Vrystaat-hof sê oor skoolgaande ouderdom

skool-21.jpeg

Argieffoto

’n Hofgeding rondom ’n aansoek om ’n vyfjarige tot Graad 1 aan die Laerskool St. Helena in Welkom toe te laat, het Vrydag in die Vrystaatse hooggeregshof tot ’n einde gekom.

Die saak het sy oorsprong in Augustus verlede jaar toe ’n ouer aansoek gedoen het om toelating tot Graad 1 vir sy kind. Die kind word egter eers in November vanjaar ses jaar oud en was vier jaar oud ten tyde van die aansoek in Augustus 2015.

“Die skool se toelatingsbeleid, wat gebaseer is op riglyne van die onderwysdepartement en die bepalings van die Skolewet, stel dit duidelik dat leerders wat sewe jaar oud word in Graad 1 voorkeur kry in terme van toelating,” het dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), gesê.

Die beheerliggaam van die Laerskool St. Helena is ’n lid van Fedsas.

Deacon het verduidelik St. Helena se toelatingsbeleid is in lyn met die Vrystaatse onderwysdepartement se bepaling dat voorkeur gegee moet word aan kinders van verpligte skoolouderdom in gevalle waar plek ’n probleem is.

“Op grond hiervan is die ouer se aansoek om toelating dus geweier. Die ouer het egter glo by die Vrystaatse onderwysdepartement teen die beheerliggaam se beslissing geappelleer, hoewel die beheerliggaam nooit enige dokumentasie in hierdie verband ontvang het nie. Die Vrystaatse onderwysdepartement het bloot die skool opdrag gegee om die leerder vanaf die derde kwartaal vanjaar tot die skool toe te laat,” het Deacon bygevoeg.

In sy uitspraak het die hooggeregshof gesê die skoolbeheerliggaam se beslissing – om nie die kind toe te laat nie – was korrek. Die hof het ook beveel dat die Vrystaatse onderwysdepartement die regskoste betaal.

Volgens Deacon bepaal die Skolewet wel dat kinders jonger as die verpligte ouderdom in uitsonderlike omstandighede tot Graad 1 toegelaat mag word. Bewyse hiervoor moet egter voorgelê word. “Die deurslaggewende bepaling bly egter dat die skool voorkeur moet gee aan kinders van verpligte skoolgaande ouderdom. In die geval van die Laerskool St. Helena se toelatingsgetalle vir 2016 moes talle kinders wat wél die regte ouderdom was óók weggewys word omdat die skool reeds die volle kapasiteit bereik het.”

Fedsas meen die skoolbeheerliggaam het streng binne die bepalings van die Skolewet opgetree. “Die departement se besluit om ’n skool te dwing om ’n vyfjarige kind ná die helfte van die skooljaar toe te laat is egter kommerwekkend. Dit is moeilik om te sien hoe so ’n stap nié nadelige gevolge vir die kind sal inhou nie. Die belange van die kind moet altyd die eerste oorweging in enige besluit wees,” het Deacon afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Linda Nel ·

Mnr Deacon, ek nooi jou uit om gerus deur ons webtuiste te lees: http://www.giftedchildrensa.co.za – vir sommige kinders is dit meer nadelig om hulle verstandelik agter te hou en hulle te verplig om groepeer te word met kinders t.o.v. ouderdom.

Piet Snot ·

Jonger kinders kan toegelaat word in uitsonderlike omstandighede. Ons weet dit almal.
Geen bewyse is egter voorgelê nie – Deacon se kommentaar was duidelik.

Dark.O ·

“Begaafdheid” het nie betrekking op hierdie berig nie. Daar is glad nie genoem dat die kind begaafd is nie. Kom ons lees die berig soos ń begaafde en lewer ook begaafde kommentaar.

Yolande ·

My seuntjie verjaar Des en het hom laat toets. Alhoewel hy bogemiddeld getoets is vir die ouderdom het ek tog besluit om hom n jaar terug te hou en gewag tot hy klaar 7 geword het. Hy is nou n 90% leerling. Verstaan en snap iets vinnig en gee geen juf probleme nie

Oud-onnie ·

Die toelatings beleid geld al jare. N kind moet ten minste teen Junie in sy GR 1 jaar, 6 word. Uitsondering kan seker gemaak word as sy van Einstein, Mozart of Karparofski, is. Die enigste kleur wat hier sal tel is grys. Soos in die brein.

S spangenberg ·

@Oud-onnie. Daardie toelatingsbeleid waarna jy verwys bestaan al jare nie meer nie.

Ek weet ·

Met my werk as opvoedkundige sielkundige by ‘n skool sien ek gereeld dat kinders wie te vroeg skool begin dikwels swaar kry om by te bly in terme van werkspoed en dikwels ook kognitiewe begrip en sosiale aanpassing. Waarom plaas ouers soveel druk op hul kinders wat ook kan lei tot emosionele en gedragsprobleme. Nee wat laat hulle speel en gelukkige kinders wees. Dis werklik enkele 5- jariges wat die akademiese uitdagings suksesvol kan hanteer. Indien ouers dit oorweeg moet hulle beslis eers by n opvoedkundige sielkundige aanklop om seker te maak dat hul kind in alle opsigte skoolgereed is sodat tot voordeel van daardie kind gehandel kan word.

lynette ·

Johan Botha, my kind was reeds skool gereed op 5. Om die waarheid te se, meer as gereed. Hy kon toe reeds vlot lees en was dood verveeld wanneer die ander ouer kinders woorde uitgespel het, al sukkelend probeer lees het. Jy kan nie n kind terug hou bloot op ouderdom nie. As hy reg is vir skool, laat hom toe. My seun het in Maart in sy graad 1 jaar, 5 geword.

jaco ·

skoolstandaarde is nou so laag dat dit vir my vreemd is dat die kind toelating geweier word omdat sy bietjie te jonk is. skole druip geen kind meer nie, almal slaag elke jaar, daar is nie meer lyfstraf nie, kinders kan die onderwysers aanrand, daar is nie meer godsdiensonderrig nie. kortom, skool in SA is n happy go lucky fees en diegene wat kla oor hierdie verval van standaarde word beskou as outyds, reaksioner en selfs rassisties.

Elize ·

Jaco gaan maakeers seker van die feite, voordat jy sê almalkom deurwant dit is nie waar nie.

Mona ·

Kry jou feite reg. Baie van jou kommentaar is verkeerd. Baie skole se standaard is baie hoog en di druk op kinders en onderwysers is hoog.

Wonder ·

As die ouer so sterk voel oor die ouderdom. Doen home schooling. Julle is nie klasse om te sien hoe julle kinders werklik emosioneel sukkel nie. Ek ondersteun die skoolsielkundige. Die ouers wat so sterk daaroor voel, is ook die ouer wat die drumpel van die skoolhoof deurstap omdat hulle beter weet. Almal is verkeerd behalwe die emosioneel onvolwasse leerder vir sy/hasr ouderdom. Geniet die speeltyd voor harde werk.

Maria van Dieweeck ·

Sou baie graag wil weet of n kind voorskoolse opleiding MOET ontvang om goed te kan doen in gr 1?

sunette ·

Ouers moenie hul kinders so vroeg ruip druk nie. Daar is baie jare van skool. Kinders moet speel en liggaamlik ontwikkel DIT is baie belangrik om moontlikke leerprobleme van die toekoms uit te skakel. As jou kind vlot kan lees en reeds verveeld raak met sy ouderdoms vlak werk.. fine fokus dan op liggaamlikke uitdagings soos fietsry en touspring.

Ander Koos ·

…. of stuur die kind sommer direk universiteit toe :)

S Paulsen ·

Die leerders wat te vroeg skool toe bly by in laerskool maar sak gewoonlik in die hoërskool uit. Stem saam skoolsielkundige. Hoogs uitsonderlike gevalle is gereed op so vroeë ouderdom.

Veritas ·

My ma het haar kinders leer lees en skryf voordat sy ons skool toe gestuur het. Ek verjaar in Junie en is skool toe in die jaar waarin ek ses sou word. Na twee weke het die skool my oorgeplaas na Sub-B (graad 2). Die oorskakeling was maklik en so ook my laerskoolloopbaan. Standerds 6 en 7 was gemiddeld maar vanaf standerd 8 het ek begin sukkel. Alhoewel ek nooit gedruip het nie, was my punte maar swak en my selfbeeld het ‘n knou gekry. Na my jaar in die weermag het dinge weer voor die wind gegaan en ek het my naskoolse studies sonder probleem voltooi. Vir my is dit vandag duidelik dat my brein nie in staat was om die volume werk in standerd 8, 9 en matriek baas te raak nie. My weermagjaar het my brein kans gegee om by te kom. Dit is egter seker nie op alle kinders van toepassing nie.

Veritas ·

Toe my kind haar graad 0 of R begin het, is dit aan my genoem dat dit ‘n verpligte jaar is om sodoende te bepaal of die kind gereed sal wees vir graad een. Lyk my dit was ‘n bogstorie.

Johanna Botha ·

Ek is jammer maar daar is reels wat nagekom moet word …dis omdat almal dink hulle ou bloedtjie is spesiaal en reels wil buig dat die hele land wetteloos is want waar trek jy nou eintlik die streep …volg net asb die reels en die kind moet asb net wag…die wet se so !

Bluff ·

Nee maar as mens kyk na die regeerders dan is julle kinders op die regte pad…na 13 kan hul president word…WOW

Peet ·

Ouers moet besef n kind wat te vroeg in die skool gesit word kompeteer teen ouer kinders akademies en op sportgebied waar hy dan later uit sak. jaco jy moet bietjie tyd spandeer by n skool naby jou gaan loer daar in en sien wat is die standaard op skool vlak nou ons is gereeld daar met opvoering en prys uitdeling.

Karen ·

Ek is as kind vroeg in die skool gesit ek het 5 geword in Feb in my Gr1 jaar. Ek het my Gr 12 geslaag met 4 onderskeidings en goed presteer in als. Het ook verder gaan leer. My kinders was ook op 5 in Gr1 en ook het hul goed presteer. Ek is nou 50. Ek weet daar is ‘n groot verskil tussen toe en nou. Daai jare was dit so aanvaar maar in vandag se tye stem ek saam dat ‘n kind op 7 Gr 1 moet doen. Daar is net teveel kinders in een klas en die aandag en tyd wat aan elke kind bestee moet word is beslis nie soos in die ou dae nie. Die skole is oor vol. En vir die onderwysers is dit ook nie maklik nie. As jy wil he jou kind moet goed presteer maak hom gereed tot en met die ouderdom van 7. Om 16 te wees in Gr12 beteken nie jy is reg vir die grootmens lewe nie. Jou kind sal heel in gesluk word!

My 2 sent ·

Ek was self 5 in Gr1. My ouers het skoolgereesheids toetse laat doen. Ja ek het gecope en ja ek het alles deur gekom. Ek glo net ek sou beter gedoen het as ek saam met my eie ouderdomsgroep was. Sal ek my eie kind ook vroeg in skool sit? Nee, ek wat self daardeur is glo n mens doen n kind onreg aan.

Adelè ·

Ek het 5 in Februarie geword toe ek sub A of nou graad 1 toe is. As jou kind gereed is hoekom hom/haar terug hou? Ek het heel goed uit gedraai ;)

jaco ·

Al is jou kind ook geniaal genoeg om op 13 jarige ouderdom matriek te maak en daarna die wonderlikste universiteitsgrade te kry, gaan hy of sy werkloos BLY met die verkeerde velkleur. Ons stuur met regstelkende aksie af op ‘n ramp vir wit mense. ‘n Hele geslag wit werkloses gaan nog so geskep word. Ons kan nie almal uitwyk na Amerika en Australië nie.

sarie van heerden ·

Ouers moet in gedagte hou dat al is ‘n kind ookal HOE slim moet hy rekenryp of leesryp wees alvorens hy deur sy skooljare wil vlieg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.