Vrystaat-boer vas vir nóg ʼn moord

polisie-sapd

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 34-jarige boer van Bethlehem in die Vrystaat, wat op borgtog uit is nadat hy glo verlede jaar ʼn vermeende veedief in die Fouriesburg-omgewing doodgeskiet het, is weer in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 60-jarige plaaswerker met opset omgery het.

Kapt. Zweli Mohobeleli, polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê die boer, Josef van Eeden van die De Hoek-plaas naby Bethlehem, is in hegtenis geneem in verband met die moord op een van sy plaaswerkers, Johannes Mahlaku.

“Die slagoffer het glo Vrydagmiddag op ʼn naburige plaas mielies opgetel wat ná ʼn oes oorgebly het. Van Eeden het hom glo in sy voertuig gejaag en op die naburige plaas omgestamp,” het Mohobeleli gesê.

Mahlaku, oorspronklik van Lesotho, is na die Dihlabeng-hospitaal in Bethlehem geneem, waar hy Saterdag aan sy beserings beswyk het. Die polisie het aanvanklik ʼn saak van poging tot moord ondersoek gemaak, maar dit is ná Mahlaku se dood na moord verander.

Van Eeden het Dinsdag vlugtig in die Bethlehem-landdroshof verskyn, waarna die saak uitgestel is vir sy formele borgtogaansoek. Hy bly in aanhouding.

Volgens Mohobeleli moet Van Eeden ook in November in die Fouriesburg-landdroshof verskyn in verband met ʼn afsonderlike moordsaak. “Hy het na bewering vir Babiki Abraham Mokoena (33) op 7 Desember in die Fouriesburg-omgewing doodgeskiet, wie hy van veediefstal verdink het.”

Volgens berigte was Mokoena glo met ʼn byl gewapen. Van Eeden, wat toe ʼn veiligheidskoördineerder van ʼn landbou-organisasie was, is destyds met sy eerste hofverskyning op borgtog van R5 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Cherokee ·

Te oordeel aan die inligting verskaf klink dit asof hy uitgelok het dit wat hom nou getref het.

J ·

Kan boere in die omgewing vir Ons meer vertel oor hierdie man? Is hy wreed of het jy net homself verdedig toe hy diewe wou aankeer?

Louis ·

Hulle het om geslaan met byle, Sou jy net gebly le en kyk het? Hy het homself verdedig

Andrea Van Zyl ·

Hy is n local van fouriesburg, baie sag geaard,glad nie wreed nie, my persoonlike opinie baie goeie mens .. sterkte Josef

Boerin v Fouriesburg ·

Nee hy is glad nie wreed nie. Hy is n baie regverdige mens. N man wat altyd met n oopdeur vir sy naaste. Josef ons bid vir jou dat regverdigheid sal seevier. Mense moet eers die waarheid weet voor hulle hom veroordeel!

WN ·

….ek dink dit is nog n boer wat verby raadop is. En ja, toe sien hy een mielies steel ook…

boer2 ·

Ek keur glad nie sy optrede goed nie maar, miskien moet iemand ons vertel hoe dit is om op die grens met Lesotho te boer. Ek weet dat veediefstal feitlik daagliks plaasvind. Soms self uit die kraal waar hulle in die aand veilig behoort te wees. Ek het al ooie, wat die vorige dag elk ‘n tweeling gehad het, uit die kraal verloor en ek boer nie eens naby die grens nie. Die velle en koppe is nie ver daarvan daan gekry nie. Is daar ‘n verskil wanneer ‘n persoon jou erf in die dorp of jou plaas betree?

Francois le Cochon ·

Miskien het die plaaswerker muti gedrink wat hom onsigbaar gemaak het. Die boer kon hom dus nie sien nie, en het hom per ongeluk raak gery!

Andrea van zyl ·

Hy is n local van fouriesburg, baie sag geaard, glad nie wreed nie, my persoonlike opinie baie goeie mens. sterkte Josef. … dink aan jou en familie

sonja ·

Mees hulpvaardigste mens aan medemens,eerlik en opreg…nooit gewelddadig ni….hou jou in ons gebede en gedagtes Josef….

Joh. 3:16 ·

Ek is verbaas hoe die kommentare die moord daad eensydig namens die boer regverdig. Wat is nou die verskil tussen hierdie eensydige selfregverdiging en die selfregverdiging van misdadige optrede van ander volke in die land? Die man het iemand vermoor oor hy mielies opgetel het na dit klaar geoes is. Die Bybel leer dan dat oeste wat val op die land gelos moet word vir vreemdelinge en armes (Lev.19:9-10; Deut.24:19-21). Besef julle dat julle regverdiging soek vir moord!

Boerin ·

Boere is ekonomies so onder druk. Daardie mielies is sy vee se kos waarop hy reken om hulle aan die lewe te hou. Die vee is sy inkomste wat hy nodig het om mense wat vir hom werk, te betaal, om sy besigheid aan die gang te hou en om sy familie aan die lewe te hou. Met geen hulp van enige kant (polisie) maak diefstal dit feitlik onmoontlik om aan te gaan. Ons boer in verre Noord Transvaal. Strikke wat bees/wild vang …nie om te eet nie, dis die skelms se besigheid. Polisie kry hy hulle vleis/hulle het sterk muti/het familie in hoë plekke…net mooi niks word ooit opgelos nie. Nie eens die oortreding van n beskermingsbevel lei tot enige arrestasies nie! Sterkte my mede boer

Wouter ·

Die mielies in die bybel is slegs n vergelyking dat dit wat jy nie gaan gebruik nie jy vir ander moet gee. Die mielies hier bly die eiendom van die boer. Hulle tel dit op met die hande en dors dit of gee dit vir hul diere. Die dief het privaat grond betree om te steel. As jy hom konfronteer steek hy jou met n mes of kap jou met n byl. Josef ek bid vir jou, jy het slegs jouself en jou eiedom beskerm voor jy self vermoor was.

klawerbord ·

Dit was ‘n ongeluk, hy het voor die boer se voertuig ingehardloop. Dit was onvermydelik!

Lourens Maritz ·

Ek het nie ‘n probleem met die knaap hierbo se mening oor die mielies wat agterbly gelos moet word vir die armes nie. Maar daar bly seker ‘n ding soos ordentlikheid om toestemming te vra voor jy ‘n boer se grond betree. Nee man, hy is ‘n dief wat oortree het en my simpatie lê by die boer.

DH ·

Dit is nie maklik om te boer nie viral nie in vandag se tyd nie, die wat hulle monde uitspoel van wat moes en wat nie, plaas julle self in Josef se skoene en probeer boer sonder dat julle moet toekyk hoe ander mense jou besteel en probeer vermoor as jy daarvan ‘n bestaan probeer maak juis om honderde ander se monde vol kos te probeer hou en gesinne aan die gang hou. Josef is ‘n opregte, goedhartige boer wat net soos al ons ander homself probeer beskerm het teen ‘n vee dief wat hom met ‘n byl probeer doodmaak het en diefstal probeer voorkom het. Sterkte Josef jy is in ons bede.

Dud ·

Die Witmense in die Bethl & omgewing is baie rassisties… se wat julle wil maak wat julle wil. Daar is so baie soortgelyke situasies, dis net dat dit goed kan weg gesteek word, geld wat stom is maak reg wat krom is… dat wit plaasmoorde hier nog ni aan di orde vd dag is ni; is n blessing wat hierdie mense nie raaksien ni en dus aanhou om “nie wit” mense erger as stroot honde te behandel.

Katryn ·

Vandag se Boere is deel van ons “Endangered species”. Jy kan niemand meer vertrou wat op jou plaas rond beweeg nie en Boere moet hulle-self en hulle familie beskerm. My pa boer langs die Lesotho grens. Hy is in sy huis aangeval en agt keer met n mes gesteek en gelos vir dood. Hy was gelukkig om te oorleef. Josef jy het reg op getree, jy het beskerm wat joune is. Sterkte vir jou. Ek staan sterk vas agter al die boere wat op staan vir hulle-self en hulle families. Moenie die Boere oordeel omdat hulle vir hulle-self opstaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.