ʼn Man (27) is Sondagoggend by wyse van die halssnoermetode doodgebrand.
Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Sondagoggend omstreeks 08:30 in die Dinaweng-nedersetting in Mangaung plaasgevind.
“Twee mans het in een van die strate in die nedersetting baklei. ʼn 57-jarige man het tussenbeide getree en een van die mans het na bewering na hom gedraai en hom met ʼn skerp voorwerp doodgesteek,” het Mbambo gesê.
Volgens Mmambo het woedende gemeenskapslede wat die voorval gesien het toe die verdagte (27) gegryp, aangerand, ʼn motor se buiteband om sy nek geplaas en hom aan die brand gesteek.
“Hy is op die toneel dood,” het Mbambo gesê.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek twee sake van moord.
Enigiemand met inligting oor die voorval kan ao. Kgotso Thekiso by 063 692 1192 skakel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Dis nou Oerwoudgeregtigheid!!
En ons moet probeer oorleef in so ‘n barbaarse SA!
Einde van die storie……dokket gesluit.
My innige meegevoel aan die 57jarige se sy familie.
Finish en klaar