar met HOED om almal op te pas…… Ek kots sommer

Dries ·

Tragies. Geen persoon in die boerderybedryf is veilig nie. Maar ons regering se prioriteite le elders. Tot die kos opraak.

Chantel ·

Sterkte vir my gesin en familie. Nog ‘n boer verlore vir ons land

Adam Adriaan ·

Ja die ANC/ EFF het nie ‘n saak met die kleur van ‘n boer nie. ‘n Boer in SA staan in die pad van hulle beleid en kultuur. Kommunisme dult nie die boere van SA in sy huidige formaat nie. Dit moet sosialisme komplimenteer dan sal hulle tevrede wees.

Lindsay ·

Aai dis hartseer dat die boere soe uitgemoor word,dit terwyl hle i diens lewer,werk voorsien en hle niemnd pla nie!!!!wat doen die president om dit te stop?hy moenie meer praat nie daar moet opgetree word!Ek voel vandat die tronkvoels vrygelaat is het die misdaad toegeneem en hle kom weg daarmee…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.