Vrystaat-man sterf by wyse van halssnoermetode

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Man (27) is Sondagoggend by wyse van die halssnoermetode doodgebrand.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Sondagoggend omstreeks 08:30 in die Dinaweng-nedersetting in Mangaung plaasgevind.

“Twee mans het in een van die strate in die nedersetting baklei. ʼn 57-jarige man het tussenbeide getree en een van die mans het na bewering na hom gedraai en hom met ʼn skerp voorwerp doodgesteek,” het Mbambo gesê.

Volgens Mmambo het woedende gemeenskapslede wat die voorval gesien het toe die verdagte (27) gegryp, aangerand, ʼn motor se buiteband om sy nek geplaas en hom aan die brand gesteek.

“Hy is op die toneel dood,” het Mbambo gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek twee sake van moord.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan ao. Kgotso Thekiso by 063 692 1192 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Andrea van Vuren ·

En ons moet probeer oorleef in so ‘n barbaarse SA!

Henk du Toit ·

Die Polisie was waar om misdaad soos diè te voorkom? Nerens! Dit is waarom ek NOOIT ongewapen is meer nie. Anargie is lank hier, die polisie kan jou nie beskerm nie en as jy wit is wil die wat dalk kon, nie. Die dag is besig om uit te loop en vinnig ook so. Wees maar liefs soos die wyse maagde en tref voorsorg want die nag is op ons.

Realis ·

Stem volkome met jou saam Henk.
Baie moeilike jare le voor vir SA en spesifiek dan ook vir die blanke. Die wat nie sy heenkome kan vind in die buiteland sal homself moet beskerm en dan net hoop en bid dat jy sal deel wees van die groepie wit mense wat lewend uit die gemors kan kom.

Bob ·

Ja ou henkie en waar gaan die Polisie wees as jy so ewe braaf jou gunnietjie uitpluk en iemand doodskiet?? As jy nie in die oorlog was nie, wees jy duidelik nie waarvan jy Praat nie.

Katerina ·

BOB – Nou wat stel jy voor , dat Henk met sy hande in sy sakke staan as hy aangeval word? In case you have not noticed Mr. War Veteran – at civil level this country Is in a state of war..

Blommie ·

Ou BOBETJIE, ek stem saam met Henk.
Dis lankal oppad anargie toe, wanneer die polisie beheer oor geweld verloor en die mensdom maak soos wat hulle wil…
Dink jy hier gaan iets van kom, asseblief! As jy kan dra n wapen by jouself om jouself te beskerm.
IN SA is daar teveel bundu geweld, dis omrede die skelms meer regte het as die res van die mense wat probeer n eerlike bestaan voer. Maak oop jou oe en kyk wat om jou aangaan!

JS ·

So die van ons wat nie in n oorlog was nie moet agter oor sit? Jammer kopperaal, my wapen ken nie die binne kant van n kluis nie net my belt. Ek sal hom gebruik binne die rame van die vuurwapen wet om my en my geliefdes te beskerm sonder om twee keer te dink., want jy gaan dit nie vir my doen nie en ook nie die polisie nie. Ek stem saam met Henk.

Casper Labuschagne ·

Amper weekliks vind daar teregstellings in SA plaas dmv die halssnoermetode. Dit is ‘n statistiek wat die polisie asook die regerende party desperaat is om toe te smoor. Juis omdat die regerende party dit so hard probeer toesmeer behoort hiervan statistiek gehou te word. Die groot vraag is hoekom? Die een teorie is dat dit dit spontaan uit die gemeenskap voorkom, so asof halsnoermoorde sou gepleeg word deur veterane van die 1980’s wat self nou almal bokant 50 jarige ouderdom is. Die ander teorie is dat jeugdiges in die woongebiede weereens deur politieke kommissarisse van revolusionêre bewegings polities geaktiveer word en dat sulke persone daarom weereens kennis dra van die doelwitte en metodes van die 1980s.

Liamari ·

As jy eers so ver gaan om toe te kyk en deel te neem aan om ‘n ander mens lewendig te verbrand, dan het jy reeds jou menslikheid verloor. Dan is jy in staat tot enigiets en sal niks in jou pad staan om dit aan enigiemand anders te doen nie. Maak nie saak watter krimineel dit is nie. Jy moet goddeloos en boos wees. Skrikwekkend om ons land met sulke wreedaards te deel.

Casper Labuschagne ·

@Liamari, soos Nietsche gesê het, as jy te diep in die afgrond instaar dan wink die afgrond vir jou terug… Lede van die ou veiligheidsmagte word vandag deurgaans gekritiseer vir hul metodes en verseker was dit brutaal. volgens hedendaagse standaarde van ‘n vreedsame samelewing. Maar jy moes destyds bloot self ‘n bomaanval meemaak of die resultaat van ‘n halsnoermoord te aanskou om self tot brutale uiterstes te gaan om verdere sulke voorvalle te verhoed.

Kobus ·

As die daar meer sake suksesvol vervolg word sal hierdie tipe voorval nie maklik plaasvind nie. Die mense het vertroue in die reg verloor, met goeie rede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.