‘Vrystaat grootste wanbetaler van Eskom-rekeninge’

Mmusi Maimane, leier van die DA, lei ʼn protesaksie buite die Vrystaatse premier se kantoor waar ʼn memorandum oorhandig is oor munisipaliteite se agterstallige Eskom-skuld. (Foto: Twitter via @Our_DA)

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Donderdag tydens ʼn protesaksie buite die Vrystaatse premierskantoor in Bloemfontein gesê dié provinsie is die grootste skuldige wanneer dit kom by agterstallige Eskom-rekeninge.

Volgens Maimane skuld net drie munisipaliteite in die Vrystaat altesaam meer as R5 miljard aan die sukkelende kragvoorsiener.

Die DA-leier het die protesaksie buite die premier se kantoor gelei waar die party ʼn memorandum aan die provinsiale regering oorhandig het om daarop aan te dring dat daar onmiddellik opgetree word teen munisipaliteite wat versuim om hul Eskom-rekeninge te betaal. “Ons, die mense, sal nie langer vir die sondes van die ANC betaal nie,” het hy gesê.

“Hierdie provinsie is die grootste wanbetaler wanneer dit kom by Eskom-rekeninge. Maluti A Phofung, Matjhabeng en Ngwathe skuld Eskom onderskeidelik R2,8 miljard, R1,815 miljard en R940 miljoen.”

Mmusi Maimane, leier van die DA, lei ʼn protesaksie buite die Vrystaatse premier se kantoor waar ʼn memorandum oorhandig is oor munisipaliteite se agterstallige Eskom-skuld. (Foto: Twitter via @Our_DA)

Maimane het verwys na Tito Mboweni, minister van finansies, se begrotingsrede Woensdag waarin hy gesê het die staat gaan oor die volgende drie jaar R69 miljard aan Eskom toestaan om die kragvoorsiener met sy reuseskuldlas te help.

“Suid-Afrikaners kan nie langer pa staan vir die sondes van die ANC-regering nie. Dít is nie ʼn proeflopie nie, dit is ʼn risiko teenoor die soewereiniteit van ons land. Die ANC se korrupsie, ondoeltreffendheid, wanbestuur en berge skuld het Suid-Afrika en sy ekonomie op sy knieë gebring op die rand van ʼn fiskale afgrond.”

Maimane het daarop gewys dat kredietgraderingsagentskappe soos Moody’s reeds gewaarsku het indien staatsondernemings soos Eskom voortgaan om tot die regering se skuldlas by te dra, sal Suid-Afrika se kredietgradering afgradeer word wat kan lei tot nog ʼn resessie wat die land se ekonomie nog verder die afgrond in sal stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Jan pierewiet ·

Ons het nie n Tech-hub soos Gauteng nie. Ons bemagtig onsself net.

barend ·

dit is juis die “”ONE COUNTRY “”wat nie betall vir hul dienste nie
STEM D A EN DIE DONKER KOM JOU HAAL

George in Bloem ·

Maimane moet dalk sy feite agtermekaar kry VOOR hy sy mond te spoel het oor die Vrystaat. Net Soweto alleen skuld 6 keer daai bedrag waaroor hy so gal braak.

Skroef ·

Met ander woorde georg, jy keur die krag diefstal, geen betaling en plumdering goed? Dan moet jy maar in persoon gaam pa staan vir elke plunderaar se gebruik.

Cherokee ·

In absolute lojaliteit teenoor jou provinsie, verdedig jy toe werklikwaar hul skuldlas. Die skuldlas wat ons lewenskoste telkens verhoog. So, julle skuld is nog niks(!), kýk na die van Soweto! Dìt George in Bloem, is misplaaste lojaliteit.

Anoniem ·

Skroef, jy pleeg nou inlegkunde. Dis nie wat George sê nie.

Ek stem saam met jou, George. Soweto skuld nog méér as hierdie 3 munisipaliteite saam. ALMAL was agterstallig is, moet opgeskroef word vir betaling.

bolla ·

Waar staan dit dat hy gesê het die Vrystaat provinsie skuld die grootste bedrag? Hy sê die Vrystaat het die grootste aantal wanbetalers (persentasie van diegene wat veronderstel is om te betaal) dit beteken nie noodwendig dat die provinsie die meeste skuld nie.

Danie ·

Dalk mis ek nou net iets. Skuld net een stad in Gauteng (Soweto) nie amper 4 maal (R17 miljard) meer al die hele Vrystaat nie. Die DA huigel darem baie ernstig oor hierdie kwessie.

corne ·

DA wat doen julle daaraan? Niks en ps sien die 4 vingers wat terug wys na julle wat het in PTA verander sedersien julle gewen het daar? Nogmals niks

bolla ·

DA kan nie jare van ANC se gemors vinnig, vinnig regmaak nie. Hulle het reeds die miljarde ANC geerfde skuld afgewerk sodat die stad vir die eerste keer nie meer in die rooi is nie. Dis ondankbare mense soos jy wat moet kry wat julle toekom – so my wens vir jou is dat ANC weer Pretoria oorneem.

GP ·

Ek woon in Pretoria en in my area was dinge beter onder ANC bestuur. Meld jy probleme aan by DA word daar ook niks gedoen nie. Dinge het drasties verswak onder DA, Dalk op dele wat ons nie daagliks sien nie soos totale skuld uitstaande ens was daar moontlik verbeteringe maar op niks wat ek kan sien nie. Plek lyk soos oerwoud, pype bars, taxis jaag aan verkeerde kant van die pad by laerskool verby en stel kinders in gevaar. geen polisie teenwoordigheid. Vir munisipale verkiessing sal ek eerder ANC stem voor ek weer DA ondersteun.

bolla ·

GP – Ek woon in die Kaap en hier is ‘n moewiese verskil vandat die DA oorgevat het. Maar as jy eerder die ANC in Pretoria verkies, wie is ek om te stry. Kry vir jou.

Snowflake ·

Reeds lankal te laat…. daardie agtderstallige skulde sal nie ingevorder kan word nie.. reeds gewoond om vir niks te betaal, hoe sal massas gedwing word??? Weereens anc wat dit toegelaat het, verwoes voor die voet as daar nou geroer sal word,

Annie Webb ·

Die DA is die ENIGSTE party in Suid-Afrika wat hoegenaamd ‘n kans staan om die ANC/EFF uit die kussings te lig. Daar gaan NOOIT weer ‘n “wit” party in SA regeer nie en ‘n mens moet regtig dom en oningelig wees om te dink “selfbeskikking” gaan ooit gebeur. Die vete teen die DA word deur die ANC/ EFF gedryf, ondersteun deur Media24 wat die regering van die dag om besigheidsredes ondersteun presies soos Naspers die NP ondersteun het. Die DA wil ons grense toemaak teen onwettige migrante, wat al klaar ‘n groot positiewe uitwerking op ons ekonomie kan hê. En Maimane pleeg oorleg met die opposisieparty in Venezuela, wat hom goeie raad kan gee om ‘n sosialistiese, diktatoriale party soos die ANC te beveg. Stem DA dat ons eers die land van die ANC/EFF terugvat, ons regte as wit en/of Afrikaanse minderheid kan deur burgerlike organisasies beskerm word, soos AfriForum reeds doen.

D B ·

@Annie, so jy erken jou DA doen niks vir wit regte nie? Jy wil vir hulle stem, maar dan na AfriForum toe hardloop om jou regte te beskerm. Briljant!

Skerpioen ·

Ja ja ja ja en ek het ook gehoor dat die DA al die potholes gaan reg maak. DA is nes ANC!!! As al die blankes saam staan en vir 1 party stem… sal die 1%party n groter party word met meer insette in die Parlement… DA doen absoluut niks vir my of vir my kinders nie. Ten minste staan die VF+ en Cope grontonteining sonder vergoeding tee…. Jammer maar die DA het ook eerste klip gegooi en die Juff van Sweizer van rasissme beskuldig sonder om die volle feite te hoor. DA kry nie my stem nie. Dit gaan nie hier oor wen nie… dit gaan vir my hier dat die VF+ brieke aan wie ook al wen se oorlogspad kan sit.

Sinoniem ·

Die da kan in koalisie gaan met partye soos cope en vf+ wat die da kan reinig van binne en hulle lidbevoordeling, lang klippe, kaderbevoordeling, bbbee en grondgryp neigings. Teen die tyd is die da deurtrek met tipiese afprika hebsug. ALLES WAT EK SIEN KOM MY TOE.

Therese van Schalkwyk ·

Annie Webb
Lees al geruime tyd graag jou ingeligte, interessante kommentare op Maroela en elders.
Die feit dat koalisie-politiek bo jou vuurmaakplek is, is uiters vreemd.
Die DA, met sy “wit” stemme, sal nooit die ANC uit die kussings lig nie, net soos die VF Plus nooit sal regeer nie. Die oogmerk behoort te wees om soveel moontlik verteenwoordigers in die Parlement te kry wat jóú waardes voorstaan.
Koalisievorming sorg dan verder …

Cherokee ·

So Annie Webb, ten spyte daarvan dat Eskom nou pleit dat blankes wat afgedank is weens hul velkleur (omdat júlle daarvoor gestem het), pleit jý nou by ons om saam met julle te stem vir regstellende aksie. Ten spyte van die DA se minagting van Afrikaans, pleit jý nou by ons om vir die haters van Afrikaans te stem. Ek hoef nie vir jou te sê wat ek van jou siening dink nie; DB, Skerpioen en Sinoniem doen dit op ‘n meer diplomatiese wyse as wat ek dit sou doen.

bolla ·

skerpioen – DA staan ook onteiening sonder vergoeding tee

Sê net ·

Annie Webb, dankie man. Jy het my nou baie lekker laat lag. Ek het amper my bier gemors. Die DA se onderrok hang so vêr uit dis amper onmoontlik om te onderskei tussen die ANC en DA se beleide as jy na die sprekers alleen moet luister.

Gert ·

Wil graag met D B saamstem, het self familie wat vir die DA stem wat AA en BEE ondersteun, dan verloor hulle hulle werk oor hulle wit is, dan hardloop hulle na Solidariteit toe om hulle te help. Hoe kan jy vir ‘n party stem wat teen jou werk, en dan die gevolge daarvan nie op hulle blameer nie?
Dis soos om in die VSA vir die Demokrate te stem, en dan ontsteld te wees oor die onwettige immigrante.

Jakes Jacobs ·

Het julle al gekyk hoeveel skuld Soweto, ek dink as ek reg is , meer as die hele Vrystaat.

Jeo ·

@Jakes, ek wou nou net dieselfde se, maar die DA is te pap in die broek om iets te se want dit gaan hul anc lite kiesers wegskrik.

Vrystaat ·

Dis ons wonderlike burgermeester en hoof van die matjabeng wat kersfees gehou het!

Dries ·

Dit maak ni regtig saak waar di wanbetaling(s) is ni. Dit is en bly n skande!
Sal di wanbetalers bereid wees om maande (selfs jare) te werk en geen sallaris te ontvang ni? Wat is di verskil?
Erger nog, is dat mense aangestel is met di eksklusiewe werkopdrag – di invordering van geld (uitstaande rekeninge) wat heel duidelik ni gebeur ni. Waar is di toesig en bestuur van werkers?

D B ·

Hoor vanoggend op die radio dat SOWETO ‘n “organisasie” het wat namens die “mense” praat, en volgens die organisasie SAL HULLE NIE krag betaal nie. Mooi man!

Ettienne Lombard ·

So die DA kyk gerieflikheidshalwe halwe die skuld van Soweto mis. Ek wonder of dit ‘n kleur probleem is?

Slappe ·

Di enigste (baie ongewilde) oplossing, is n stelsel/wetgewing, wat soos SARS, jou munisilalerekening direk van jou werkgewer/sallaris kan aftrek.

Jan Pierrewiet ·

Nee hoor en as daardie meterlesingkies ‘n R100k verooraak wil jy die masapaal R98.5k teveel betaal?

Mia Muis ·

Die Probleem met Maluti A Phufung Munisipaliteit is dat die mense in beheer nie die geld wat betaal is aan Eskom oorbetaal het nie, hulle het eerder partytjies gehou!! Nou moet ALMAL wat betaal het vir hulle sondes ook boet. Dit maak mens briesend om te dink dat hulle daarmee wegkom. Ek stel voor die mense aanspreeklik vir die Chaos moet maar pa staan vir die gemors, want die wat die swaarste getref word, is maar die goeie en getroue melkkoeie wat maar NET MOET BETAAL!!! En dan nog vir die gelag ook aanspreeklik gehou word.

Stywe ·

Nog n middelman Slappe? Kyk waar het middelmanne al ons eenheid prys gedwing? Dit moet werk soos n slotmasjien. Hooi jpu geldjie in en kry jou krag. Geen geld, geen krag.

Verward? ·

Hierdie is seker hoe prioriteite werk… Daar is in baie munisipaliteite nie geld het om Eskom mee te betaal nie, maar daar was miljoene wat in VBS “belê” kon word?

Skuld jou hier. Skuld jou daar. ·

Maak dit saak wie die meeste skuld? Die onderliggende probleem is die siek ingesteldheid van ‘n sekere deel van die bevolking wat alles verniet kry en daarmee wegkom…..en dit gaan so blý, want dis die ANC se modis operandi on die stemvee te koop. Wie ookal die protesoptog reël of die somme maak is eintlik irrelevant.

bolla ·

Ek raak nou regtig moeg vir hierdie DA bashing. Stem vir wie jy wil maar moenie kom huil as die ANC weer alle munisipaliteite oorneem, miljarde se skuld ophoop, geen dienste lewer nie. Julle verdien dit.

Siestog DA ·

@Bolla of laat ek eerder sê “Crybaby Bolla”. Ons ander het ook ‘n reg sos jy om sy sê te sê.
Nie almal voel soos jy nie —respekteer dit om hou op komitaar lewer.

Judge Dredd ·

Moenie ander blameer omdat jou kop te plat is om die konsep van koalisies te verstaan nie.

bolla ·

So terloops – Soweto se wanbetaling van krag lei nie tot MUNISIPALE skuld nie want dit kry krag direk van eskom af.

Henry60 ·

Staak voorsiening aan wanbetalende munisipaliteite, sal mos goeie loadshedding wees……

Gert J ·

Dis nie dat munisipaliteite nie die geld ingekry het nie. Die geld kas is skoongemaak en toe is daar mos skielik nie geld oor ESKOM te betaal nie. Skelms en diewe!!!!!

Skerpioen ·

Jinne hoe kan ek nou vergeet dat die DA ook grondonteining sonder betalings steun en dat hulle hierdie week nagwag gehou het ten ondersteuning van die boere wat vermoor word en dat hulle belowe om Potholes reg te maak…. ek gaan nogsteeds nie vir DA stem nie dankie

Judge Dredd ·

Laat ek raai –

Die DA het redelik min steun in vergeleke met Soweto in hierdie vrystaatse munisipaliteit – dus die kanse dat hulle baie steun sal verloor as die kiesers hulself wip is ook minder en die kans om steun te wen groter.

Feit:
Die DA nes die ANC is bang om die Soweto nie-betaling saak te trotseer.

Snowball ·

In Julie 2018 moedig Herman Mashaba inwoners van Slovopark aan om te registreer vir vry elektrisiteit….. hierdie hele affêre van nie-betalers gaan oor stemme, daarom wil ek sê, die DA sal dieselfde pad loop, as hulle ‘n halwe kans kry. Hoekom het die DA nie op groot skaal kapsie gemaak teen hierdie propaganda van Mashaba, ‘n skamele 7 maande gelede nie, Eskom is al geruime tyd kritiek.
Alles is verkiesingsfoefies, met so min egtheid soos ‘n ‘Lucky Packet’ ring.

George van Bloem ·

Dankie tog. Darem iemand wat verstaan wat ek in my vroeere kommentaar gese het. Die DA sal nie veel oor Soweto se nie maar vreeslik gal afgaan oor die Vrystaat en dit gaan eintlik maar net oor die hoeveelheid kiesers in Soweto so dit klink vir my maar redelik selektief. Die DA is in elkgeval maar ‘n ANC Lite.

Boerboel ·

Die ANC sal weer die verkiesing wen, al moet hulle hom kroek!
Hulle sal nooit mag afstaan nie, kyk wat het in Zimbabwe gebeur!
Ons moet net sterk staan en vetrou op ons Hemelse Vader dat ons bewaar sal word vir die donker tye wat kom en wat alreeds aan die gebeur is.
DA kry beslis nie my stem nie! Hulle se dan dis reg om grond te vat sonder vergoeding. Net die VF, Cope en UDM se nee vir grond sonder vergoeding.

GP ·

Boerboel, die DA was van die begin af, en is steeds teen grond onteiening sonder vergoeding. Blankes se kans om enige party te laat wen is baie skaars, al wat ons kan doen is om opposisie so sterk moontlik te maak.

Lees nou mooi ·

Party areas se inwoners betaal direk hulle elektrisiteit aan Eskom. Ander, betaal aan ‘n munisipaliteit en dié munisipaliteit betaal dan sy rekening in geheel aan Eskom…. Musie het die Premier van die Vrystaat aangespreek omdat die 3x MUNISPALITEITE Eskom nie betaal nie. Dus, inwoners betaal die munisipaliteit en dan word dit nie aan Eskom oorbetaal nie (wonder hoekom?) …. Dit beteken dus nie die inwoners is wanbetalers nie. Die Soweto geval is HEELTEMAL anders. Die inwoners self moet aan Eskom betaal, en hulle doen dit nie. Daar is dus meer gels skuld in Soweto, maar na wie se kantoor gaan jy “march/protesteer” daar? So die gevalle is nie regtig vergelykbaar nie. Soms moet mens ook maar probeet verstaan voor jy oor alles gal braak…..

is ek reg ·

Le beslag op al hul ampsmotors en verkoop dit. Glo dan sal daar al n redelike klomp geld wees. Verder vat die werkers wat teetyd hou omdat daar glo nie werk is nie, en dank hul af. Dan glo ek die probleem sal opgelos wees.

GP ·

Stel permanente leadshedding in by areas wat nie betaal nie. Skedules kan varieer volgens hoeveel hulle skuld. Areas wat wel betaal geen loadshedding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.