Vrystaat-hof sê oor skoolgaande ouderdom

skool-21.jpeg

Argieffoto

’n Hofgeding rondom ’n aansoek om ’n vyfjarige tot Graad 1 aan die Laerskool St. Helena in Welkom toe te laat, het Vrydag in die Vrystaatse hooggeregshof tot ’n einde gekom.

Die saak het sy oorsprong in Augustus verlede jaar toe ’n ouer aansoek gedoen het om toelating tot Graad 1 vir sy kind. Die kind word egter eers in November vanjaar ses jaar oud en was vier jaar oud ten tyde van die aansoek in Augustus 2015.

“Die skool se toelatingsbeleid, wat gebaseer is op riglyne van die onderwysdepartement en die bepalings van die Skolewet, stel dit duidelik dat leerders wat sewe jaar oud word in Graad 1 voorkeur kry in terme van toelating,” het dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), gesê.

Die beheerliggaam van die Laerskool St. Helena is ’n lid van Fedsas.

Deacon het verduidelik St. Helena se toelatingsbeleid is in lyn met die Vrystaatse onderwysdepartement se bepaling dat voorkeur gegee moet word aan kinders van verpligte skoolouderdom in gevalle waar plek ’n probleem is.

“Op grond hiervan is die ouer se aansoek om toelating dus geweier. Die ouer het egter glo by die Vrystaatse onderwysdepartement teen die beheerliggaam se beslissing geappelleer, hoewel die beheerliggaam nooit enige dokumentasie in hierdie verband ontvang het nie. Die Vrystaatse onderwysdepartement het bloot die skool opdrag gegee om die leerder vanaf die derde kwartaal vanjaar tot die skool toe te laat,” het Deacon bygevoeg.

In sy uitspraak het die hooggeregshof gesê die skoolbeheerliggaam se beslissing – om nie die kind toe te laat nie – was korrek. Die hof het ook beveel dat die Vrystaatse onderwysdepartement die regskoste betaal.

Volgens Deacon bepaal die Skolewet wel dat kinders jonger as die verpligte ouderdom in uitsonderlike omstandighede tot Graad 1 toegelaat mag word. Bewyse hiervoor moet egter voorgelê word. “Die deurslaggewende bepaling bly egter dat die skool voorkeur moet gee aan kinders van verpligte skoolgaande ouderdom. In die geval van die Laerskool St. Helena se toelatingsgetalle vir 2016 moes talle kinders wat wél die regte ouderdom was óók weggewys word omdat die skool reeds die volle kapasiteit bereik het.”

Fedsas meen die skoolbeheerliggaam het streng binne die bepalings van die Skolewet opgetree. “Die departement se besluit om ’n skool te dwing om ’n vyfjarige kind ná die helfte van die skooljaar toe te laat is egter kommerwekkend. Dit is moeilik om te sien hoe so ’n stap nié nadelige gevolge vir die kind sal inhou nie. Die belange van die kind moet altyd die eerste oorweging in enige besluit wees,” het Deacon afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
Linda Nel

Mnr Deacon, ek nooi jou uit om gerus deur ons webtuiste te lees: http://www.giftedchildrensa.co.za – vir sommige kinders is dit meer nadelig om hulle verstandelik agter te hou en hulle te verplig om groepeer te word met kinders t.o.v. ouderdom.

Oud-onnie

Die toelatings beleid geld al jare. N kind moet ten minste teen Junie in sy GR 1 jaar, 6 word. Uitsondering kan seker gemaak word as sy van Einstein, Mozart of Karparofski, is. Die enigste kleur wat hier sal tel is grys. Soos in die brein.

Ek weet

Met my werk as opvoedkundige sielkundige by ‘n skool sien ek gereeld dat kinders wie te vroeg skool begin dikwels swaar kry om by te bly in terme van werkspoed en dikwels ook kognitiewe begrip en sosiale aanpassing. Waarom plaas ouers soveel druk op hul kinders wat ook kan lei tot emosionele en gedragsprobleme. Nee wat laat hulle speel en gelukkige kinders wees. Dis werklik enkele 5- jariges wat die akademiese uitdagings suksesvol kan hanteer. Indien ouers dit oorweeg moet hulle beslis eers by n opvoedkundige sielkundige aanklop om seker te maak dat hul kind in alle opsigte skoolgereed is… Lees meer »

Johanna Botha

Die kind moet asb wag …volg die reels

lynette

Johan Botha, my kind was reeds skool gereed op 5. Om die waarheid te se, meer as gereed. Hy kon toe reeds vlot lees en was dood verveeld wanneer die ander ouer kinders woorde uitgespel het, al sukkelend probeer lees het. Jy kan nie n kind terug hou bloot op ouderdom nie. As hy reg is vir skool, laat hom toe. My seun het in Maart in sy graad 1 jaar, 5 geword.