Vrystaat-man vas oor moord

Argieffoto

Argieffoto

Johnny van Wyk (26) wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn man met plastiek bedek voor hy hom aan die brand gesteek het, het Donderdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

“Van Wyk staan tereg op aanklag van moord,” het konstabel Sinah Mpakane, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê. “Die saak is uitgestel en hy moet op 9 Oktober weer in die hof verskyn.”

Mpakane sê die verdagte en die oorledene was glo onder die invloed van alkohol toe die slagoffer Van Wyk glo beledig het. Hy het ʼn stuk plastiek oor die slagoffer se kop geplaas en dit aan die brand gesteek.

Mpakane kon nie bereik word vir verdere besonderhede nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tokkie ·

More Maroela

Wie kon nie vir kommentaar bereik word nie – die oorledene?? of verstaan ek die berig verkeerd

Sune van Heerden ·

Dagsê Tokkie

Jammer vir die misverstand, dit is polisiewoordvoerder, konstabel Sinah Mpakane, wat nie vir verdere kommentaar beskikbaar was nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sarah ·

Wat n swak berig: “Dit is nie duidelik wanneer of waar die voorval plaasgevind het nie. Die oorledene se naam is ook nog nie bekend gemaak nie. Sy kon nie bereik word vir verdere besonderhede nie.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.