Vrystaat-dubbelmoord: Egpaar op teregstellingswyse geskiet

Gabriel Daniel Bruwer en sy vrou, Marian. Foto: Verskaf

Gabriel Daniel Bruwer (78) en sy vrou, Marian (67), was met komberse toegegooi toe hul liggame, vasgebind aan stoele in hul slaapkamer Dinsdag op hul plaas buite die Vrystaatse dorpie, Vanstadensrus, gevind is.

Gerhardus Jacobus Bruwer (48), Gabriel se enigste kind en ʼn boer van Zastron, het aan Maroela Media gesê sy pa en stiefma was met ʼn elektriese koord om hul lywe en uiesakkies aan hul hande aan die stoele vasgebind voordat komberse oor hulle gegooi en albei agter hul ore geskiet is. ʼn Kussing is as knaldemper gebruik alvorens sowel Gabriel as Marian geskiet is.

“My pa se buurman het hulle Maandagmiddag die laaste keer gesien toe my pa-hulle oudergewoonte die plaaswerkers in die dorp, sowat 5 km van die plaas af, gaan aflaai het,” het Bruwer gesê.

ʼn Onbekende aantal aanvallers het vermoedelik toegang tot die huis verkry deur ʼn venster se diefwering oop te dwing. Die veiligheidshek in die huis is ook oopgedwing. Daar word nog ondersoek of die egpaar by hul huis ingewag is en of hulle deur die loop van Maandagaand oorval is.

Gabriel en Marian is twee jaar gelede getroud. Foto: Verskaf

Die egpaar se huishulp het Dinsdagoggend hulp ontbied toe sy nie by die huis kon inkom nie.

ʼn Buurman, ʼn polisiebeampte en twee AfriForum-buurtwaglede moes die deure oopskop, waarna Gabriel en Marian se liggame aangetref is.

Die aanvallers het met die egpaar se voertuig, ʼn silwer Chevrolet Spark, op die vlug geslaan. Hulle het vuurwapens, ʼn onbekende bedrag geld wat in die kluis was en die slagoffers se selfone gesteel.

Sers. Mosili Ntsika, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die egpaar se voertuig is Dinsdag omstreeks 20:00 by die sportterrein in Wepener, naby die grens van Lesotho, verlate gevind.

Gabriel het op die plaas waar hy vermoor is, grootgeword. Hy het tot onlangs toe nog met lusern, skape en beeste geboer. Sy vrou, Pietie, is ses jaar gelede oorlede, waarna hy vir Marian, oorspronklik van Cradock, ontmoet het. Hulle is twee jaar gelede getroud.

Gabriel Daniel Bruwer en sy vrou, Marian. Foto: Verskaf

“My pa het die afgelope ruk nie meer aktief geboer nie. Hy het begin sieklik raak van al die jare se lusernstof inasem. Hy het gevolglik van die grond uitverhuur. Tog was hy en my stiefma nog bedrywig op die plaas, het daaglikse take verrig en die werkers in die dorp op- en afgelaai,” het Bruwer gesê.

Bruwer sê hy sal sy pa onthou as ʼn baie harde werker met ʼn sterk persoonlikheid wat vir niks bang was nie. “Hy was baie vrygewig, my ma het hom altyd Vader Krismis genoem omdat hy net wou uitdeel en help. Maar hy was ook kwaai – jy pak hom nie kaalhand nie.”

Oor Marian sê Bruwer sy was ʼn sterk en liefdevolle persoon wat sy pa baie gehelp en ondersteun het. “Albei was baie geliefd in die gemeenskap en nou by hul kerk betrokke,” het hy bygevoeg.

Die Vanstadensrus-polisie ondersoek ʼn plaasaanval en twee sake van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

Die egpaar se begrafnisreëlings is nog nie getref nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Hannelie ·

Gaan die gemors in die land nooit ophou nie???? Ek hoop hulle vang die afskuwelike moordenaars, want deesdae as daar by jou ingebreek word, moet jy bid tot God, want jy gaan beslis nie lewend daarvan af kom nie. Wanneer gaan Ramaphosa hulle iets doen aan die moorde? Of is dit nie ‘n prioriteit nie? Mag die familie vertroos word.

Rooi Jan ·

Dit is n prioriteit net nie in die sin wat ons nodig het nie. Die projek is heeltemal on track. Ek vermoed CR en die security cluster kry weeklikse terugvoering van die projek se status.

Petro Benade ·

Wanner iemand ‘n boodskap stuur na so ‘n wrede moord dan moet daar nooit gese word RIV nie want hoe kan daardie vermoorde mense in vrede rus na wat met hulle gebeur het. Ek dink ook dat die dorpsmense waar die moorde gebeur photos moet kry en afskrifte maak en dit ooral op plak met die woorde “Wreed vermoor en as iemand ‘n leidraad kan gee is daar ‘n beloning. ” Dit sal CR en die regering laat regop sit.

Madeleine Fonternel ·

Petro, wanneer ons die woorde rus in vrede gebruik bedoel ons dit uit die hart. Te meer nog vir mense wat ‘n wrede dood gesterf het. God se vrede word hulle toe gebid in die hiernamaals. Daarom is dit gepas en word dit gebruik. Ons innigste gebed is dat almal wat deur die meule van hartseer en pyn gaan, God se vrede sal ervaar. Dit gaan alle verstand te bowe. Baie liefde en sterkte.

Willie ·

Dis so wreed, mens kan jou indink waardeur die egpaar moes gaan nie… Baie sterkte aan die familie en vriende… Ja CR en jy bemoei jou eerder buitelandse sake, terwyl die boere uitgemoor word.. Daar is bloed op jou hande ook!

Louis ·

Dinge gaan erger raak, ons moet asseblief begin grond identifiseer waarheen ons kan vlug.

HPV ·

Nee Louis, ons kan nie vlug nie, beter opsie is om ons self te verdedig, veg terug teen ‘n minderheid van misdadigers. Die hele land word gevange gehou deur ‘n minderheid van misdadigers, loop jy egter ongewapen kan jy jouself asook jou geliefdes nie verdedig nie. Nog ‘n opsie is bemarking van hierdie misdade aan elke besigheid en koerant oorsee.

TDW ·

Ek gesels met ‘n Afrikaner oor plaasmoorde aangesien die man nou onlangs na ‘n plaas verhuis het, hy sê plaasmoorde gebeur net met mense wat hul werkers sleg hanteer!!! Ek wou op my rug val, is daar werklik mense wat nog so dink?! En dan nog ‘n Afrikaner daarby!
Afrikaners, vertel maar die mense om jou, dis nie slegte mense wat geteiken word nie.

Sussie ·

TDW ek weet nie hoe kan mense nog so dink nie, soos wat jy se die boer praat van “net boere wat hul werkers sleg behandel” word vermoor wat van die 2 ou mensies wat vermoor is na hul werker 4 jaar vir hul gewerk het, kos gegee het betaling ontvang?????
Hoe werk jy 4 jaar vir iemand en vemoor hul? dit add nie op dat “net as jy jou werker sleg behandel” nie

HPV ·

Sussie, is dit ouderdom, siekte, armoede, wat mens geklassifiseer as ‘n “ou mensie”? Peroonlik dink ek dit is ‘n neerhalende en beledigende bekrywing vir enige volwasse persoon.

Boerseun ·

Daar is 2 lanbou organisasies wat dieselfde redeneer. Een het nog die meese lede ook.

Anoniem ·

Hul bloed roep soos Abel s’n van die aarde af na God… hul moordenaars gaan sidder voor God se oordeel.

schalk ·

Die bounty hunter program is met ‘n rede in sekere lande begin. Misdadigers is baie effektief aan die kaak gestel. Dalk kan dit die polisie se tekortkominge aanvul?

Jacques ·

Schalk – Dit is alles goeden wel om so iets te begin , maar en ek se maar dan daar daar n regstelsel in plek wees wat met die goed kan deel anders help dit niks nie .

Anoniem ·

En so word n volk uitgemoor op n baie subtiele manier sterkte aan die familie geen mens verdien om so te sterwe nie

Vreemde mense ·

Raak ontslae van huishulpe en tuinwerkers, inligting word aan die misdadigers gegee. Feit soos n koei.

Tessa Bruwer ·

Dis verskriklik dat ons eie mense so uitgemoor word. En dit vir onbenullige aardse goed. Hoekom moet hulle moor!!!!!!!!!!!

Laat gaan werkers ·

Le al julle werkers af mense, doen julle ie werk.

Gestremde ·

Blankes moet begin saam staan as hulle wil oorleef. Die boere wat se gesondheid agteruit gaan en nie meer aktief kan boer nie, moet vir hul blanke voormanne kry en sulke werkers. En moet asseblief nie met die storie kom dat alle werklose blankes of sleg is of nie wil werk nie. Dit is ‘n feit dat ongeveer 5600 blanke families per jaar verarm weens afdankings en werkloosheid en almal van die kan nie sleg wees nie. Die probleem is eerder dat blankes die gewoonte het om net hul eie pot aan die kook te hou en nie bereid is om te deel nie. Op die einde van die dag veroorsaak die selfsig hul dood. Dit is tyd vir die blankes om te begin saam staan en nie Cyril Ramaphosa, ANC of DA gaan die situasie verbeter nie.

Bly saam ·

Ja ons moet saamstaan en mekaar help veral met blyplek. As ons in groter groepe bly is ons veiliger.

wawydwakker ·

Ek het nie meer woorde nie….. By elke plaasaanval kom die moordenaars weg met wapens. Maw ons boere HET wapens maar dis seker toegesluit in die kluis of hulle was nie paraat nie. Dra daardie pistool op jou heup soos ‘n cowboy want daardie aanval GAAN kom. Jy weet net nie wanneer nie.

Spike ·

Onthou julle zuma het ook net aandag aan die buiteland gegee. Dieselfde storie met CR

Ore ·

DA en ANC? Droom julle?
Die DA en ANC leiers is besig met interne sakse en het hulle nie ‘n saak met plaas moorde nie.Die agbare leier van die DA was vinnig om Naas en Nick as rassiste te brandmerk maar hy het nog geen verklaring oor plaasmoorde gerep nie.Indien ‘n DA raadslid hierdie lees,kan u asseblief ‘n rede gee? Is rassiste ‘n groter probleem as plaasmoorde?
My voorstel is dat Kapt Wynand du Toit terugkom SA toe en bevelvoerder van ‘n ” Jag,opspoor en uitwis” van die vyand word.Daar is baie oudsoldate wat werkloos is wat sal aansluit.Daar is geen regstelsel wat afgedwing word nie,booswigte lag en tart die gereg uit.Al word hulle toegesluit,het hulle steeds stemreg! Hoe rym dit?

Alida ·

Bly saam, het jy al die ry begin waar ons moet begin staan. Laat weet dan staan ons saam.

Bly ook saam ·

Ek het my plek oopgestel vir huurders en vandat hulle ingetrek het is hier baie minder inbrake.

Tru ·

WORD WAKKER MENSE…DIS REEDS OORLOG. DIE PADDA WORD GEKOOK IN WATER WAT STADIG VERHIT WORD. DIS HARTVERSKEUREND WAT HIER AAN DIE GANG IS.

Piet Pille ·

Let wel die DA skop ‘n herrie op oor De Lille, CR hou hom besig om die pot water te stook, alles taktiek om die werklike landsprobleem probleem ignoreer.

Esme ·

Elke dag.. elke dag.. dis hoe dit voel. Waar gaan dit stop.. ek voel magteloos. Here.. help ons volk, help ons land.. help ons mense..

Jan Bloues ·

Lesotho is die skuilplek van moord sindikate en bendes. Met die Lesotho regering wat nie wil saamwerk om misdadigers uit te lewer nie en die SA polisie wat traag is om spore na Lesotho op te los, maak dit Lesotho die ideale plek om heen te vlug.

Vra jouself af waarom is hierdie moorde so wreed en wie lei hierdie moordenaars so goed op?

Theresa ·

Innige simpatie en sterkte aan die familie en vriende. Die bloed van elke vermoorde boer en familielede, vriende en soms ook ”n werker sal beslis nooit ongestraf bly nie. Dit egter, kan nie ‘n rede wees om ooit te dink hierdie mense mag so uitgelewer wees aan hierdie tipe misdaad nie. Verfoeilik en veragtelik. Wreed en onmenslik. Haatlik. Onaanvaarbare gedrag. Krimineel. Nou wat moet nog gesê word om die regering en hoofbesluitnemenrs te laat besef daar is GEEN respek te verdien deur hierdie kriminaliateit en brutaliteit so maklik en gemaklik te laat voortgaan in ons land nie. Deur om oogklappe te dra en ander kant toe te kyk, terwyl hierdie gemors aangaan, verraai elkeen wat dit doen, sy karakter en denke hieroor. Hoe kan ons die regering tot verantwoording roep?? Is daar ‘n wettige manier om dit te doen??
Nog ‘n eier te lê: Meneer wat gaan boer het en sê dis net mense wat werkers sleg behandel wat vermoor word – waar is jou feite? Jou opinie is belaglik.

Juliana ·

Wanneer gaan ons manne opstaan teen hierdie geweld. Op die oomblik lyk dit of dinge in ons land net slegter gaan van die nuwe president aan bewind is. Die Bybel sê ons moenie kwaad met kwaad vergeld nie maar so kan dit wragtig nie aangaan nie. En wat doen ons geagte AfriForum…jy hoor net een keer iets dan is dit stil. En stil-stil word ons mense uitgemoor. Dit kan jy man, vrou, kind, pa, ma of enige geliefde wees. STAAN OP TEEN DIE GEWELD MANNE VAN SUID-AFRIKA!!!

Marisa ·

Afriforum doen nie ‘niks’ nie. Ernst Roets se boek ‘Kill the Boer’ het pas verskyn.

Groen boom bas ·

Uitvoering aan die spreekwoordelikke “Kill the Boor”

Luister ·

Baie tragies, en hartseer! Ek wonder altyd hoe die plaasaanvallers op die plase beland. Stap hulle ver; deur die veld, of padlangs? Sien niemand dat daar vreemdelinge rondloop nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.