Vrystaat-botsing eis ses lewens

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Ses mense is Saterdagaand dood in ʼn botsing op die pad tussen Heilbron en Sasolburg in die Vrystaat.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het laataand op die R37 gebeur toe twee motors reg van voor gebots het.

“Een van die motors het na bewering uitgeswaai in die aankomende baan in en die ander voertuig reg van voor getref,” het Rossouw gesê. “Toe paramedici by die toneel opdaag, was ses mense op die toneel dood, maar een van die insittendes, ʼn swanger vrou, het die ongeluk oorleef.” Sy is per ambulans na ʼn hospitaal in Sasolburg geneem.

Volgens Rossouw was ʼn sewejarige seun en 14-jarige meisie onder die oorledenes.

Die polisie was op die toneel om die ongeluk te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wouter ·

Seker vir n slaggat uitgeswaai en met hul lewens geboet. Wie se skuld moet dit eintlik wees? PAO.

KLEIN ·

Soos Wouter sê seker `n slaggat.
Kom ons noem dit pad moord. Waar soek mens vir hierdie skuldiges.

Paul Bergh ·

Dit is bloot van roekelose bestuur en die feit dat die pad baie verkeer dra en slegs een baan het en daar nie maklik verbygegaan kan word nie. Ek en my gesin was ‘n ruk gelede ook amper in ‘n kop aan kop botsing maar met die Here se genade kon ons dit vermy deur betyds uit te swaai en van die pad af te ry alhoewel ons nog verby mekaar geskuif het en skade aangerig is. Die bestuurder het eenvoudig net in die aankomende verkeer ingery en toe eers die bakkie voor my getref en toe op my afgepyl. Dit is maar ‘n gereelde storie op die pad dat mense van die pad moet afry om ‘n botsing te vermy. Die persoon verantwoordelik vir die ongeluk waarin ons was is nie eers aangekla vir roekelose en gevaarlike bestuur nie maar toegelaat om verder te ry met ‘n bakkie wat gestamp was. Die pad het nie potholes nie en word gereeld in stand gehou. Dit is die hoofroete tussen Jhb en Qwaqwa.

nic ·

Paul, ek sien jy weet waarvan jy praat. Ek ry daai pad gereeld, veral naweke is dit baie gevaarlik. Soos jy tereg se, die Qwa-Qwa verkeer asook die lokasie voor Heilbron teen die pad en ook by Sasolburg. Diere en mense kruis die pad na willekeur. Daar is ook nie meer drade nie. Self het ek en my gesin nou die aand amper ñ perd getref. Tot dusver ook hier net genade!

Dawie ·

ek ry pad amper elke dag… Nie in slegte toestand nie…. Bestuurders is eerder groot probleem….. Oor naweke vererger probleem…..as ek sien hoeveel voertuie stop by die drinkplekke in Heilbron op dieselfde pad wonder ek hoeveel is nugter wat die pad vanaf Heilbron aanpak……raak ontslae van die drinkplekke en daar behoort klaar verskil te wees…… Hierdie drinkplekke is ook groot probleem in die dorp vanwee die geraas wat hulle maak om die aandag van bestuurders re trek….. Luidsprekers op stoepe ens en ek het nog nie een keer gesien daar word stappe geneem teen bestuurders wat getoets word vir dronkbestuur nie. Ek seg nie die betrokke ongeluk was die oorsaak van dronkbestuur nie maar dit is in elk geval n groot probleem op die elke pad VANAF Heilbron…… Die verkeersbeamptes tussen Heilbron en Sasol is elk geval net in die dag op die pad en daar loop talle stories van korrupsie, omkopery ens….. In totaal ‘n resep wat nog baie lewens gaan kos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.