Vrystaat-botsing: Dodetal styg

Die ongelukstoneel.

Die ongelukstoneel.

Die dodetal het skerp gestyg ná Vrydagoggend se gru-botsing tussen Zastron en Sterkspruit in die Vrystaat.

Die departement van gesondheid in die Vrystaat het bevestig 12 verkoolde liggame is uit die wrak van ʼn minibustaxi verwyder en vier van ʼn bakkie. Maroela Media het vroeër berig die bakkie en minibustaxi het reg van voor op die R726 gebots. Die minibustaxi het ná die botsing aan die brand geslaan.

Die departement het vroeër gesê ʼn boer van die omgewing het die bakkie bestuur en was ná die botsing in die wrak vasgekeer. Hy is op die toneel dood verklaar. Volgens die departement is drie van die oorledenes kinders.

Butana Komphela, LUR vir gesondheid in die Vrystaat, het sy skok oor die voorval uitgespreek. “Ons pleit by padgebruikers om verantwoordelik te wees.” Komphela het sy medelye uitgespreek met die families van die oorledenes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
tom

Ek kan jou wed as jy na die foto kyk is daar n sperstreep dis daai taxi se skuld

Gene Andrione

Soos ek vanoggend gesê het die metro polisie wat sigbaar was het vanaf De Aar tot en met Pretoria spoedig kameras beman agter brue weg gekruip en in die middelman . Die motoriste het op solide sperstrepe verby mekaar begaan ek moes n paar keer in die feel Streep ry om n kola an bossing te vermy . Punt die verkeers polisie doen nie hulle werk nie , hulle is net uit vir geld maak

Sperstreep

Sou daardie ‘n soliede witlyn wees op die foto? Gister naby Deneysville foeter hy met sy insleepvoertuig by my én die stadigbewegende vragmotor voor my verby teen die opdraende se sperstreep. Verlede Maandag op die R59 (Sybrand van Niekerk-snelweg) ry jy 120/130 dan gaan hulle selfs aan jou linkerkant verby terwyl jyself op die punt is om verby te steek. Daar was nog twee ander sulke gevalle wat ek gesien het. Blaas vir hom toeter en die twee vingers word vir jou gewys. Ook het ek die afgelope week verskeie verontagsamings van rooiligte en stoptekens gesien. Nee-wat, indien dit so… Lees meer »

Buddy

Die taxi bestuurders voel niks vir hulle passasiers nie. Jy moet di N1 tussen Limpopo en Kaapstad in die vroeë oggend ure beleef om te verstaan waarvan ek praat! Dit is n uiters magtelose gevoel …

Zoro

Ja dis tragies! Kyk maar na die pasiewe wetstoepasing wat toegepas word. Die kundige wetstoepasers is uit die verkeer geboender en vervang met kaders. Die verkeer het n familie instansie geword. Gaan kyk maar hoeveel familie groeppe is in die Vrystaat verkeer. Daar is geen orde, gaan hoevee van die wetstoepasers het krimenele rekords. En dit is die prys wat die publiek betaal.