Vrystaat-boere word met plaasveiligheid gehelp

Argieffoto

Argieffoto

Die Agri Securitas Trustfonds het Maandag aangekondig dat hy finansiële ondersteuning gaan bied aan Vrystaat Landbou se aksieplan om plaasmisdrywe in die provinsie te bekamp.

“Dié geld gaan aangewend word vir die befondsing van Vrystaat Landbou se nuutgestigte veiligheidslessenaar en vir die oprigting van ʼn radio-herhaler wat Philippolis se landbougemeenskap bedien,” het Japie Grobler, die voorsitter van die Agri Securitas Trustfonds, in ʼn verklaring gesê. “Albei projekte sal ʼn bydrae maak in die stryd teen landelike misdaad, en is op ʼn voorkomende optrede ingestel.”

Grobler het gesê ondanks goeie werksverhoudinge tussen die boeregemeenskap en die regering se veiligheidstrukture op nasionale- en provinsiale vlak, bly vlakke van geweld en misdaad steeds hoog.

Die veiligheidslessenaar sal onder andere misdaadtendense en aksieplanne bepaal. Dié span sal die uitvoering van Vrystaat Landbou se Landelike Beveiligingsplan, wat geskoei is op die Landelike Beveiligingstrategie van die polisie, ondersteun.

“Ondoeltreffende kommunikasie skep ook probleme,” het Grobler bygevoeg. “Die Philippolis-omgewing is genoodsaak om ʼn radio-herhaler op te rig om hulle noodkommunikasie te verbeter. Dié herhaler sal die radiostelsel in die gebied ondersteun deurdat almal in die gebied nou daarop sal kan inskakel.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.