Vrystaat-boer van poging tot moord aangekla

Argieffoto

Willem van der Merwe (21) het Maandag in die Viljoenskroon-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord.

Van der Merwe is vrygelaat op borgtog van R1 000 met borgtogvoorwaardes. Sy saak is tot 25 Maart 2020 uitgestel.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê dit volg ná ʼn 16-jarige seun en sy vriende op 12 Februarie omstreeks 18:00 in die veld op ʼn kleinhoewe in Viljoenskroon was. “Persone in ʼn bakkie het skielik op die seuns begin skiet en die 16-jarige seun is in sy maag getref. Sy vriende kon ongedeerd ontsnap.”

Die 16-jarige is glo ook aangerand deur die man in die bakkie voor hy by ʼn T-aansluiting uit die voertuig gespring het. “Verbygangers het hom later gevind en na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir behandeling. Die aanranding is ook op ʼn videokamera verfilm.”

Van der Merwe, boer en eienaar van die kleinhoewe, is die volgende dag (13 Februarie) in hegtenis geneem. Hy het op 17 Februarie vir die eerste keer in die hof verskyn.

“Die beskuldigde voer aan die slagoffer en sy vriende het mieliemeel op sy plaas gesteel. Die ondersoek duur voort,” het Makhele bygevoeg.

“Om misdaad in ons plaasgemeenskap te verminder is een van ons prioriteite, maar ons veroordeel boendoegeregtigheid ten sterkste,” het lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Scalla ·

Vra ook die vraag wat het die mense in die man se veld gesoek, dit is immers seker privaat eiendom.

Michael ·

Wit mense blyk net goed genoeg te wees om by te dra tot belasting verder het ons geen reg om ons eiendom te beskerm teen kriminele “this need to stop mense en die regering doen aan ons net wat ons hulle toelaat en dit het tyd geword om te sê genoeg is genoeg .

Eugene ·

Lees die berig. Die ou het iemand geskiet teestrydig met die wet wat sê jy kan slegs skiet as daar nie ‘n ander uitweg is nie. Ook het hy die outjie aangerand. Dan soek hy mos na probleme

Retha ·

Wonder wie was gereed om video te neem, dalk uitgetart om boer tot die stap te dwing en toe staan een gereed om video te neem

Niklaas ·

Mense vergeet vinnig. Daardie doodskis video het tot groot probleme gelei vir die betrokkenes. Nou word sulke dinge herhaal.

Magda ·

Noe hoekom het die Video mense nie die aanranding probeer stop nie, of dadelik die Polisie gebel nie – seker weer n gedokterde Video – Dit is algemeen in klagtes teen boere deesdae – Altyd n Video greep???? – Twyfel baie sterk aan die opregtheid vd videogreep.

Porseleintjie ·

Daar word darem vinnig opgetree wanneer n wit boer betrokke is. As die beskuldigde party. Waar is die optrede wanneer n wit boer en sy gesin die slagoffers is?? n Wit boer het geen reg in SA nie. Het die naweek na n opname geluister waar swartes sê die EFF en ANC betaal hulle om boere te vermoor. Waar n rokie is is daar n vuurtjie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.