Vrystaat-busongeluk: Dodetal bevestig; moegheid glo oorsaak

Foto: Halo Aviation

Foto: Halo Aviation

Die LUR vir gesondheid in die Vrystaat, dr. Benny Malakoane, het gesê die busongeluk tussen Winburg en Ventersburg is op die oog af deur ʼn menslike fout veroorsaak.

Volgens Malakoane is 11 mense in die ongeluk dood en 59 mense beseer. Hy het gesê een kritiek beseerde persoon is per helikopter na Bongani-hospitaal in Welkom vervoer terwyl die ander 20 kritiek beseerdes met ambulanse na onderskeidelik Bongani-hospitaal en Boitumelo-hospitaal in Kroonstad vervoer is. Die ander beseerdes is na hospitale in Winburg en Virginia vervoer. Malakoane het intussen gesê die beseerdes sal later na hospitale nader aan hul huise oorgeplaas word.

Maroela Media het vroeër berig die bus het ANC-ondersteuners van Port Elizabeth vervoer toe dit langs die N1 omgeslaan het. Die ANC-ondersteuners het Saterdag die party se verkiesingsmanifesbekendstelling bygewoon. Volgens Malakoane het die bestuurder van die bus vermoedelik aan die slaap geraak.

“Die ANC het met leedwese kennis geneem van die noodlottige ongeluk in die Vrystaat,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die party, vroeër gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Hannelie ·

Daar kom die waarheid toe uit! Busbestuurders wat plekke ruil sonder om te stop!!! Iemand se kop gaan waai!!!

Cobus ·

Onskuldige mense word vir duisende kilometers aangery om steun aan zuma te gee……….mr president die bloed is op jou hande……..

jemma ·

Jy is so reg…hierdie mense word deur massa histerie gebreinspoel.

Paul ·

Die president sing mos bring my masjiengeweer, ons gaan die Boere skiet. Daar is beslis ‘n mag baie groter as ons mensies wat die skaal weer gelyk trek. Tyd vir die president en sy party om te gaan.

elize naude ·

jou mensveragtende kommentaar spreek bloot van jou lae selfbeeld… sê jy dieselfde oor plaasmoorde?

Nico Strydom ·

Dagsê
Greg se kommentaar is verwyder.
Maroela-redaksie

Petro ·

Dis goed dankie
Sy kommentaar was onnodig
Sterkte aan die families

Elizabeth Bosman ·

Is twee bestuurders dan nie verpligtend op sulke lang roetes nie?

Cjan ·

2Drywers is vepligtend. 70 mense in totaal op die, is die getal toelaat baar? Vra net.

Ronell ·

Daar was twee, maar mens moet eers die bus stop voordat jy omruil. Hulle was nie lus nie.

maureen cronje ·

Ondersteuners word gelok met n ete of twee en offer n lewe op sonder dat hul weet waarvoor. Die ANC sal moet verantwoording doen eendag. Innigste simpatie met naasbestaandes.

Tinktinkie ·

Maureen hoe kan jy d ANC verantwoordelik hou vir individue se besluite om op d bus te klim?? Age nee kom by!!As jy op ‘n bus klim werk toe en daars n ongeluk dan is dit jou werk se skuld want hulle lok jou met n salaris??? Is mense snaaks of net dim?

ig ·

Miskien is dit n voorbode van voorvaders af dat dit n teken is om nie op die verkeerde bus te klim nie.Wanneer gaan mense leer dat n freebee kom teen n prys?

Joann ·

Dit is so onnodig. Elke provinsie moet sy eie ding doen of word hul met stem dag ook so aangery op belasting betalers se onkoste om hier in Oos Kaap te kom stem? Kry kos en T shirt. Eish so vlak.

alida ·

Presies, Hoekom moet ondersteuners 2000 km aangery word en hul lewe in gevaar stel om JZ te ondersteun. Elke streek het mos sy eie mense. Dit kon verhoed gewees het. Die bestuurders van busse stop by ‘n dorp en ruil dan plekke. Hoe de hel kan jy plekke ruil terwyl die bus ry !!!! Dit is waansinnig !!!

Donovan ·

Hierdie is tragies en n verlies van mense en nie n klom skape of beeste nie… in daardie bus kon jou nene gewees het waarop jy se rug groot geword het… kry n hard asb… nie al wat gekleurd is is sleg nie… ek ken wit mense wat slegter is as… Dit is deur ons eie toedoen dat ons sit waar ons sit… laat die Goeie Heer jou hard verander en jou oe verlig dat julle die groter prentjie kan sien…

NEL ·

Donavan, kom ons kry eers die spelling reg van hart, dan is ons al ‘n stappie voor. Ek sal nie so ver ry vir ‘n T-hemp en ‘n kospakkie nie, en dan onvang jy die klomp lee beloftes wat Zuma die afgelope jare aan die mense gegee het. Hy het ook die mense belowe dat hy korrupte minister sal aanspreek by monde van moet asb nie weer geld steel nie want die klom wit belasting betalers raak g@tvol vir die ANC omdat hulle die geld so verkwis.

Daar was verseker nie twee bestuurders op daardie bus nie, die tweede was sommer een van die ondersteuner wat aangebied het om die bus te bestuur aangesien hy al gesien het hoe die drywer tussenhakkies die bus hanteer. Sal ook graag wil sien of die drywer of drywers die nodige P.D.P in plek het en wanner hy die laaste keer ‘n dokter gepass het.

Sal die media fyn dophou.

Oupa D ·

Tragies, tragies, tragies! Mense word gebreinspoel met ‘n gratis uitstappie, t-hemp en ‘n paar hamburgers – net om hulle lewe weens die waansinnige optrede van 2 busbestuurders te verloor! ‘n Mens is verstom en hartseer.

Anoniem ·

Drank het seker ook n rol gespeel!!! Nou gaan ons weer betaal vir hul foute…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.