Vrystaat-brande: Klagte teen Ndlozi gelê vir aanhitsing

EFF-woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi. (Foto: Facebook)

Die Demokratiese Alliansie het Donderdag strafregtelike aanklagte aanhangig gemaak teen Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, vir aanhitsing tot brandstigting ná ʼn liedjie wat hy in Senekal gesing het.

Die liedjie se woorde kan vertaal word met “roep die brandweer, brand hierdie Boere”.

Natasha Mazzone, hoofsweep van die DA, het in ʼn verklaring gesê dié woorde is nie net vol haat nie, maar dit is ook aanhitsing tot brandstigting, geweld en anargie deur Ndlozi en sy “mede-EFF-kwasi-revolusionêres”.

Die DA veroordeel Ndlozi se uitsprake ten sterkste. “Dit is ʼn teken van sy absolute minagting vir die veiligheid van landelike gemeenskappe en hulle lewens, en ʼn teken van sy eie en sy party se algehele minagting van demokrasie, die wet en privaat eiendomsreg.”

Duisende hektaar grond in die Vrystaat is deur brande verwoes. “Alhoewel die oorsaak van die brande nog onbekend is, weet ons dat ʼn politikus wat liedjies sing dat ‘die brandweer geroep moet word’ en ‘die Boere moet brand’, dit gevolg is deur grootskaalse verwoesting.”

Mazzone sê die EFF is bekend daarvoor dat hulle geweld en verwoesting aanhits. “Hulle wil eerder sien hoe Suid-Afrika afbrand in hul strewe na hul eng politieke belange. Die DA sal nie net staan en kyk hoe fascistiese, rassistiese boelies soos die EFF die wette van die land minag nie. Die DA is ʼn party van reëls, wette, grondwetlikheid en demokrasie.”

Die DA het strafregtelike aanklagte teen Ndlozi aanhangig gemaak en ʼn klag ingedien by die parlementêre etiekkomitee. “Ons het die uitsprake ook na die Menseregtekommissie verwys om die woorde van die liedjies te ondersoek en dit as haatspraak te verklaar. Dit is tyd dat die parlement, hoofstuk 9-instansies en wetstoepassers hul tande wys en stappe doen teen die EFF se boewery en geweld. Hierdie instansies moet op die voorpunt wees om ons demokrasie te beskerm. Hulle kan nie in die skadu’s wegkruip nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Rentia ·

Uiteindelik DA… dis jammer dat die Vrystaat eers moes afebrand word VOOR julle wakker geword het. Sal daar egter iets gebeur van waarde met hierdie saak?

Gemaskerde Sopbeen ·

Nee wat niks sal gebeur nie. Daar is so ‘n oorvloed klagtes wat deur politieke partye aanhandig gemaak word dat niemand weet wat daarvan word nie.

PieterP ·

Daar sal niks van kom nie. Hulle is die ANC se puppets om te sien hoe vêr die res van ons minder liberales gedruk man word voordat die modder spat

koos10 ·

Dis al wat die EFF doen. Saai onmin en sweep mense op. Seker om die aandag van hulle korupsie af te trek.

Michael ·

Hulle doen net die vuilwerk vir die ANC-die ANC sit eintlik agter alles. Niks sal met hom en EFF gebeur nie. Minister van polisie sit dan langs hul leier in die hof terwyl die terroriste buite maak en breek soos hul wil

Jaco ·

Waarom kan al die wit mense van SA nie net gedeporteer word nie? Die ANC en die EFF hou dan nie van ons nie. Stempel groot in elke paspoort “Return to South Africa is forbidden for the holder of this passport”. Dan sal Europa, Amerika, Kanada en Australië gedwing wees om ons in te vat”.

Dirk Mostert ·

Dis nie hoe dit werk nie, Boet. Geen land is verplig om ‘n ander land se ongewenstes te vat nie. Ons het die reg om hier te wees. As daar niks anders oorbly nie, kan ons nadoods by ons vyande gaan spook!

katerinadiekat ·

Maar Europese lande vat hordes uit die Midde Ooste en Noord Afrika.

Dirk Mostert ·

Dis waarvoor die Britte vir brexit gestem het. Europeers is reeds sat vir migrante.

Karina ·

Jaco die is my geboorteland, hier het my voorsate gebly en geboer, ek wil nie na ‘n vreemde land toe gaan nie. Die enigste nasie / ras wat ‘n eis kan lê op grond, is die Khoi San mense, die ander nasies het van ander lande af gekom en hier kom vestig. Ek het so bietjie opgelees. ANC en hulle EFF puppets het geen reg op grond in Suid Afrika nie, net die Khoi San mense het, en hulle word nogsteeds verdruk en uitgestoot.

Dirk Mostert ·

Daar is nie meer San (boesmans) in S.A. nie. Ware Khoi het nie styl hare nie.

katerinadiekat ·

Meer veilige lewe en n toekoms vir ons kinders en kleinkinders.

Caro ·

Ek stem 100% saam met jou, Jaco. Wens ons almal kon saam hier weg en iewers veilig gaan woon.

Nadia Dawn ·

Ons moet dalk n provinsie vat en al die mense soontoe verhuis dan maak ons soos Oranie begin ons eie gov dan kan hulle die res van die land vat en maak met dit wat hulle wil

Persheks Adri ·

Goed en gaaf, maar hoekom nie die hele EFF lot nie en net die 1? Ons wéét MRK gaan niks doen nie en die rooi petters hits alles aan! KILL THE BOER en roep die brandweer is beslis TEEN ons blankes! EFF must fall tsek man julle klomp rassiste saam met jou regering. Kom ons kyk wie gaan val, want hulle hou aan krap en krap ek sal ‘n aar bars só irriteer hulle my

daniel ·

Die mense wat daadwerklik kan op tree teen die EFF kruip weg wanneer die EFF vervolg moet word. Hoekom?.

agnes ·

As hy die oorsaak is van die verskriklike Brande, dan is my raad: brand hom en sy party af

Nozi ·

Wat ek nie kan verstaan nie,die eff skree vir die land se ekonomie maar wat het hul regtig tot dusver toe gedoen. Niks wat ek kon sien nie. Hul het soveel haat en geweld in hul en hul was nog nie eenkeer erenstig aangespreek daaroor nie. Hoeveel sake is hangend teen hul maar elk keer word dit net uitgestel. Hul word met sagte handskoentjies hanteer en net liggies oor die vingers getik. Een of ander tyd sal iemand se oe sekerlik begin oopgaan en dinge raaksien, maar ek is bevrees dit gaan dan te laat wees. Ons sal hierdie spasie dophou en sien wat is die uitkoms van hierdie aangeleentheid.

gpsa ·

Dankie DA, julle help baie om te probeer om weer in die regte rigting te beweeg. Respek vir julle.

Nico ·

Wat sê die DA nou van daardie boer wat so erg gebrand het a.g.v. Ndlozi se aanhitsing van hierdie veld brande. Ek wil sien waar die EFF gaan kos kry as dit so aangaan.

PieterP ·

Hy kan nie omgee nie. Sal die plaashuis afbreek en die sinke gebruik om ‘n shack opte slaan en daar sit en kyk hoe 10 x 10 meter lappie mielies sukkel om te groei.

Leon ·

Ag, die DA is gedurig besig om klagtes in te dien. Dan hoor ons nooit weer daarvan nie. Haal vir ons één suksesvolle strafsaak na so n klag.

Dirk Mostert ·

Gee die DA krediet omdat hul iets probeer doen. Dis nie hulle skuld dat ons regstelsel defek is nie.

Dirk Mostert ·

Nou moet die boere hom en die EFF nog dagvaar vir skadevergoeding aangesien hy aandadig was aan brandstigting deur opsweping. Breek die knape finansieel!

Genis ·

Die EFF pas die ANC en nommer een soos n handskoen.. Hulle doen al die vuil werk, dan lyk die ANC goed en onskuldig… ou Papbroek Ramapaddapot gaan niks se of doen… Die MRK is ANC kaders… eindelik as ons dit erken of nie, die ANC is EFF-Light…

ES ·

Goed so! Kla hom van terrorisme aan! Wat goed is vir een burger van hierdie land, moet goed wees vir ‘n ander!

Karina ·

Rooi kappies kan maak wat hulle wil, niks sal gebeur nie. Malema self het eenkeer gesê “the law can’t touch me” Was verlede jaar een of ander tyd.

Gert Johannes ·

Moenie die ANC se bydrae vergeet nie!! Wie het vir vervoer van die 1 000 de betaal en die borgtog vd moordenaar??@@

Natasha ·

Die EFF kan maak en breek soos hulle wil en word beskerm, maar laat een boer nou die presiese woorde herhaal en sê dat hulle gebrand word dan kry hulle 3 jaar tronk straf of erger. Dinge gaan nog baie erger raak en kan tot volskaalse oorlog lei as ons nie nou stop sit aan dit nie.

Dries ·

Voor een van die mense van hierdie groep/party/kult nie daadwerklik gestraf word vir hulle wandade nie, sal hulle voortgaan met hierdie gedrag, want die boodskap tans is: Ons kan met enige iets wegkom.

Suzette ·

Die oorsaak van die brande is nog onbekend – regtig????? Dit is nie onbekend nie – ek het dan ‘n video gesien wat deur plaasboere geneem is wat wys hoe die terroriste rondhardloop met stokke wat brand en sover as wat hulle hardloop steek hulle gras aan die brand…. hulle was uittartend en jy kon net tande sien soos wat hulle lag terwyl hulle brand stig want hulle weet die boere kan nie ‘n hand lig nie. Voor daar nie ‘n voorbeeld van hierdie goed gemaak word nie, gaan dit nie einde kry nie. Hulle voel onaantasbaar.

MakersMark ·

Sal goed wees moet ook sy rekening nagaan vir VBS geldjies dis nie net sy groter boetie floyd wat geskep het nie. Hopelik sal die “commander in chief” ook nagegaan word. Dink hy moet sy titel verander net na “chief” dit is trou aan tradisie.

pieter ·

Die Da praat , praat en praat, bokkerol gebeur nie , doen daadwerklik iets anders , ons sien net lippe taal .

J ·

Wat het geword van die KERKE in SA?

KERKE is veronderstel om moraliteit voorop te hou in die gemeenskap.

Ek kannie glo dat 75% van die SA burgers as Christene identifiseer maar die Christen kerke is doodstil?

Waar’s die ZCC, die Methodiste en die Katolieke kerke ens. se stemme?

SKANDALIG!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.