Vrystaat-botsing: Dodetal styg

Die ongelukstoneel.

Die ongelukstoneel.

Die dodetal het skerp gestyg ná Vrydagoggend se gru-botsing tussen Zastron en Sterkspruit in die Vrystaat.

Die departement van gesondheid in die Vrystaat het bevestig 12 verkoolde liggame is uit die wrak van ʼn minibustaxi verwyder en vier van ʼn bakkie. Maroela Media het vroeër berig die bakkie en minibustaxi het reg van voor op die R726 gebots. Die minibustaxi het ná die botsing aan die brand geslaan.

Die departement het vroeër gesê ʼn boer van die omgewing het die bakkie bestuur en was ná die botsing in die wrak vasgekeer. Hy is op die toneel dood verklaar. Volgens die departement is drie van die oorledenes kinders.

Butana Komphela, LUR vir gesondheid in die Vrystaat, het sy skok oor die voorval uitgespreek. “Ons pleit by padgebruikers om verantwoordelik te wees.” Komphela het sy medelye uitgespreek met die families van die oorledenes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

tom ·

Ek kan jou wed as jy na die foto kyk is daar n sperstreep dis daai taxi se skuld

Gene Andrione ·

Soos ek vanoggend gesê het die metro polisie wat sigbaar was het vanaf De Aar tot en met Pretoria spoedig kameras beman agter brue weg gekruip en in die middelman . Die motoriste het op solide sperstrepe verby mekaar begaan ek moes n paar keer in die feel Streep ry om n kola an bossing te vermy . Punt die verkeers polisie doen nie hulle werk nie , hulle is net uit vir geld maak

Poppie ·

Die ongelukke is nie die polisie se skuld. Uit en uit taxis se skuld. As jy soos n aap ry kan jy nie iemand anders blameer as jouself nie.

Gideon ·

Wie is die wat by die spersyrepe verby jaag. Niemand anders as die wat sie spoed oortree. As die verkeersafdeling hulle vang geld die 80-20 beginsel. Laat hulle TOESLUIT vir spoed oortreding. Want dit is hulle die dood op die paaie is. Ja ek stem hulle moet ook die vang wat op sper strepe verby gaan. Gaan koop vir jou een van die kameras wat in jou voertuig se venster geistalleer kan word en neem hulle af. Verskaf die materiaal aan die verkeers afdeling en hulle volg dit wel op. Dit is nie die verkeersafdeling wat die ongelukke maak nie maar die wetelose SA bugers – van alle groepe. My ondrvinding is dat meer as 90% wat by my verby jaag al ry ek 124 kph op my spoedmeter is BLANKES.

Kaufman ·

Poppie, jy verstaan nie. Verkeerspolisie is veronderstel om padgebruikers te beinvloed om padreels te gehoorsaam. Die vrystaat het van die slegs te, nutteloosste verkeersbeamptes in die ganse wereld.

Sperstreep ·

Sou daardie ‘n soliede witlyn wees op die foto?
Gister naby Deneysville foeter hy met sy insleepvoertuig by my én die stadigbewegende vragmotor voor my verby teen die opdraende se sperstreep.
Verlede Maandag op die R59 (Sybrand van Niekerk-snelweg) ry jy 120/130 dan gaan hulle selfs aan jou linkerkant verby terwyl jyself op die punt is om verby te steek. Daar was nog twee ander sulke gevalle wat ek gesien het.
Blaas vir hom toeter en die twee vingers word vir jou gewys. Ook het ek die afgelope week verskeie verontagsamings van rooiligte en stoptekens gesien.
Nee-wat, indien dit so aangaan sal dit wéér ‘n slagting wees op ons paaie.

Buddy ·

Die taxi bestuurders voel niks vir hulle passasiers nie. Jy moet di N1 tussen Limpopo en Kaapstad in die vroeë oggend ure beleef om te verstaan waarvan ek praat! Dit is n uiters magtelose gevoel …

Zoro ·

Ja dis tragies! Kyk maar na die pasiewe wetstoepasing wat toegepas word. Die kundige wetstoepasers is uit die verkeer geboender en vervang met kaders. Die verkeer het n familie instansie geword. Gaan kyk maar hoeveel familie groeppe is in die Vrystaat verkeer. Daar is geen orde, gaan hoevee van die wetstoepasers het krimenele rekords. En dit is die prys wat die publiek betaal.

ben ·

Jaa is so 10 uit 12 is taxi en al di gaverment kare ga op sper streepe verby

Nel ·

Van watter planeet is jy en watse taal praat en skryf julle daar??

Tiger ·

Hou op om te pleit by mense om verantwoordelik te bestuur en begin deur die bestaande wette vir padgebruikers TOE TE PAS deur genoegsame wetstoepassers op alle nationale paaie NOU te ontplooi.Indien daar nie genoeg wetstoepassers is nie is hier ‘n gulde geleendheid om duisende werke te skep.

Deloris ·

Mense ek hoop my boodskap gaan by die regte oe uitkom. Dankie an my HHRRR dat hy ons veilig in die Kaap gebring het. Hierdie kop aan kop votings waar onnodige mense, het ons gesien hoe o erskillig ry hier flippen taxi drywers, gaan verby op dubbel strepe, opdrae des, vat vet kanse. En so veroorsaak HULLE pad gelukke waar onnodige mense sterf. Hulle ry ordentelik wanneer hulle beamptes sien en sodra hulle verby is, dan trek xie duiwel weer los….. hoe gaan ons dit probleem beheer…?

Deloris ·

Flippen hel as hulle net gevang kan word….. Taxis onverskillig….. ek kry die passasiers soo jammer. Verbied taxis op lang roetes, gebruik slegs busse is my voorstel……

Tinktinkie ·

As van ons ry soos ons spel…voorsien ek baie ongelukke ?

Kobus ·

Toevallig my siening ook Tinktinkie….K53 seker geskiep met n ou randjie of twee

Erica ·

In hierdie geval is die nalatige bestuurder deur die verkeerspolisie gearresteer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.