Vrystaat-meisie vermis

Die 11-jarige Karabo Thekiso wat Maandag vermis geraak het (Foto: Verskaf)

Die polisie is op die spoor van ʼn jong meisie van Thaba ’Nchu, digby Bloemfontein in die Vrystaat, wat aan die begin van die week as vermis aangemeld is.

Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, sê die 11-jarige Karabo Thekiso van Ratlou in Thaba ’Nchu is Maandag omstreeks 17:00 die laaste keer deur een van haar maats naby ʼn plaaslike winkel in die dorp gewaar.

Thekiso het ʼn swart kleefbroek met pienk blomme op, ʼn lemmetjiesgroen trui en maroenkleur tekkies aangehad op die dag van haar verdwyning.

“Enigiemand met inligting wat die polisie kan help om Thekiso op te spoor, word versoek om lt.kol. Naledi Diphoko by 082 784 3332 of die misdaadnommer by 10111 te bel,” sê Mbambo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Dit is gevaarlik om ‘n plaasboer te wees in Suid Afrika. Dit is ook gevaarlik om ‘n polisie beampte te wees in Suid Afrika. Dit is selfs gevaarlik(er miskien) om ‘n vrou of ‘n kind te wees in Suid Afrika. Dit is gevaarlik om blank te wees in Suid Afrika. Eintlik is dit gevaarlik om ‘n inwoner te wees van Suid Afrika. Vreemd dat sommige Afrikaanse name kritiek uitspreek teen Donald.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.