Vrystaat-hoofde en onderwyser geskors oor rassisme

klaskamer-320x240Twee skoolhoofde en ʼn onderwyser van drie verskillende Vrystaatse skole is geskors na bewerings van rassisme, het die provinsie se departement van onderwys Maandag gesê.

Howard Ndaba, die departement se woordvoerder, het gesê die drie persone is Vrydag geskors. “Nadat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie  (MRK) sy bevindings bekend gemaak het, sal die departement sy eie interne ondersoek van stapel stuur,” het Ndaba gesê.

Die MRK het aanklagte oor rassisme teen Francois Schoon, die hoof van Dr Viljoen Gekombineerde Skool in Bloemfontein, Charles Liversage, die hoof van Hoërskool Christian de Wet in Dewetsdorp, en Trudy Erasmus, ʼn lewensoriënteringonderwyser by Laerskool St Helene in Welkom, ondersoek.

Die MRK het verlede week die Dr Viljoen-skool skuldig bevind aan haatspraak teen swart en bruin leerlinge. Die kommissie het bevind dat leerlinge in Mei 2013 by die skool blootgestel is aan “onmenslike en rassistiese behandeling” deur personeel, insluitend die hoof.

Leerlinge beweer personeellede het hulle uitgejou, verkleineer en verneder deur rassistiese terme soos die k-woord en hulle is glo ook “bobbejane, ape, en klein swart tewe” genoem. Hulle beweer ook dat een van die onderwysers gesê het “nadat hy hulle lelike gesigte gesien het, waardeer hy sy hond nou baie meer omdat hy mooier as hulle is”. Die leerlinge beweer onderwysers het vir hulle gesê om terug te keer na skole in informele nedersettings omdat hulle nooit suksesvol sal wees nie en uiteindelik maar net soos hul ouers “in kettingwinkels sal werk”.

Die hoof van Hoërskool Christian de Wet is aangekla dat hy swart leerlinge mishandel en glo ʼn Graad 1-seun aangerand het.

Die onderwyseres van Laerskool St Helena, word daarvan aangekla dat sy ʼn rassistiese uitstalling in die klaskamer opgestel het. Sy het glo die ou Suid-Afrikaanse vlag in haar Graad 7-klaskamer gehang met ʼn prentjie van Julius Malema, die leier van die EFF, langs ʼn foto van ʼn aap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leeutjie ·

Nou ja! Ons het nou die een kant van die storie gehoor! Maroela hou ons op hoogte van die anderkant van die storie. Ek moet se ek kan nie glo wat ek hoor nie. ‘n Vriendin van my is ‘n paar jaar gelede beskuldig dat sy ‘n kind in haar klas gemolesteer het. Sy het haar beroep en alles daarmee saam verloor! Sy het haar oor die verwaarloosde kind ontferm en saam met haar eie twee seuns in haar huis laat woon. Die ouers het begin met die beskuldiging en die kind manipuleer om saam te lieg. Ek se nie onderwysers is altyd reg nie maar dit wat ek lees van opvoeders van ‘n skool is vir my te dik vir ‘n daalder!

Belinda ·

Ek sal net met jou moet stem Leeutjie ons soek hulle storie die ander storie en die waarheid…………… asseblief en dankie :-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.