Vrystaat-busramp: Voorlopige verslag dan uitgereik

Foto: Halo Aviation

Foto: Halo Aviation

Die Ekurhuleni-metro het Maandag gesê ʼn gesamentlike operasionele sentrum is op die been gebring om alle inligting rondom Sondag se dodelike busongeluk, waarin 11 ANC-ondersteuners dood is, te koördineer.

Die bus het nagenoeg 70 ANC-ondersteuners, meestal van Vosloorus en Katlehong, van Port Elizabeth in die Oos-Kaap terug na Ekurhuleni vervoer, toe dit langs die N1-snelweg tussen Winburg en Ventersburg in die Vrystaat omgeslaan en gerol het. Die ondersteuners het Saterdag die party se verkiesingsmanifesbekendstelling in Port Elizabeth bygewoon. Elf mense is dood nadat hulle uit die bus geslinger is en onder die wrak beland het. Nagenoeg 59 mense is beseer.

“Die sentrum is by die Palm Ridge-brandweerstasie opgerig om alle inligting rondom die ongeluk, die oorledenes en beseerdes te koördineer,” het Themba Gadebe, Ekurhuleni se woordvoerder, gesê. “Die families van die oorledenes en beseerdes het nou ʼn sentrale punt waar hull inligting oor hul geliefdes kan kry.”

Gadebe het gesê familielede kan die sentrum by 011 999 3796 bel om ʼn naamlys te kry van mense wat op die bus was. “Die sentrum is gereed om die jongste inligting aan familielede te verskaf oor die status van al die passasiers wat in die ongeluk betrokke was.” Gadebe het gesê beraders is by die sentrum beskikbaar om die families in hierdie moeilike tyd by te staan.

Die LUR vir gesondheid in die Vrystaat, dr. Benny Malakoane, het Sondag gesê op die oog af is die ongeluk deur ʼn menslike fout veroorsaak, aangesien die bus se wiele onbeskadig was en daar nie ʼn ander voertuig in die ongeluk betrokke was nie.

Daar word bespiegel dat die bestuurder moontlik aan die slaap geraak het. Sommige media berig egter ooggetuies beweer die ongeluk is veroorsaak toe twee busbestuurders mekaar in die bewegende bus wou aflos.

Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC), het Maandag aan Maroela Media gesê hy wil nie oor die bewerings kommentaar lewer nie.

“ʼn Span is aangestel om die omstandighede rondom die ongeluk te ondersoek. Ons beplan en hoop ons kan die uitkoms van die voorlopige ondersoek oor twee weke bekend maak, maar ons wil nie die ondersoekspan aanjaag nie,” het Zwane gesê.

Lt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

Lees alle vorige berigte oor die Vrystaat-busongeluk op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Andrè Du Plessis ·

Dit is rerig jammer dat hulle van Gauteng af moes ry om die anc in Oos kaap te gaan ondersteun en dan met hulle lewens te betaal

KP ·

Waarom word plaasmoorde nie ook so deeglik ondersoek nie???????????

NEL ·

KP,dit is lankal nie meer belangrik dat plaas moorde vinnig op gelos hoef te word nie, Nou vang die boere die boosdoeners, dan moet hulle tronk toe gaan.

MM ·

Gisteraand op die nuus het hulle gese die 2 bestuurders het sitplekke om geruil terwyl die bus gery het. So hulle moet sommer heel 1ste by hulle begin.

johann cb ·

Dit is jammer dat mense te sterwe kom op pad na of terug van byeenkomste, dikwels kinders op pad na sportbyeenkomste. Innige simpatie met die naasbestaandes. Sterkte.

TM ·

Hoekom word daar nie sentrums vir ander dinge ook gestig nie? Was dit ander partye se mense wat in die bus was sou sake anders gehanteer geword het. Die ongeluk self is baie hartseer, maar almal se lewens is ewe belangrik en soortgelyke of dieselfde behandeling is nodig vir plaasmoord slagoffers en ander ongelukke.

Lance ·

Dit gebeur as reels nie gevolg word nie ….verander drywers in die ry !!!! …..dink ek het nou alles gehoor. Dis is presies wat in die land gebeur ….reels word nerens gevolg ….so eindig in tragedie …..wat anders kan mems dan verwag

Shame ·

Wonder of aan wie die bus behoort, betaal ons nou al vir anc byeenkomste in die Oos Kaap…..

nols ·

Waar in die reelboek staan dit dat drywers nie in die ry mag omruil nie?

REGINA ·

Ai Nols, dis tog die eerste en belangrikste reel en algemene kennis, selfs n kind van ses jaar sal weet dis verkeerd en ontoelaatbaar dat twee bestuurders omruil terwyl n voertuig beweeg! Waar val jy uit!?

Jo ·

Ek stem saam Regina. Dit hoef nie in n reelboek te staan nie, dis logika.

neelsie ·

Onbevoegdheid en moontlik alkohol is al rede.
Waarom by die padreels hou?
Ons is mos in beheer van alles —- selfs ander se lewens!
Verantwoordelikheid is lankal nie meer deel van baie padgebruikers se denkwyse nie.

Anoniem ·

Haal hulle van die pad af!!!!!!!!!!!!!!!Hulle kan nie bestuur nie…Sien gerus hoe sit hulle…Die een wil le en bestuur en die ander een wil op die stuurwiel sit en bestuur…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.